02/04/2025
GEMEENSKAPSVERGADERING
Na 'n baie lange stilswye is ons terug, en dis oor ons geliewe dorpie.
Ons, by KCF, is diep bekommerd oor dit dit wat tans besig is om te gebeur in ons mooie plek, netsoos jy. Ons is dus 100% seker dat daar ander gesprekke die rondte doen, so ons gooi ons stem saam joune in die boks en sê: "genoeg is genoeg!"
KCF is tans in gesprek met ander rolspelers en poog om 'n gemeenskapsvergadering te roep waar ons, ons ondankbaarheid met dit wat tans gebeur in ons gemeenskap wil deel.
Waaroor is ons bekommerd?
1. Kylemore is nie meer die veilige dorpie nie. Die booswigte laat mens bang raak om na jou eie buurman te loop.
2. Kinders dobbel oop en bloot op straat
3. Die alewige reuk van dagga op straat
4. Lawaaimakers met hul musiekbokse op straat
5. Pop-up winkeltjies wat helder oor dag opskiet soos wilde sampioene
6. Ons buurtwag
7. Straatwag WhatsApp-groepe om ons buurmense te waarsku oor die boewe
Ons sukkel lank reeds om Uber-eats of Checkers 60 Sixty hier te laat uitkom, maar nou hoor ons weer dat die kwaaddoeners die delivery-man beroof op die hoek van Skool en Faraostraat! 😤
Ons wag op terugvoer vanaf die overhede en sal U amptelik nooi om deel te vorm van ons poging om ons dorp weer terug te kry soos wat die eers was.
Die gemors moet uit! Ons hou julle op hoogte en sal elkeen se insette en teenwoordigheid hoog op prys stel. Briewe of amptelike uitnodiging sal gerig word aan alle kerke, skole en ander instansies op die dorp.
Liefdegroete