Ons Winkel Standerton

Call Directions Website

Ons Winkel Standerton Ons Winkel is die skenkings of thrift-winkels van die Suid-Afrikaanse NPO Solidariteit Helpende Hand met winkels regoor SA. Beskerm jouself.

Die winkels neem en verkoop enige skenking. Fondse word aangewend vir gemeenskapsprojekte en studiefondse vir behoeftige studente. Welkom by Solidariteit Helpende Hand se amptelike Facebook-blad. Helpende Hand is ʼn niewinsgewende organisasie wat fokus op die opheffing van gemeenskappe deur maatskaplik-gebaseerde gemeenskapsontwikkeling vir die volgende kwesbare groepe:

• Kinders
• Gesinne
• Persone met gestremdhede
• Ouer persone
Dít realiseer deur ’n verskeidenheid van projekte en programme wat in die onderskeie streke van stapel gestuur word. Ons waardes is in lyn met Facebook se gemeenskapswaardes Jy is welkom om jou opinie te lug, maar indien jy kru taal, rassistiese uitlatings of enige onvanpaste kommentaar lewer wat teen ons en Facebook se gemeenskapswaardes is, sal jy van die blad verban word. Solidariteit Helpende Hand se gemeenskapswaardes is soos volg:
1) Privaatheid en persoonlike veiligheid: ons ag die privaatheid van ons verbruikers, veral van begunstigdes, hoog. Geen inligting van enige persoon wat hulp versoek, sal aan die publiek bekend gemaak word nie. Dit sluit die identiteit en besonderhede oor alle aansoeke/versoeke via digitale media in. Die veiligheid van ons verbruikers is van kardinale belang. Geen boeliegedrag, teistering, intimidering of pespos sal geduld word nie. Wees versigtig oor watter persoonlike inligting jy aanlyn deel. Gevolglik word geen hulpversoeke op kommentaar in plasings of via ʼn derdepartyboodskap op ons blad toegelaat nie.

2) Verantwoordelike en etiese optrede: daar mag onder geen omstandighede enige wanvoorstelling van enige instansie of persoon gemaak word nie. Alle kommentaar moet volgens die visie en missie van Helpende Hand wees.

3) Eer verskille en toon respek vir ander se menings: toon begrip vir ander se demografie, kultuur, geslag, ras, kleur, geloof, godsdiens, etnisiteit, seksuele oriëntasie, geslagsidentiteit, nasionale oorsprong, burgerskap, ongeskiktheid of huwelikstatus.

4) Kommentaar/inhoud oor die volgende onderwerpe is streng verbode:
- Haatspraak teenoor enige instansie of individu
- Negatiewe kommentaar teenoor ander werknemers of teenoor Helpende Hand
- Aanhitsing tot geweld
- Rassisme
- Seksisme
- Laster
- Kru taalgebruik
- Ander aanstootlike inhoud
- Pornografiese materiaal of kommentaar
- Strooipos of bemarking van jou produk of diens

5) Beskerm ons kinders: Geen foto’s van kinders mag deur derdepartye in Solidariteit Helpende Hand se kommentaarafdeling geplaas, of via ’n persoonlike boodskap aan ons versprei word nie. Solidariteit Helpende Hand vervul nié die volgende funksies nie:
Statutêre maatskaplike dienste:
Helpende Hand beskik nie oor die mandaat om enige vorm van statutêre maatskaplike diens te kan lewer nie, naamlik die beveiliging van kinders en enige ander optrede kragtens die Kinderwet (No. 38 van 2005). Die Afdeling Maatskaplikewerkdienste is egter bevoeg om raad en leiding oor die verskillende statutêre prosesse kragtens die bogenoemde wet te verskaf en persone na geregistreerde kinderbeskermingsorganisasies te verwys. Finansiële bystand:

Helpende Hand is ʼn niewinsgewende organisasie en kan dus nie finansiële bystand bied nie. Dit sluit onder andere die volgende uitgawes in:
 Verbands- of huuronkostes
 Elektrisiteitsrekeninge
 Herstelkostes aan wonings
 Trek- of reisonkostes
 Finansiële ondersteuning in terme van mediese aangeleenthede
 Begrafnisdienste
 Borgskappe

Behuising:
Helpende Hand beskik nie oor enige behuising nie. Die maatskaplike werker kan egter, waar moontlik, kontakbesonderhede van skuilings en ander hulpbronne voorsien, maar dit is die persoon se eie verantwoordelikheid om die betrokke hulpbronne te kontak.

Skenk jou oortollige bruikbare items aan Ons Winkel Standerton by Krogh Straat 18 - Fazy Sentrum. Help ons om 'n student...
08/10/2026

Skenk jou oortollige bruikbare items aan Ons Winkel Standerton by Krogh Straat 18 - Fazy Sentrum. Help ons om 'n student te help studeer!!!

Chantelle - 079 851 6722

Oom Gerhard,Baie Baie Geluk met jou Verjaarsdag mag dit vir oom net 'n Geseende Jaar wees gevul met Liefde, Vrede en Gel...
07/10/2026

Oom Gerhard,

Baie Baie Geluk met jou Verjaarsdag mag dit vir oom net 'n Geseende Jaar wees gevul met Liefde, Vrede en Geluk!!! Mag ons Hemelse Vader oom nog Baie Jare spaar 🙏🏻

Dankie vir die impak wat oom op Standerton maak, ons waardeer oom. Oom maak 'n Verskil en daarom maak ons saam 'n Verskil!!!

Geniet oom se dag!!!

OnsRadio Vriende

Ons Winkel Standerton Span

Een man se Oud is 'n ander se Goud!!!Kom kuier gerus by ons en krap vir jou goud...📍 Krogh Straat 18 - Fazy Sentrum 📲 Ch...
05/10/2026

Een man se Oud is 'n ander se Goud!!!

Kom kuier gerus by ons en krap vir jou goud...

📍 Krogh Straat 18 - Fazy Sentrum
📲 Chantelle - 079 851 6722

Thrift...Save...Make a Difference!!!Where?📍 Krogh Street 18 Fazy CentreWho do you Contact?📲 079 851 6722
01/10/2026

Thrift...
Save...
Make a Difference!!!

Where?
📍 Krogh Street 18 Fazy Centre

Who do you Contact?
📲 079 851 6722

01/10/2026

‘n Gedig aan ons vrywilligers.
Deur Hilde Kruger


Dit is amper tyd om jou 🌲Kersboom🌲 af te stof... Indien jy enige kersversierings het wat jy nie meer gebruik nie, skenk ...
30/09/2026

Dit is amper tyd om jou 🌲Kersboom🌲 af te stof... Indien jy enige kersversierings het wat jy nie meer gebruik nie, skenk dit asseblief aan Ons Winkel Standerton, ons benodig kersversierings.

Skenkings kan afgegee word by Krogh Straat 18 - Fazy Sentrum of Chantelle kan gekontak word by 079 851 6722 .

Lees bietjie meer hier oor hoe die Ons Winkels ontstaan het...As jy wil sien hoe lyk 'n Ons Winkel kom kuier gerus by On...
28/09/2026

Lees bietjie meer hier oor hoe die Ons Winkels ontstaan het...

As jy wil sien hoe lyk 'n Ons Winkel kom kuier gerus by Ons Winkel Standerton, Krogh Straat 18 - Fazy Sentrum.

Chantelle kan geskakel word op 079 851 6722 vir meer inligting.

Hoekom Ons Winkel Standerton ondersteun?Dit spaar jou geld.Jy kry items van goeie kwaliteit vir goedkoper.Tweedehands is...
25/09/2026

Hoekom Ons Winkel Standerton ondersteun?

Dit spaar jou geld.
Jy kry items van goeie kwaliteit vir goedkoper.
Tweedehands is die nuwe nuut.

Wil jy ook deel wees? Kom kuier by ons by Krogh Straat 18 - Fazy Sentrum.

Ons sal more 24 September oop wees vanaf 08h30 tot 13h00. Kom loer gerus in, alle klere sal 50% af wees slegs vir erfeni...
23/09/2026

Ons sal more 24 September oop wees vanaf 08h30 tot 13h00. Kom loer gerus in, alle klere sal 50% af wees slegs vir erfenisdag!!!

Krogh Straat 18 - Fazy Sentrum
Chantelle - 079 851 6722

Het jy al gewonder wat die doel van Ons Winkels is? 🛍️Ons Winkels is meer as net ’n groep thrift-winkels.Elke skenking k...
23/09/2026

Het jy al gewonder wat die doel van Ons Winkels is? 🛍️

Ons Winkels is meer as net ’n groep thrift-winkels.

Elke skenking kry ’n tweede kans, elke aankoop dra by tot ’n groter doel, en saam help ons om hoop, werksgeleenthede en nuwe geleenthede in ons gemeenskappe te skep.

Van ’n item in jou kas tot ’n student in ’n klas. 🎓

Elke Ons Winkel - ’n baken van hoop

Kom kuier gerus vir ons by Krogh Straat 18 - Fazy Sentrum of Skakel Chantelle by 079 851 6722 vir enige navrae.

Address

18 Krogh Street
Standerton
2430

Opening Hours

Monday 09:00 - 17:00
Tuesday 09:00 - 17:00
Wednesday 09:00 - 17:00
Thursday 09:00 - 17:00
Friday 09:00 - 17:00
Saturday 09:00 - 13:00

Telephone

+27825173779

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Ons Winkel Standerton posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Shortcuts

Share