Ons Winkel Standerton

Ons Winkel Standerton Ons Winkel is die skenkings of thrift-winkels van die Suid-Afrikaanse NPO Solidariteit Helpende Hand met winkels regoor SA. Beskerm jouself.

Die winkels neem en verkoop enige skenking. Fondse word aangewend vir gemeenskapsprojekte en studiefondse vir behoeftige studente. Welkom by Solidariteit Helpende Hand se amptelike Facebook-blad. Helpende Hand is ʼn niewinsgewende organisasie wat fokus op die opheffing van gemeenskappe deur maatskaplik-gebaseerde gemeenskapsontwikkeling vir die volgende kwesbare groepe:

• Kinders
• Gesinne
• Pe

rsone met gestremdhede
• Ouer persone
Dít realiseer deur ’n verskeidenheid van projekte en programme wat in die onderskeie streke van stapel gestuur word. Ons waardes is in lyn met Facebook se gemeenskapswaardes Jy is welkom om jou opinie te lug, maar indien jy kru taal, rassistiese uitlatings of enige onvanpaste kommentaar lewer wat teen ons en Facebook se gemeenskapswaardes is, sal jy van die blad verban word. Solidariteit Helpende Hand se gemeenskapswaardes is soos volg:
1) Privaatheid en persoonlike veiligheid: ons ag die privaatheid van ons verbruikers, veral van begunstigdes, hoog. Geen inligting van enige persoon wat hulp versoek, sal aan die publiek bekend gemaak word nie. Dit sluit die identiteit en besonderhede oor alle aansoeke/versoeke via digitale media in. Die veiligheid van ons verbruikers is van kardinale belang. Geen boeliegedrag, teistering, intimidering of pespos sal geduld word nie. Wees versigtig oor watter persoonlike inligting jy aanlyn deel. Gevolglik word geen hulpversoeke op kommentaar in plasings of via ʼn derdepartyboodskap op ons blad toegelaat nie.

2) Verantwoordelike en etiese optrede: daar mag onder geen omstandighede enige wanvoorstelling van enige instansie of persoon gemaak word nie. Alle kommentaar moet volgens die visie en missie van Helpende Hand wees.

3) Eer verskille en toon respek vir ander se menings: toon begrip vir ander se demografie, kultuur, geslag, ras, kleur, geloof, godsdiens, etnisiteit, seksuele oriëntasie, geslagsidentiteit, nasionale oorsprong, burgerskap, ongeskiktheid of huwelikstatus.

4) Kommentaar/inhoud oor die volgende onderwerpe is streng verbode:
- Haatspraak teenoor enige instansie of individu
- Negatiewe kommentaar teenoor ander werknemers of teenoor Helpende Hand
- Aanhitsing tot geweld
- Rassisme
- Seksisme
- Laster
- Kru taalgebruik
- Ander aanstootlike inhoud
- Pornografiese materiaal of kommentaar
- Strooipos of bemarking van jou produk of diens

5) Beskerm ons kinders: Geen foto’s van kinders mag deur derdepartye in Solidariteit Helpende Hand se kommentaarafdeling geplaas, of via ’n persoonlike boodskap aan ons versprei word nie. Solidariteit Helpende Hand vervul nié die volgende funksies nie:
Statutêre maatskaplike dienste:
Helpende Hand beskik nie oor die mandaat om enige vorm van statutêre maatskaplike diens te kan lewer nie, naamlik die beveiliging van kinders en enige ander optrede kragtens die Kinderwet (No. 38 van 2005). Die Afdeling Maatskaplikewerkdienste is egter bevoeg om raad en leiding oor die verskillende statutêre prosesse kragtens die bogenoemde wet te verskaf en persone na geregistreerde kinderbeskermingsorganisasies te verwys. Finansiële bystand:

Helpende Hand is ʼn niewinsgewende organisasie en kan dus nie finansiële bystand bied nie. Dit sluit onder andere die volgende uitgawes in:
 Verbands- of huuronkostes
 Elektrisiteitsrekeninge
 Herstelkostes aan wonings
 Trek- of reisonkostes
 Finansiële ondersteuning in terme van mediese aangeleenthede
 Begrafnisdienste
 Borgskappe

Behuising:
Helpende Hand beskik nie oor enige behuising nie. Die maatskaplike werker kan egter, waar moontlik, kontakbesonderhede van skuilings en ander hulpbronne voorsien, maar dit is die persoon se eie verantwoordelikheid om die betrokke hulpbronne te kontak.

DANKIE Standerton 💙🙏🏻🧡 Vir julle getroue ondersteuning!!!Elke item wat julle skenk, elke aankoop wat julle maak -  maak ...
03/09/2026

DANKIE Standerton 💙🙏🏻🧡 Vir julle getroue ondersteuning!!!

Elke item wat julle skenk, elke aankoop wat julle maak - maak 'n verskil!!!

DANKIE dat julle saam ons HOOP bring!!!

💙🙏🏻🧡💙🙏🏻🧡💙🙏🏻🧡💙🙏🏻🧡

Krogh Straat 18 - Fazy Sentrum
Chantelle - 079 851 6722

Somer klop klop aan die deur, ons benodig die volgende skenkings...Moet nie dat jou goed le en stof opgaar nie, skenk di...
02/09/2026

Somer klop klop aan die deur, ons benodig die volgende skenkings...

Moet nie dat jou goed le en stof opgaar nie, skenk dit aan Ons Winkel Standerton by Krogh Straat 18 - Fazy Sentrum.

💙🧡💙🧡💙🧡💙🧡

Summer is knocking at the door, and we need the following donations...

Your second-hand items could be SOMEONE ELSE’S NEW BEGINNING!!!

Chantelle can be contacted on 079 851 6722 for collection of donations.

Gelukkige Lente Dag 🪷🩷Mag elke Bloeisel vir jou bloei,Elke Blom sy geur vir jou versprei,En elke Voëltjie net vir jou si...
01/09/2026

Gelukkige Lente Dag 🪷🩷

Mag elke Bloeisel vir jou bloei,
Elke Blom sy geur vir jou versprei,
En elke Voëltjie net vir jou sing,
En mag God se Liefde jou omring op hierdie pragtige dag waarmee Hy jou seën!!!

💐💐💐💐💐💐💐💐💐💐💐

Happy Spring Day 🪷🩷

May every blossom bloom for you,
May every flower spread its fragrance for you,
And may every little bird sing just for you,
And may God's love surround you on this beautiful day with which He blesses you!!!

Remember to come and visit us, all new stock unpacked for the new season 😁

Krogh Straat 18 - Fazy Centre
Chantelle - 079 851 6722

September begin more...Begin met daai groot skoon maak en skenk al daardie oortollige klere, skoene, linne, gordyne, meu...
31/08/2026

September begin more...

Begin met daai groot skoon maak en skenk al daardie oortollige klere, skoene, linne, gordyne, meubels, elektrieseware, kombyisware, dekor en speelgoed aan Ons Winkel Standerton by Krogh Straat 18 - Fazy Sentrum.

Kontak Chantelle gerus by 079 851 6722 vir optel van skenkings....

SKENKINGS is ons KRAG 💪🏼BRING gerus jou TWEEDEHANDSE ware 📦Jou SKENKING is 'n groot VOORREG 🙌🏻BAIE DANKIE 🙏🏻😁Skenkings h...
29/08/2026

SKENKINGS is ons KRAG 💪🏼
BRING gerus jou TWEEDEHANDSE ware 📦
Jou SKENKING is 'n groot VOORREG 🙌🏻
BAIE DANKIE 🙏🏻😁

Skenkings help ons om HOOP in GEMEENSKAPPE te laat groei!!!

💙🧡💙🧡💙🧡

Donations helps us grow HOPE in our COMMUNITY!!!

Loads of new stock available 😁Don't miss out!!!Krogh Street 18 - Fazy Centre Chantelle - 079 851 6722
28/08/2026

Loads of new stock available 😁

Don't miss out!!!

Krogh Street 18 - Fazy Centre
Chantelle - 079 851 6722

Dankie Michellie vir jou menswees, jou mooi hart, jou vriendelikheid en jou positiewe energie. Ons waardeer vir jou baie...
26/08/2026

Dankie Michellie vir jou menswees, jou mooi hart, jou vriendelikheid en jou positiewe energie.

Ons waardeer vir jou baie!!!

Soms begin hoop op die eenvoudigste manier deur 'n winkel wat meer doen as om net goedere te verkoop.

Vandag vier ons Michelle, wat met passie en toewyding leiding gee aan die Ons Winkels in ons streek. Haar ondersteuning van winkeleienaars en haar geloof in die waarde van elke winkel, help sy om ruimtes te bou waar mense nie net bekostigbare produkte vind nie, maar ook nuwe hoop en geleenthede.

Agter elke Ons Winkel is daar 'n groter doel om gemeenskappe te versterk, volhoubare projekte te ondersteun en 'n verskil in mense se lewens te maak.

Michelle se passie vir mense en haar liefde vir haar werk is duidelik sigbaar in alles wat sy doen.
Dankie, Michelle, dat jy met jou toewyding, ondersteuning en omgee help om hoop in ons gemeenskappe te laat groei. 💙

26/08/2026

Ons is besig om Lente / Somer voorraad uit te pak vandag!!! Baie mooi items!!! Kom loer gerus in voor jy uitmis 😁Geen La...
25/08/2026

Ons is besig om Lente / Somer voorraad uit te pak vandag!!! Baie mooi items!!! Kom loer gerus in voor jy uitmis 😁

Geen Lay-by's sal toegelaat word op klere tot en met Maandag 31 Augustus 2026.

💙🧡💙🧡💙🧡💙🧡

We are busy unpacking Spring / Summer stock!!! Good quality items!!! Come and visit us today before you miss out 😁

No Lay-by's will be allowed on clothing until Monday 31 August 2026.

📍 Krogh Straat 18 - Fazy Sentrum
📲 079 851 6722

Address

18 Krogh Street
Standerton
2430

Opening Hours

Monday 09:00 - 17:00
Tuesday 09:00 - 17:00
Wednesday 09:00 - 17:00
Thursday 09:00 - 17:00
Friday 09:00 - 17:00
Saturday 09:00 - 13:00

Telephone

+27825173779

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Ons Winkel Standerton posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Shortcuts

Share