Gloria Botha skool/School

Gloria Botha skool/School Gloria Botha is a special needs school for children with intellectual disabilities. NPO 033 432

08/10/2026
🌷 Vandag vier ons julle! 🌷Aan ons juffrouens Kayla, Christine, Chereé en Munibah – om ’n onderwyser te wees, gaan oor so...
05/10/2026

🌷 Vandag vier ons julle! 🌷

Aan ons juffrouens Kayla, Christine, Chereé en Munibah – om ’n onderwyser te wees, gaan oor soveel meer as net die werk wat in ’n klas gebeur. Julle bou selfvertroue, skep geleenthede, leer kinders om in hulself te glo en help elke leerder om sy of haar eie unieke potensiaal te ontdek.

Dankie vir elke ekstra bietjie geduld, elke aanmoediging, elke glimlag en elke klein oorwinning wat julle saam met ons leerders vier. Die liefde, toewyding en passie waarmee julle elke dag werk, maak ’n besondere verskil in ons leerders se lewens.

Aan ons assistente Zoë, Kaylin, Ashley en Elma – dankie dat julle elke juffrou se regterhand is. Dankie vir julle ondersteuning, geduld en die liefde en deernis waarmee julle elke dag ’n verskil maak. Julle speel ’n baie belangrike rol in ons skool en in ons leerders se lewens.

Ons is ongelooflik dankbaar vir elkeen van julle en vir die besondere rol wat julle elke dag speel. Saam maak julle ons skool ’n plek waar ons leerders kan groei, leer en in hulself kan glo.

🌷 Gelukkige Onderwysersdag! 🌷

5 September 2026Gloria Botha se Back to the 80’s Fondsinsamelingsdans💃🕺🎶BAIE DANKIE!!!!❤️’n Spesiale DANKIE aan:🌸 Elke o...
09/09/2026

5 September 2026
Gloria Botha se Back to the 80’s Fondsinsamelingsdans💃🕺🎶

BAIE DANKIE!!!!❤️

’n Spesiale DANKIE aan:
🌸 Elke ouer wat kaartjies gekoop en verkoop het.
🌸 Elke ouer, personeellid en besigheid wat pryse ingewin of geskenk het.
🌸 Al ons personeel en Vanessa Erasmus wat gehelp het met die voorbereiding.
🌸 Almal wat die aand saam met ons kom kuier en dans het.
🌸 Almal wat ons lootjieverkope ondersteun het.
🌸 Elke ouer wat ons dansplasings op sosiale media gedeel het.
🌸 TSU, TSG en AM Security vir die aankoop van 50 kaartjies.
🌸 TSG en AM Security vir julle ondersteuning met die veiling.
🌸 AM Security vir die skenking van 3 sekuriteitswagte vir die aand.
🌸 Helderberg FM vir die bemarking van ons dans.
🌸 Die Distrikpos vir die bemarking van ons dans.
🌸 Ons pragtige pull-up banners geskenk deur Rest Assured

Ons is ongelooflik dankbaar vir elkeen se ondersteuning, moeite, tyd en bydrae. Sonder julle sou hierdie aand nie moontlik gewees het nie! Ons waardeer elkeen van julle uit die diepte van ons harte! ❤️

Indien jy nog nie ons skool kom besoek het nie, nooi ons jou graag om ’n draai by ons pragtige skooltjie te kom maak. Kom kyk waaroor Gloria Botha Skool gaan, ontmoet ons leerders en personeel en ervaar self die spesiale plek wat ons hier geskep het. 💙💛

Gloria Botha Skool – klein skooltjie, groot harte!❤️

HelderbergFM 93.6

07/09/2026

’n Dag vol avontuur, leer en spesiale herinneringe saam met ons see-reddingshelde! 🛟🌊💙

Ons het geleer oor seeveiligheid, spanwerk en die ongelooflike werk wat ons NSRI-helde elke dag doen! 🚤💙

Gloria Botha Skool – leerders met leerhindernisseOndersteun ons NPO deur kaartjies te bespreek vir ons Back to the 80’s ...
31/08/2026

Gloria Botha Skool – leerders met leerhindernisse

Ondersteun ons NPO deur kaartjies te bespreek vir ons Back to the 80’s Dans op Saterdag, 5 September 2026.

Daar is vanjaar baie nice pryse op die spel wat definitief die moeite werd is om ’n kans voor te staan! 🎁 Kom geniet die aand saam met ons en dalk stap jy sommer met ’n lekker prys huis toe!

Dit beloof om ’n baie gesellige aand te wees met lekker musiek, goeie geselskap en hope pret.

Kom kuier, kom dans en ondersteun Gloria Botha Skool. Ons sien baie uit om die aand saam met julle te geniet! ❤️

Klik hier om jou kaartjies te bespreek:
https://forms.gle/Z52Gh8y3V2pnepvx6

Address

2 Saratoga Crescent Somerset West
Somerset West
7130

Opening Hours

Monday 08:00 - 13:00
Tuesday 08:00 - 13:00
Wednesday 08:00 - 13:00
Thursday 08:00 - 13:00
Friday 08:00 - 12:00

Telephone

0218512156

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Gloria Botha skool/School posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The Organization

Send a message to Gloria Botha skool/School:

Shortcuts

Share