Jiptoer

Jiptoer Youth Tour to Europe from South Africa Temba College and Travel is since 1993 world leaders in education throough world class tours and other youth projects.

30/10/2025

Ons is ongelooflik bevoorreg dat ons Jiptoer reeds in September vol bespreek was. Ons het besluit om 17 ekstra plekke by te sit. Ons het nou 8 plekke oor. Kontak [email protected] om jou plek te bespreek.

20/10/2025

Muller vertel ons iets van die Jiptoer. Versprei asb.

12/08/2025

Twee dae in die Oostenrykse Alpe nadat ons 4 dae in Duitsland geleer het om onsself te help. -tours.com

Ons bly langs die Almalfikus vir 3 nagte.  Môre begin ek die alleenrit na Amsterdam.  Ek gaan beslis na die jongmense ve...
16/07/2025

Ons bly langs die Almalfikus vir 3 nagte. Môre begin ek die alleenrit na Amsterdam. Ek gaan beslis na die jongmense verlang. Ek is minstens 10 jaar jonger nadat ek vir 19 dae hulle kennis, insig en positiwiteit beleef het. Ek gaan die ingeligte gesprekke oor die ekonomie, politiek en Suid-Afrika mis. Geen mens, wat met oopoë deur Europa getoer het, kan anders as om te besef watter ongelooflike voorreg dit is om in Suid-Afrika te bly nie. Dalk nie almal nie, maar beslis as blanke Afrikaners. Hier is gemiddelde huisgrote minder as 100 vk m. Dit is een voorbeeld van dinge waarvoor ons oneindig dankbaar is.

In 1995 het ek ons jongmense na minder as 8 uur in Londen, gestuur om sowat 50 ander gaste van Temba Travel in Londen te...
15/07/2025

In 1995 het ek ons jongmense na minder as 8 uur in Londen, gestuur om sowat 50 ander gaste van Temba Travel in Londen te gaan haal. Dit was sodat ons saam die wêreldbeker eindstryd kon kyk. As jy hulle die naam van ń hotel gegee het, kon hulle self uitwerk hoe om daar te kom.. Ag uur was genoeg om die stelsels in Londen te verstaan.
Tot in 2023 het die jongmense verbeter. Hulle was ligjare voor my generasie..
Abosoluut niemand het verdwaal nie.
Toe kom die wonderlike app. Google maps. Niemand moet nou verdwaal nie, maar ons jongmense is terug na 1976. Hulle gebruik nie Google apps as n hulpmiddel nie, maar as ń absolute gids. Die gevolg is dat daar altyd ń paar vermis word. Ons kry hulle weer en Google apps help ons daarmee, maar hulle is dood gewoon “clueless” in vergelyking met die groep van 1993 tot 2022. Nietemin bly ek oneindig lief vir hulle.

Op dag 1 het ons Rome te voet en met die metro in snikhete besoek. Ons was eers by die Vatikaan, toe by die Spaanse trap...
14/07/2025

Op dag 1 het ons Rome te voet en met die metro in snikhete besoek. Ons was eers by die Vatikaan, toe by die Spaanse trappe. Daarna was die makabere kunswerke van die Capuchin en Trevi Fonteine aan die b***t. Middagete was ons by die Pantheon voordat ons die Victor Emmanuel monument besoek het. Daarvandaan was dit trappe op na Caputolini en trappe af na die Roman forum. Die Colloseum was iets waarna ons baie uitgesien het, maar by Circo Maximus het ons agter gekom dat die te meeste van die goed wat ons in flieks, (ook op internet) soos Gladiator leer, bloot onsin is. Die Colloseum is eers 300 jaar nadat die gebeure van die fliek plaasgevind het gebou. Van Ciro Maximus was dit net 1300m na ons treinstasie. Sommige van die jongmense was verbaas dat ons net 21 km geloop het, maar hulle 67 jarige leier was gaar. Veral die meer as 500 trappe met hom gekou.

Dag 2 was ń reëndag, maar steeds lekker warm. Die jongmense het vandag Rome heeltemal op hulle eie verken.

Na ons stadstoer, wat al die hoogtepunte van Venice ingesluit is ons vrygellat om die waterstad op ons eie te verken.
14/07/2025

Na ons stadstoer, wat al die hoogtepunte van Venice ingesluit is ons vrygellat om die waterstad op ons eie te verken.

Oostenryk is prentjiemooi.
14/07/2025

Oostenryk is prentjiemooi.

Address

PO Box 1515
Somerset West
7129

Opening Hours

Monday 08:00 - 17:00
Tuesday 08:00 - 17:00
Wednesday 08:00 - 17:00
Thursday 08:00 - 17:00
Friday 08:00 - 17:00

Telephone

+27218550395

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Jiptoer posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Share