02/06/2026
Baie dankie Andre en Marinda dat julle so mooi by House of Mercy vir ons oumas en oupas kom sing het!
Hulle het elke oomblik geniet🎵❤️
Vandag sê Solidariteit Helpende Hand Secunda baie dankie vir Andre Jonker wat sy talent en tyd onbaatsugtig gebruik om vreugde in ons gemeenskap te bring. 🎶
Andre sing gereeld gratis vir bejaardes, kerkkermisse, kinderbyeenkomste en verskeie gemeenskapsgeleenthede. Met sy passie vir musiek raak hy mense se harte aan en maak hy ’n verskil waar hy gaan. 💙
As deel van ons projek het Solidariteit Helpende Hand Secunda aan hom ’n klein blykie van waardering oorhandig vir sy waardevolle bydrae tot ons plaaslike gemeenskap.
Indien iemand vir Andre graag wil bespreek vir ’n funksie of geleentheid, kan sy vrou, Marinda, gekontak word by 082 455 1395.