Ons Winkel Scottburgh

Ons Winkel Scottburgh SOLIDARITEIT HELPENDE HAND: HUISREËLS VIR FACEBOOK-BLAD
Welkom by Solidariteit Helpende Hand se amptelike Facebook-blad. Beskerm jouself.

Helpende Hand is ʼn niewinsgewende organisasie wat fokus op die opheffing van gemeenskappe deur maatskaplik-gebaseerde gemeenskapsontwikkeling vir die volgende kwesbare groepe:
• Kinders
• Gesinne
• Persone met gestremdhede
• Ouer persone
Dít realiseer deur ’n verskeidenheid van projekte en programme wat in die onderskeie streke van stapel gestuur word. Ons waardes is in lyn met Facebook se ge

meenskapswaardes Jy is welkom om jou opinie te lug, maar indien jy kru taal, rassistiese uitlatings of enige onvanpaste kommentaar lewer wat teen ons en Facebook se gemeenskapswaardes is, sal jy van die blad verban word. Solidariteit Helpende Hand se gemeenskapswaardes is soos volg:
1) Privaatheid en persoonlike veiligheid: ons ag die privaatheid van ons verbruikers, veral van begunstigdes, hoog. Geen inligting van enige persoon wat hulp versoek, sal aan die publiek bekend gemaak word nie. Dit sluit die identiteit en besonderhede oor alle aansoeke/versoeke via digitale media in. Die veiligheid van ons verbruikers is van kardinale belang. Geen boeliegedrag, teistering, intimidering of pespos sal geduld word nie. Wees versigtig oor watter persoonlike inligting jy aanlyn deel. Gevolglik word geen hulpversoeke op kommentaar in plasings of via ʼn derdepartyboodskap op ons blad toegelaat nie.

2) Verantwoordelike en etiese optrede: daar mag onder geen omstandighede enige wanvoorstelling van enige instansie of persoon gemaak word nie. Alle kommentaar moet volgens die visie en missie van Helpende Hand wees.

3) Eer verskille en toon respek vir ander se menings: toon begrip vir ander se demografie, kultuur, geslag, ras, kleur, geloof, godsdiens, etnisiteit, seksuele oriëntasie, geslagsidentiteit, nasionale oorsprong, burgerskap, ongeskiktheid of huwelikstatus.

4) Kommentaar/inhoud oor die volgende onderwerpe is streng verbode:
- Haatspraak teenoor enige instansie of individu
- Negatiewe kommentaar teenoor ander werknemers of teenoor Helpende Hand
- Aanhitsing tot geweld
- Rassisme
- Seksisme
- Laster
- Kru taalgebruik
- Ander aanstootlike inhoud
- Pornografiese materiaal of kommentaar
- Strooipos of bemarking van jou produk of diens

5) Beskerm ons kinders: Geen foto’s van kinders mag deur derdepartye in Solidariteit Helpende Hand se kommentaarafdeling geplaas, of via ’n persoonlike boodskap aan ons versprei word nie. Solidariteit Helpende Hand vervul nié die volgende funksies nie:
Statutêre maatskaplike dienste:
Helpende Hand beskik nie oor die mandaat om enige vorm van statutêre maatskaplike diens te kan lewer nie, naamlik die beveiliging van kinders en enige ander optrede kragtens die Kinderwet (No. 38 van 2005). Die Afdeling Maatskaplikewerkdienste is egter bevoeg om raad en leiding oor die verskillende statutêre prosesse kragtens die bogenoemde wet te verskaf en persone na geregistreerde kinderbeskermingsorganisasies te verwys. Finansiële bystand:
Helpende Hand is ʼn niewinsgewende organisasie en kan dus nie finansiële bystand bied nie. Dit sluit onder andere die volgende uitgawes in:
 Verbands- of huuronkostes
 Elektrisiteitsrekeninge
 Herstelkostes aan wonings
 Trek- of reisonkostes
 Finansiële ondersteuning in terme van mediese aangeleenthede
 Begrafnisdienste
 Borgskappe

Behuising:
Helpende Hand beskik nie oor enige behuising nie. Die maatskaplike werker kan egter, waar moontlik, kontakbesonderhede van skuilings en ander hulpbronne voorsien, maar dit is die persoon se eie verantwoordelikheid om die betrokke hulpbronne te kontak.

Julle, ons het lekker gekongres! Ons stap weg geïnspireerd, gemotiveerd en met nuwe vuur om aan te hou werk, dien en ’n ...
25/08/2026

Julle, ons het lekker gekongres!

Ons stap weg geïnspireerd, gemotiveerd en met nuwe vuur om aan te hou werk, dien en ’n verskil te maak.

Welstand deur Werksyn + 1
Met Hart. In Krag. Tot Hoop.

Mag ons nooit vergeet hoekom ons doen wat ons doen nie. Elke klein aksie maak n impak!

God is getrou, vertrou Hom!

🧡💙

Helpende Hand - Deel van die Solidariteit Beweging
Solidariteit Helpende Hand Oos-Kaap & KZN-Suid Streek
Ons Winkel - Helpende Hand
Ons Winkel Scottburgh

Donate For Hope. Donate to Ons Winkel Scottburgh 🧡💙📍129 Scott Street 📱 074 801 5170 📧  Scottburgh@onswinkel.co.za       ...
16/08/2026

Donate For Hope. Donate to Ons Winkel Scottburgh 🧡💙

📍129 Scott Street
📱 074 801 5170
📧 [email protected]

Donate For Hope 🧡💙📍129 Scott Street 📱 074 801 5170 📧  Scottburgh@onswinkel.co.za
12/08/2026

Donate For Hope 🧡💙

📍129 Scott Street
📱 074 801 5170
📧 [email protected]

Gelukkige Vrouedag || Happy Women's Day 🌷
09/08/2026

Gelukkige Vrouedag || Happy Women's Day 🌷

Donate for Women 👜 Empowered Women. Empower Women.This Women's Month, make a meaningful difference by donating your good...
07/08/2026

Donate for Women 👜

Empowered Women. Empower Women.

This Women's Month, make a meaningful difference by donating your good quality unwanted:

👗 Clothes
👠 Shoes
👜 Handbags
💍 Jewellery
🧣 Accessories

Your pre-loved items can help another woman in your community feel confident, valued, and empowered.

Every donation is an opportunity to support, uplift, and inspire another woman.

Join us this Women's Month and be part of creating positive change because when women support women, communities thrive.

📍 129 Scott Street
📱 074 801 5170
📧 [email protected]

Julle, dit was lekker 💄 Willem BothaWillem Botha BeautyThe Venue Fontana  -  Weddings & FunctionsSolidariteit Helpende H...
03/08/2026

Julle, dit was lekker 💄

Willem Botha
Willem Botha Beauty
The Venue Fontana - Weddings & Functions
Solidariteit Helpende Hand Oos-Kaap & KZN-Suid Streek

Just a few tickets left - are you joining us at the Red for a Reason Women's Empowering Event with Willem Botha hosting ...
30/07/2026

Just a few tickets left - are you joining us at the Red for a Reason Women's Empowering Event with Willem Botha hosting a Make-Up Masterclass!

Willem Botha Beauty
Solidariteit Helpende Hand Oos-Kaap & KZN-Suid Streek
The Venue Fontana - Weddings & Functions

Elke vrou het 'n rede om te skyn ✨Rooi vir n Rede ❤️ Soms is net 'n klein tikkie rooi al wat nodig is om jou te herinner...
29/07/2026

Elke vrou het 'n rede om te skyn ✨

Rooi vir n Rede ❤️

Soms is net 'n klein tikkie rooi al wat nodig is om jou te herinner aan die krag, selfvertroue en vreugde wat reeds binne jou leef.

"Jou lippe is soos skarlakenrooi lint ..." – Hooglied 4:3

Hierdie pragtige beeld herinner ons daaraan dat ware skoonheid nie net is wat ons in die spieël sien nie, maar wat uit ons hart straal. Jou vriendelikheid, jou moed, jou geloof en jou unieke storie maak jou besonders.

Rooi simboliseer krag, elegansie, moed en liefde!

Jy hoef niks te bewys om waardevol te wees nie. Jy is reeds genoeg.

Ons glo elke vrou het 'n stem wat gehoor moet word, 'n lig wat helder moet skyn en 'n storie wat ander kan inspireer.

Leef dit. Deel dit. Vier dit.

Solidariteit Helpende Hand Oos-Kaap & KZN-Suid Streek

Ter herdenking van die 100ste Ons Winkel wat op 28 Julie 2021 sy deure oop gemaak het, vier ons hierdie datum as 'n simb...
27/07/2026

Ter herdenking van die 100ste Ons Winkel wat op 28 Julie 2021 sy deure oop gemaak het, vier ons hierdie datum as 'n simbool van groei, dankbaarheid en genade.

By Ons Winkel Scottburgh glo ons dat dankbaarheid die mooiste uitdrukking vind wanneer dit met ander gedeel word. Daarom het ons vandag die geleentheid aangegryp om 'n betekenisvolle verskil in ons gemeenskap te maak deur 'n item uit ons winkel te skenk aan iemand wat dit werklik nodig het.

127 Ons Winkels = 127 Dade van Hoop!

As deel van die 2026 se Dade van Hoop-projek was dit vir Ons Winkel Scottburgh 'n voorreg om iemand in ons gemeenskap te ondersteun met ’n item wat hul benodig uit ons winkel.

Hier is Ons Winkel Scottburgh se Daad van Hoop.

Solidariteit Helpende Hand Oos-Kaap & KZN-Suid Streek
Solidariteit Helpende Hand- Ons Plek Suidkus Kleuterskool
Ons Winkel - Helpende Hand

23/07/2026

Koop vandag jou kaartjie vir die Willem Botha Make-Up Masterclass 🫦

Beperkte plekke beskikbaar!

Willem Botha Beauty
Solidariteit Helpende Hand Oos-Kaap & KZN-Suid Streek
The Venue Fontana - Weddings & Functions

Address

129 Scott Street
Scottburgh
4180

Opening Hours

Monday 08:30 - 16:30
Tuesday 08:30 - 16:30
Wednesday 08:30 - 16:30
Thursday 08:30 - 16:30
Friday 08:30 - 16:30
Saturday 08:00 - 13:00

Telephone

+27748015170

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Ons Winkel Scottburgh posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The Organization

Send a message to Ons Winkel Scottburgh:

Shortcuts

Share