ATKV-tak Arendsnes

Call Directions

ATKV-tak Arendsnes ATKV-tak Arendsnes is 'n gesinstak op die Wesrand in Gauteng

Oktober is Internasionale Disleksie-bewusmakingsmaand - ’n maand waarin ons nie net bewusmaking skep nie, maar ook begri...
05/10/2026

Oktober is Internasionale Disleksie-bewusmakingsmaand - ’n maand waarin ons nie net bewusmaking skep nie, maar ook begrip, ondersteuning en hoop.

Disleksie bepaal nie ’n kind se intelligensie, potensiaal of toekoms nie.
Dit beteken eenvoudig dat hulle brein op ’n ander manier leer, lees en verwerk.

Met vroeë identifisering, die regte ondersteuning en mense wat bereid is om te verstaan, kan elke kind die geleentheid kry om te groei, te blom en hul volle potensiaal te bereik.
By ATKV-tak Arendsnes glo ons dat bewusmaking die eerste tree na verandering is.

Kom ons praat daaroor - kom ons leer meer - en bowenal - kom ons kyk verby die uitdaging en sien die besondere potensiaal agter elke unieke brein raak.
Uit Dr Sandra Stark se pen: "Disleksie in nie 'n tekort aan intelligensie nie, maar 'n ander manier van dink."

Saam kan ons ’n verskil maak.
En ons stop nie net by bewusmaking nie… daar is iets besonders op pad!

HOU HIERDIE SPASIE DOP!

ATKV-tak Arendsnes beplan ’n opwindende aand waar ons die regte kenners saam op een verhoog gaan kry om prakties oor disleksie te gesels:
* Hoe herken en identifiseer ons dit?
* Wat is die tekens waarna ouers en onderwysers moet kyk?
* En dan die belangrikste deel… wat nou?

Ons gaan verder as net die “wat is disleksie?” en fokus op die praktiese leiding, ondersteuning en antwoorde wat werklik ’n verskil kan maak.

Meer besonderhede volg binnekort… Hou ons dop! 👀

💛 B IS VIR BOELIE… MAAR B IS OOK VIR BRAAF!ATKV-tak Arendsnes is trots om deel te wees van die ATKV en Laerskool Horison...
16/09/2026

💛 B IS VIR BOELIE… MAAR B IS OOK VIR BRAAF!
ATKV-tak Arendsnes is trots om deel te wees van die ATKV en Laerskool Horison se sterk bewusmaking teen boeliegedrag onder ons kinders.
Dankie ATKV, Laerskool Horison, Die Centurion Teater, Scenario College For Performing Arts and Enterprise ATKV-tak Arendsnes

Baie dankie aan Scenario College For Performing Arts and Enterprise en Die Centurion Teater wat in samewerking met die ATKV vir ons leerders 'n opvoering oor 'Boelie' kom doen het. Ons leerders het dit baie geniet.

🧡🦅

16/09/2026

💛 B IS VIR BOELIE… MAAR B IS OOK VIR BRAAF!
ATKV-tak Arendsnes is trots om deel te wees van die ATKV, Die Centurion Teater en Laerskool Horison se sterk bewusmaking teen boeliegedrag onder ons kinders.

Ons was bevoorreg om saam met die ATKV die besonderse produksie “B is vir Boelie” by Laerskool Horison uit te leef.

Die produksie vertel die verhaal van Bella, ’n kreatiewe 12-jarige meisie wat geboelie word omdat sy anders is.
Met die hulp van haar ouma se stories reis Bella deur wonderlike verbeeldingswêrelde waar sy leer om boelies beter te verstaan, haar eie stem te vind en met selfvertroue op te staan vir wie sy is.

En op haar reis ontdek sy iets baie belangrik:
“B” is nie net vir BOELIE nie…
💛 B is vir BUITENGEWOON.
💛 B is vir BRAAF.
💛 B is vir BONT.

Want ons kinders hoef nie almal dieselfde te wees om in te pas nie. Ons moet hulle eerder leer om hul verskille te vier, mekaar op te bou en die moed te hê om op te staan wanneer iemand anders afgebreek word.

Wees die verskil. Belê in jou kind se toekoms.
ATKV-tak Arendsnes is trots om deel te wees van projekte wat nie net vermaak nie, maar ook ’n boodskap los wat kinders saam met hulle huis toe kan neem. 💛

Wat ’n fees! Wat ’n kuier!ATKV-tak Arendsnes geniet elke oomblik van die Afrikiti-fees – met van ons land se lekkerste A...
05/09/2026

Wat ’n fees! Wat ’n kuier!

ATKV-tak Arendsnes geniet elke oomblik van die Afrikiti-fees – met van ons land se lekkerste Afrikaanse kunstenaars op die verhoog!

Van Wynand en Chereé Strydom, Early B tot Drommedaris – Buffelspoort het behoorlik gelewe!

Goeie musiek. Lekker mense. Eg Afrikaanse gees met borge soos Wildebeest.
Dít is hoe ’n mens ’n fees hou!

ATKV-tak Arendsnes is trots om deel te wees van so dag waar ons kultuur gevier word.

Buffelspoort, julle was LEKKER!

05/09/2026

ATKV-tak Arendsnes is trots Afrikaans! 🇿🇦

Ons is vandag by die jaarlikse Afrikiti-fees by Buffelspoort! ❤️

Daar is min dinge so lekker soos ’n dag vol Afrikaanse musiek, kultuur, kuier en gees – en nóg lekkerder wanneer ons saam kan staan en ons Afrikaanse kunstenaars ondersteun.

Leah jy is awesome!!!

16/05/2026

Wat gebeur wanneer ’n gemeenskap, besighede en ’n paar groot harte saamstaan?
Jy kry iets ongelooflik!!!

Die ATKV-tak Arendsnes het saam met ongelooflike vennote die uitdaging aangepak om komberse en handdoeke in te samel vir die diere van die 9th Day Animal Rescue Centre.

Donderdag-oggend was die vertrek vol besighede wat nie net besluit het ons maak ‘n verskil nie… met hierdie projek het ons tak en elke liewe een wat opgedaag het gewys… ons is die verskil!!!

Wat jy het… kan ander ook kry… maar wie jy is - kan net JY wees!

01/05/2026

WINTER-WARM-WOOFS
082 682 6964

As almal wat hierdie lees net EEN kombers gee, en net EEN keer deel…kan ons die wêreld vir ‘n troeteldier binne net 14 d...
13/04/2026

As almal wat hierdie lees net
EEN kombers gee,
en net EEN keer deel…
kan ons die wêreld vir ‘n troeteldier binne net 14 dae verander!

Monique - 082 682 6964

🐾 ATKV-tak Arendsnes in samewerking met Canine Diagnostics and Training.
WARM-WINTER-WOOFS kombers- en handdoek-insameling.

WARM-WINTER-WOOFS“Arendsnes Moenie Jou Ou Kombers Weggooi Nie… Iemand Lê en Wag Daarop” 🐾Hierdie winter raak koud…Nie ne...
04/04/2026

WARM-WINTER-WOOFS

“Arendsnes Moenie Jou Ou Kombers Weggooi Nie… Iemand Lê en Wag Daarop” 🐾

Hierdie winter raak koud…
Nie net vir ons nie — maar vir elke nat neus en sagte pootjie wat snags in ’n hok lê en wag vir warmte.

Terwyl jy hierdie vakansie kaste uitpak…
Moenie daardie ou kombers of handdoek weggooi nie.
Sit hom eenkant. Iemand wag vir hom.

📍 Aflaaipunte:
• 5 Owl Straat, Rant en Dal
• 4 Somerset Straat, Florida Park

💛 Kan jy nie aflaai nie?
Jy is welkom om ’n finansiële bydrae te maak — gebruik gerus Arendsnes se bank besonderhede met : “WOOF” en jou naam as verwysing.

Ons wil graag alle items wat ingesamel word teen die 23ste April oorhandig.
ATKV-Tak Arendsnes in samewerking met Canine Diagnostic Dog Training.

Address

4 Somerset Street, Florida Park
Roodepoort
1724

Telephone

+27826826964

Website

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when ATKV-tak Arendsnes posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Shortcuts

Share