Die Lewende Nuwe Generasie Kerk

Die Lewende Nuwe Generasie Kerk Ons is 'n Geloofsgemeenskap wat gewortel is in die die Gereformeerde Teologie maar onsself tuisvind in 'n Charismatiese Geloofsbelewenis.

Ons is 'n Christelike geloofsgemeenskap wat op Sondae oggende bymekaar kom vir eredienste om 09h00 by die Vredenvlucht Landgoed en Venue In Loumarina, Randfontein

Ons is 'n geloofsbediening wat van die NG-Kerk weggebreek het, opgrond van ons teologiese verstaan en oortuiging met betrekking tot die uitleef van liefde, die vergifnis wat God die mens bied, asook die aard van ware Christenskap, soos

ons dit verstaan in die navolging en dissipelskap van Christus. Ons kan dus nie langer onsself tuisvind in die NG-Kerk se teologiese verstaan van God se straf oor mense en die kerk se onvergewensgesinde tugmaatreels oor mense, soos wat dit uitgevoer word binne die hierargiese vergaderinge (die Ringe en Sinodes) van die NG-kerkverband nie. Aangesien ons God se vergifnis as 'n totale en onvoorwaardelike versoening met Homself - deur die werk van Christus se kruisdood - verstaan, is dit vir ons onaanvaarbaar dat die NG Kerkverband hulself die mag toe-eien om oor hul naaste en lidmate te oordeel waar God gekies het om te vergewe. Die Kerkverband en haar vergaderinge se oordeel kan nooit bo die Skrif-boodskap van vergifnis staan nie. God het in Sy liefde, Sy Seun nie gespaar nie, sodat ons meervoudige (70 x 7) kanse tot vergifnis en hoop sou kon ontvang. Ons betreur daarom die NG-Kerk verband se onvergewensgesindheid en onbereidheid tot gehoorsaamheid aan die duidelike boodskap van naasteliefde en vergifnis, soos dit opgeskryf staan in die Woord van God. Ons wortels en herkoms is egter steeds Gereformeerd en meer spesifiek Nederduits Gereformeerd. Daarom is ons as voormalige NG-lidmate geroep deur God, om as 'n vars Nuwe Generasie, 'n lewende verstaan van die Woord van God uit te leef. God, Drie-Enig, die vader van Abraham, Isak en Jakob, wat ook ons Vader is, is die Een rondom wie ons bediening sentreer. Ons glo dat dit is Hy wat deur Sy Gees ons op hierdie nuwe weg kom lei het, deur biddende afhanklikheid. Die Gees van God, wat in ons harte werksaam is, het uitgeroep teen dit wat deur die NG Kerk se Ring van Randpoort as God se wil voorgehou word, naamlik dat God haatdraende is teenoor sondaars, dat Hy vergeld en straf en aan Sy kerk op aarde die mag gee om vergifnis en liefde van enige een van Sy kinders te weerhou. Ons bediening is Gereformeerd in teologie en Charismaties in spiritualiteit.

"Ezer Kenegdo" - Strengthening Helper
14/10/2025

"Ezer Kenegdo" - Strengthening Helper

01/10/2025
28/05/2025
01/03/2025
Beplan jou jaarafsluiting in styl by hierdie pragtige venue! Met ruim ruimte vir enige tipe funksie, maak ons seker dat ...
22/10/2024

Beplan jou jaarafsluiting in styl by hierdie pragtige venue! Met ruim ruimte vir enige tipe funksie, maak ons seker dat jou geleentheid onvergeetlik sal wees.

Bespreek nou jou jaareindfunksie vir 2024 en vier die einde van die jaar op die beste manier moontlik.

☎️ +27 61 485 0258
📌 5 Louis Road, 1763 Loumarina, Randfontein

Address

5 Louis Weg, Plot 32, Loumarina (Vredenvlucht Venue)
Randfontein
1763

Opening Hours

09:00 - 10:00

Telephone

+27827384685

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Die Lewende Nuwe Generasie Kerk posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Share