Ons Winkel Queensburgh KZN Suid

Ons Winkel Queensburgh KZN Suid Ons Winkel - the charity thrift shops of the trusted South African NPO Solidarity Helping Hand with outlets all over SA. Beskerm jouself.

The shops accept and resell any donation to fund various community upliftment projects and study aid for needy students. Welkom by Solidariteit Helpende Hand se amptelike Facebook-blad. Helpende Hand is ʼn niewinsgewende organisasie wat fokus op die opheffing van gemeenskappe deur maatskaplik-gebaseerde gemeenskapsontwikkeling vir die volgende kwesbare groepe:

• Kinders
• Gesinne
• Persone met

gestremdhede
• Ouer persone
Dít realiseer deur ’n verskeidenheid van projekte en programme wat in die onderskeie streke van stapel gestuur word. Ons waardes is in lyn met Facebook se gemeenskapswaardes Jy is welkom om jou opinie te lug, maar indien jy kru taal, rassistiese uitlatings of enige onvanpaste kommentaar lewer wat teen ons en Facebook se gemeenskapswaardes is, sal jy van die blad verban word. Solidariteit Helpende Hand se gemeenskapswaardes is soos volg:
1) Privaatheid en persoonlike veiligheid: ons ag die privaatheid van ons verbruikers, veral van begunstigdes, hoog. Geen inligting van enige persoon wat hulp versoek, sal aan die publiek bekend gemaak word nie. Dit sluit die identiteit en besonderhede oor alle aansoeke/versoeke via digitale media in. Die veiligheid van ons verbruikers is van kardinale belang. Geen boeliegedrag, teistering, intimidering of pespos sal geduld word nie. Wees versigtig oor watter persoonlike inligting jy aanlyn deel. Gevolglik word geen hulpversoeke op kommentaar in plasings of via ʼn derdepartyboodskap op ons blad toegelaat nie.

2) Verantwoordelike en etiese optrede: daar mag onder geen omstandighede enige wanvoorstelling van enige instansie of persoon gemaak word nie. Alle kommentaar moet volgens die visie en missie van Helpende Hand wees.

3) Eer verskille en toon respek vir ander se menings: toon begrip vir ander se demografie, kultuur, geslag, ras, kleur, geloof, godsdiens, etnisiteit, seksuele oriëntasie, geslagsidentiteit, nasionale oorsprong, burgerskap, ongeskiktheid of huwelikstatus.

4) Kommentaar/inhoud oor die volgende onderwerpe is streng verbode:
- Haatspraak teenoor enige instansie of individu
- Negatiewe kommentaar teenoor ander werknemers of teenoor Helpende Hand
- Aanhitsing tot geweld
- Rassisme
- Seksisme
- Laster
- Kru taalgebruik
- Ander aanstootlike inhoud
- Pornografiese materiaal of kommentaar
- Strooipos of bemarking van jou produk of diens

5) Beskerm ons kinders: Geen foto’s van kinders mag deur derdepartye in Solidariteit Helpende Hand se kommentaarafdeling geplaas, of via ’n persoonlike boodskap aan ons versprei word nie. Solidariteit Helpende Hand vervul nié die volgende funksies nie:
Statutêre maatskaplike dienste:
Helpende Hand beskik nie oor die mandaat om enige vorm van statutêre maatskaplike diens te kan lewer nie, naamlik die beveiliging van kinders en enige ander optrede kragtens die Kinderwet (No. 38 van 2005). Die Afdeling Maatskaplikewerkdienste is egter bevoeg om raad en leiding oor die verskillende statutêre prosesse kragtens die bogenoemde wet te verskaf en persone na geregistreerde kinderbeskermingsorganisasies te verwys. Finansiële bystand:

Helpende Hand is ʼn niewinsgewende organisasie en kan dus nie finansiële bystand bied nie. Dit sluit onder andere die volgende uitgawes in:
 Verbands- of huuronkostes
 Elektrisiteitsrekeninge
 Herstelkostes aan wonings
 Trek- of reisonkostes
 Finansiële ondersteuning in terme van mediese aangeleenthede
 Begrafnisdienste
 Borgskappe

Behuising:
Helpende Hand beskik nie oor enige behuising nie. Die maatskaplike werker kan egter, waar moontlik, kontakbesonderhede van skuilings en ander hulpbronne voorsien, maar dit is die persoon se eie verantwoordelikheid om die betrokke hulpbronne te kontak.

Ter herdenking van die 100ste Ons Winkel wat op 28 Julie 2021 sy deure oop gemaak het, vier ons hierdie datum as 'n simb...
27/07/2026

Ter herdenking van die 100ste Ons Winkel wat op 28 Julie 2021 sy deure oop gemaak het, vier ons hierdie datum as 'n simbool van groei, dankbaarheid en genade.

By Ons Winkel Queensburgh glo ons dat dankbaarheid die mooiste uitdrukking vind wanneer dit met ander gedeel word. Daarom het ons vandag die geleentheid aangegryp om 'n betekenisvolle verskil in ons gemeenskap te maak deur 'n item uit ons winkel te skenk aan iemand wat dit werklik nodig het.
127 Ons Winkels = 127 Dade van Hoop
As deel van die 2026 se Dade van Hoop-projek was dit vir Ons Winkel Queensburgh 'n voorreg om iemand in ons gemeenskap te ondersteun met ’n item wat hul benodig uit ons winkel.
Hier is Ons Winkel Queensburgh se Daad van Hoop.

--------------------------------

Ons hoop Om julle by Ons Winkel te sien. Baie en nog meer om van te kies! Die uitverkoping is reeds aan die gang
21/07/2026

Ons hoop Om julle by Ons Winkel te sien. Baie en nog meer om van te kies! Die uitverkoping is reeds aan die gang

Kom loer gerus in en kyk na ons nuwe voorraad. 59 Mainweg, Malvern0836611510
21/07/2026

Kom loer gerus in en kyk na ons nuwe voorraad.

59 Mainweg, Malvern
0836611510

We want to thank all our donors for your generous donations.You make a difference in our community
21/07/2026

We want to thank all our donors for your generous donations.

You make a difference in our community

Ons Winkel Queensburgh KZN Suid 📍 59 Mainroad, Malvern📞 083 661 1510
10/06/2026

Ons Winkel Queensburgh KZN Suid

📍 59 Mainroad, Malvern
📞 083 661 1510



10/04/2026

Jy skenk…
Ons sorteer…
Iemand kry hoop.
Kyk hoe jou skenking ’n verskil maak.

03/04/2026
🛍️ Find it.Love it.Take it home.That’s thrifting at Ons Winkel.📍 59 Mainroad, Malvern📞 083 661 1510
27/03/2026

🛍️ Find it.
Love it.
Take it home.

That’s thrifting at Ons Winkel.

📍 59 Mainroad, Malvern
📞 083 661 1510

23/03/2026

“Stap in...

Ontdek...

Maak ’n verskil...

Ons Winkel Queensburgh KZN Suid

📍 59 Mainroad, Malvern
📞 083 661 1510



Maak plek in jou huis… en maak ’n verskil in iemand se lewe.Wat kan jy skenk?✨ Meer as wat jy d**k!👕 Klere en skoene🍽 Ko...
14/03/2026

Maak plek in jou huis… en maak ’n verskil in iemand se lewe.

Wat kan jy skenk?
✨ Meer as wat jy d**k!

👕 Klere en skoene
🍽 Kombuisware
🪑 Meubels
🧸 Kinderitems
📦 Ander bruikbare items

👉 Twyfel jy oor ’n item?
Vra jouself: Sou jy dit vir ’n vriend gee?

❤️ Saam maak ons ’n verskil.

Address

59 Main Road A1, Malvern
Queensburgh
4055

Opening Hours

Monday 07:30 - 16:00
Tuesday 07:30 - 16:00
Wednesday 07:30 - 16:00
Thursday 07:30 - 16:00
Friday 07:30 - 16:00
Saturday 07:30 - 12:30

Telephone

+27836611510

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Ons Winkel Queensburgh KZN Suid posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The Organization

Send a message to Ons Winkel Queensburgh KZN Suid:

Shortcuts

Share