Straat Japies - food program

Straat Japies - food program Feeding and supporting the homeless.

Handing out some blankets. Cold winter ahead.Thanks everyone involved. If there is anyone who would like to donate a bla...
27/05/2026

Handing out some blankets. Cold winter ahead.
Thanks everyone involved. If there is anyone who would like to donate a blanket for the homeless please leave your detail in the comments.
God bless.
Jani Brown
Mercia Kroucamp Christa Fourie
Jacqueline Steyn

24/05/2026

Vandag breek my hart weer in 10 duisend stukkies. Sien n ou tannie loop en huil langs die pad. Stop en gesels met haar. Sy huil want sy het spaghetti maar niks om saam dit te maak nie. Sy en die oom kry swaar. Oom is oud en swak. Vandag kan ek help. Maar hoe help mens almal. Die behoefte is so groot. Vir elkeen wat jy help is daar net nog wat hulp kort.

Ek laai die tannie af. Ek huil meer as sy. Mag God ook voorsien aan haar behoeftes.

Wag vir SonEk lê hier koud op harde steen en klip.  Die nag byt vas aan elke lip.  Ek fluister sag, ek kan nie wag,  tot...
14/05/2026

Wag vir Son

Ek lê hier koud op harde steen en klip.
Die nag byt vas aan elke lip.
Ek fluister sag, ek kan nie wag,
tot die son se hitte breek deur die koue nag.

Julle is awesome. Ek sit fotos op van al die smiles wat die op mense se gesigte gaan sit.
14/05/2026

Julle is awesome.
Ek sit fotos op van al die smiles wat die op mense se gesigte gaan sit.

Ek kom so min by die page uit. So baie dinge wat gebeur elke dag. Maar steeds net so dankbaar om n verskil te probeer ma...
14/05/2026

Ek kom so min by die page uit. So baie dinge wat gebeur elke dag. Maar steeds net so dankbaar om n verskil te probeer maak. Dit raak nou koud. Straat mense kry swaar op koue sement. Soms net op n boks onder n paar lappe wat mens nie n kombers kan noem nie.
Dankie aan die wat reeds begin by mekaar maak het. Iets wat vir ons alledaags is maak n verskil in iemand se lewe.
Dankie Mercia Kroucamp, Christa Fourie.

04/04/2026

Tears fall like rain, eyes that ache.
A heart torn apart, a love that won't break.

Streets that swallow, a child's sweet face.
A parents cry, in a desperate place.

02/03/2026

Soos dit in die aande begin koeler word so verander die behoefte op straat. Een van die dae is dit weer warm klere en komberse wat hulle pad vind na die straat mense. Dankbaar vir almal se hulp.

15/02/2026

Dankie aan almal wat help om dinge aan die gang te hou. Sonder julle sou dit nie moontlik wees nie. Cornelia Jacobs, Jacqueline Steyn, Christa Fourie.

08/02/2026

n Ouer se pyn

As die straat jou roep my kind, hoor net jy die fluister.

'n Lee belofte van plek sonder oordeel.

Die donker sluk jou in, die skadu's trek lang lyne onder die ligte van jou realiteit.

As die straat jou roep, my kind. Hoor net jy die fluister. Ek wens ek het saam jou die eerste keer geluister.

Elke mens het n storie, Elke mens het seer....Dink so baie aan die Elvis Blue song as ek die mense sien. Ek bid datelkee...
26/01/2026

Elke mens het n storie, Elke mens het seer....Dink so baie aan die Elvis Blue song as ek die mense sien. Ek bid dat
elkeen ook hulle rede sal kry om te glo.

Lukas 3:11 En hy antwoord en sê vir hulle: Wie twee kledingstukke het, moet meedeel aan hom wat nie het nie; en wie voedsel het, moet dieselfde doen.

Address

Commercial Str , Claremont
Pretoria

Website

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Straat Japies - food program posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Share