Voor die Berg Voortrekkers - Publiek

Call Directions Website Contact the organization

Voor die Berg Voortrekkers - Publiek Die Voortrekkers is ‘n kultuurbeweging wat die moderne Afrikaner, in besonder sy jeug, bemagtig om as positiewe Burgers en konsekwente Christene te wees.

Voor-die-Berg Kommando se spanbyeenkomste vind by Laerskool Wonderboom in Sinoville plaas.

Lyk te lekker Arina!
02/10/2026

Lyk te lekker Arina!

30/09/2026

Sou jy vir Lizanné kon gewaar?

By Venterskroon se Spoorsny spesialisasie het die Voortrekkers geleer van waarlik kamoefleer!

Darem maar lekker om 'n Voortrekker te wees.

Van ons Voor-die-berglede tans op Gebiedskampe.
30/09/2026

Van ons Voor-die-berglede tans op Gebiedskampe.

30/09/2026

LEKKER VERJAAR VOORTREKKERS!!!!

Hier is 'n kamp wat in die Vrystaat plaasvind, gedurende die September vakansie. Twee van ons graad 6 Voor-die-berglede ...
28/09/2026

Hier is 'n kamp wat in die Vrystaat plaasvind, gedurende die September vakansie. Twee van ons graad 6 Voor-die-berglede is tans besig om daar te kamp.

Graad 6-kinders is op ’n ouderdom waar van hul verwag word om binnekort die leiers te wees van hul skool, en Murgpyp leer hulle om “Murg in hul pype” te hê.

Fasette waarop ons fokus is selfhandhawing, hofsitting-debatte, seremonies, lapverfwerk en ons hoogtepunt: Operasie Murgpyp, waar ons ons leierskap en uithouvermoë op ’n praktiese “swaarkry” in die veld toets.

Pretaktiwiteite sluit kettieskiet, jukskei speel, kleilatgooi en modeparade in.

Weet net - as jy jou kind stuur vir 'n Voortrekkerkamp - kom hulle terug met nie net nuwe vaardighede nie, maar met 'n ervaring wat hulle nooit ooit sal vergeet nie!

Hier is Wilgedraai, nog 'n Verkennerkamp wat tans aan die gang is! Gaan kyk gerus wat ons jeuglede op hierdie kampe leer...
28/09/2026

Hier is Wilgedraai, nog 'n Verkennerkamp wat tans aan die gang is! Gaan kyk gerus wat ons jeuglede op hierdie kampe leer en beleef.

28/09/2026

Daar is tans verskeie Voortrekkerkampe aan die gang. Hier is Kamp Nakhupi. 'n Blik in die mooi wat ons jeuglede by sulke kampe leer en beleef! Van ons Voor-die-Berglede is besig om hier heerlik te kamp.

𝗪𝗮𝘁 𝗶𝘀 𝗼𝗻𝘀 𝗘𝗿𝗳𝗲𝗻𝗶𝘀?Een van ons Voortrekkerkodes is dat ons trots is op ons taal, kultuur en erfenis en ons bevorder dit....
24/09/2026

𝗪𝗮𝘁 𝗶𝘀 𝗼𝗻𝘀 𝗘𝗿𝗳𝗲𝗻𝗶𝘀?

Een van ons Voortrekkerkodes is dat ons trots is op ons taal, kultuur en erfenis en ons bevorder dit.

In die Voortrekkers leer ons nie net van ons geskiedenis en ons erfenis nie, maar ook hoe ons dit in vandag se tyd kan bewaar, daaruit leer en voortbou as moderne landsburgers.

Erfenis is nie net Voortrekkerkappies, ossewaens en oudhede nie - maar dis ook hoe ons vandag ons Christenskap uitleef, hoe ons praat, hoe ons leef, hoe ons pret het en hoe ons omsien na al die mooi van God se natuur om ons.

Ons is ligdraers wat teenwoordigers is van 'n Almagtige en Heilige Here.

Lees bietjie vandag oor wat is ons Erfenis, ons land se unieke biome (jy kry dit nêrens anders nie!), ons pragtige Protea wat so 'n groot simboliek is van hoe ons uithou en aanhou en nogsteeds mooi is!

Address

Elizabeth Street, Sinoville
Pretoria
0129

Opening Hours

17:00 - 18:00

Telephone

+27825653752

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Voor die Berg Voortrekkers - Publiek posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The Organization

Send a message to Voor die Berg Voortrekkers - Publiek:

Shortcuts

Share