Die Voortrekkers

Call Directions Website Contact the organization

Die Voortrekkers Die Voortrekkers is ‘n jeugorganisasie wat lede toerus om positiewe bydraes te lewer as landsburgers.

Die Voortrekkers is ’n kultuurbeweging wat die moderne Afrikaner, en veral sy jeug bemagtig om as positiewe burgers en konsekwente Christene suksesvol te wees in roeping tot diens.

Matrikulante, julle harde werk word nou gemeet!Elke uur agter die boeke, elke oefenvraestel en elke keer wat julle weer ...
13/10/2026

Matrikulante, julle harde werk word nou gemeet!

Elke uur agter die boeke, elke oefenvraestel en elke keer wat julle weer probeer het, was ’n merkie op die liniaal van voorbereiding. Nou lê die eindeksamen voor.

Maar onthou: ’n liniaal meet lengte en ’n eksamen toets kennis - geen punt kan jou volle waarde, karakter of potensiaal meet nie.

Die Voortrekkers wens elke matrikulant sterkte toe. Werk met aandag, lees elke vraag deeglik en pak een vraestel op ’n slag aan. Vertrou op julle voorbereiding en op die Here wat saam met julle die pad stap.

Hou koers - vraag vir vraag, tree vir tree.

Kontak ons gerus vir meer inligting oor Die Voortrekkers:
📧 [email protected]
📞 012 329 6011
📧 [email protected]





DIT IS WEER TYD VIR ONS JAARLIKSE GOM-PROJEK! Klein bydraes. Groot verskil. Baie omgee!Omgee is nie net iets waaroor ons...
12/10/2026

DIT IS WEER TYD VIR ONS JAARLIKSE GOM-PROJEK!

Klein bydraes. Groot verskil. Baie omgee!

Omgee is nie net iets waaroor ons praat nie – dis iets wat ons DOEN!

Met ons jaarlikse GOM-projek vier ons die omgeeharte van ons Voortrekkers en die verskil wat hulle in hul gemeenskappe maak.

Vandag deel ons die inspirerende verhaal van Suiderkruis Kommando, wat vanjaar hul harte én inkopiesakke oopgemaak het om ander te help!

🖍️ Skryfbehoeftes wat geleenthede skep!
Tydens die jaaropening en verjaarsdag is skryfbehoeftes ingesamel vir Laerskool Skuilkrans en Hoërskool Die Wilgers.

💛 Bederfies wat harte warm maak!
Met die liggieloop is daar in samewerking met Laerskool Die Krans bederfies vir verskeie ouetehuise ingesamel.

🥣 ’n Bottel vol omgee!
Tydens Inlywing is bestanddele vir sopbottels ingesamel en aan onder andere Laerskool Silverton, Laerskool Skuilkrans en Hannah’s Charity uitgedeel.

✏️ Fortuinsoekers met ’n doel!
Danksy die bydraes tydens Fortuinsoekers kon skryfbehoeftes ook by die Pioniersentrum afgelewer word.

Dít is waaroor GOM gaan! Om nood raak te sien, hande uit te steek en diensbaarheid in dade te omskep.

Dankie, Suiderkruis! Julle wys dat omgee nie net ’n woord is nie, maar ’n manier van leef.

En nou wil ons van ander kommando’s hoor! Watter GOM-projekte het julle aangepak? Deel julle stories en foto’s sodat ons saam die verskil wat Voortrekkers maak, kan vier!

Want wanneer Voortrekkers omgee, word ons ligdraers in die wêreld!

Kontak ons gerus vir meer inligting oor Die Voortrekkers:
📧 [email protected]
📞 012 329 6011
📧 [email protected]








TYD OM DIE KAMPGOED ’N BIETJIE WEG TE PAK…Die kettie, kompas, padkaart en kamptoerusting sal ongelukkig vir ’n rukkie mo...
06/10/2026

TYD OM DIE KAMPGOED ’N BIETJIE WEG TE PAK…

Die kettie, kompas, padkaart en kamptoerusting sal ongelukkig vir ’n rukkie moet plek maak vir boeke, penne en skooltasse.

Want ’n Voortrekker weet: avontuur is lekker, maar verantwoordelikheid neem beteken ook om jou beste te gee wanneer dit tyd is om te leer.

Aan al ons Penkoppe, Drawwertjies en Verkenners wat terug gaan skool toe: pak daardie boeke met dieselfde geesdrif waarmee jy jou kampsak pak. Wees nuuskierig. Werk hard. Help ander. En hou koers wanneer dinge moeilik raak.

Sterkte met die nuwe kwartaal!
Die kamp roep weer… maar vir eers roep die boeke harder.

Kontak ons gerus vir meer inligting oor Die Voortrekkers:
📧 [email protected]
📞 012 329 6011
📧 [email protected]




CQ HOU KOERS! | 95 JAAR OOR DIE LUGOp 17 Oktober 2026 is Die Voortrekkers weer op die lug – en dié keer gaan ons nie net...
02/10/2026

CQ HOU KOERS! | 95 JAAR OOR DIE LUG

Op 17 Oktober 2026 is Die Voortrekkers weer op die lug – en dié keer gaan ons nie net luister nie… ons gaan ook ’n beeld deur middel van radiogolwe ontvang!

🗓️ Datum: 17 Oktober 2026
⏰ Tyd: 09:00–12:00 (SAST)
📻 Frekwensies: 7.063–7.100 / 7.130–7.200 MHz

🔵 10:00 | Hoofleier se boodskap
Luister op 7.095 MHz.

🔴 10:15–10:30 | SSTV-UITSENDING
Die Voortrekkers se 95-jaar-logo word as ’n beeld per radio op 7.180 MHz uitgesaai – in SCOTTIE1-modus. Die beeld sal met tussenposes van ongeveer twee minute uitgesaai word.

VERKENNERS – BRING JULLE SELFONE!

Laai vooraf die Robot36-app vanaf die Play Store af. Julle uitdaging is om die radiosein met julle fone op te vang, dit te dekodeer en te kyk hoe die 95-jaar-logo op julle skerms verskyn.

Het julle die beeld suksesvol ontvang?

Deel dit op Facebook! Ons wil graag sien watter kommando’s regoor die land die 95-jaar-beeld kon ontvang.

📡 ZS95VTS
Indien enige kommando, oord of gebied Die Voortrekkers se spesiale 95-jaar-radioroepsein, ZS95VTS, op dié dag wil gebruik, kontak asseblief vir Gerhard.

📧 Navrae: Gerhard ZS6CRS – [email protected]

95 jaar later hou ons steeds koers – selfs oor die radiogolwe!

Kontak ons gerus vir meer inligting oor Die Voortrekkers:
📧 [email protected]
📞 012 329 6011
📧 [email protected]






30/09/2026

LEKKER VERJAAR, DIE VOORTREKKERS!

95 jaar jonk!

Vandag sê ons dit sommer op meer as een manier:

Gewone Afrikaans:
Lekker verjaar!

Morsekode:-.. . -.- -.- . .-. / ...- . .-. .--- .- .- .-.

Braille:
⠇⠑⠅⠅⠑⠗ ⠧⠑⠗⠚⠁⠁⠗

95 jaar se mense.
95 jaar se herinneringe.
95 jaar se leer, dien, lei en saamdoen.
95 jaar van lig wat van een geslag na die volgende aangegee word.

Vandag kyk ons met dankbaarheid terug na die pad sedert 1931 — maar ons kyk ook vorentoe.

Die volgende avontuur.
Die volgende kind wat ontdek: Ek kan. Ek behoort. Ek wil ’n verskil maak.

Aan elke Penkop, Drawwertjie, Verkenner, Staatmaker, offisier, ouer en oud-Voortrekker wat deel van hierdie 95 jaar was:

Lekker verjaar!

Mag ons steeds die lig ontvang.
Mag ons dit helder laat brand.
En mag ons dit aanhou aangee.

95 jaar van lig. En steeds op pad. Hou Koers!




Op 30 September vier ons 95 jaar van Die Voortrekkers. As hierdie tydperk kon praat, wat sou dit vir ons sê?Dalk sou dit...
29/09/2026

Op 30 September vier ons 95 jaar van Die Voortrekkers.

As hierdie tydperk kon praat, wat sou dit vir ons sê?

Dalk sou dit vertel van duisende kampvure.
Van tente wat in reën opgeslaan is.
Van voete wat moeg gestap is en hande wat geleer het om te doen.

Dit sou vertel van vriendskappe wat dekades gehou het.
Van kinders wat grootgeword en later self begin voorloop het.
Van mense wat hulle tyd, kennis en harte gegee het sodat ’n volgende geslag ook kon leer.

Maar dalk sou 95 jaar nie nét terugkyk nie.

Dalk sou dit vir ons vra:

“Wat gaan júlle met die volgende 95 jaar doen?”

Môre vier Die Voortrekkers 95 jaar.

Die geskiedenis is geskryf. Die volgende hoofstuk begin nou.

Kontak ons gerus vir meer inligting oor Die Voortrekkers:

📧 [email protected]
📞 012 329 6011
📧 [email protected]




Op 30 September vier ons 95 jaar van Die Voortrekkers. Die wêreld het verander. Ons ook.Die tente lyk anders. Die toerus...
28/09/2026

Op 30 September vier ons 95 jaar van Die Voortrekkers.

Die wêreld het verander. Ons ook.

Die tente lyk anders. Die toerusting het verander. Ons kommunikeer anders en vandag pas ’n hele wêreld in jou selfoon.

Maar sommige dinge behoort nooit uit die mode te raak nie:
om jou woord te hou, om ander te dien, om vaardig te wees, om saam te werk en om koers te kan hou wanneer die pad moeilik raak.

Kontak ons gerus vir meer inligting oor Die Voortrekkers:
📧 [email protected]
📞 012 329 6011
📧 [email protected]




Baie geluk met u verjaarsdag, ds. Jan du Plessis! Die Voortrekkers wens ons beskermheer ’n geseënde nuwe lewensjaar toe....
27/09/2026

Baie geluk met u verjaarsdag, ds. Jan du Plessis!

Die Voortrekkers wens ons beskermheer ’n geseënde nuwe lewensjaar toe. Mag u steeds ’n ligdraer vir vele wees.

Op 30 September vier ons 95 jaar van Die Voortrekkers. Wat sou ons verloor as Die Voortrekkers môre nie meer daar was ni...
27/09/2026

Op 30 September vier ons 95 jaar van Die Voortrekkers.

Wat sou ons verloor as Die Voortrekkers môre nie meer daar was nie?

Nie net kentekens en kampe nie.
Nie net kampvure, knope en staproetes nie.

Ons sou ’n plek verloor waar ’n kind leer: Ek kan.

Waar iemand wat stil is, ontdek dat hy ook kan leiding neem.
Waar ’n vreemdeling ’n spanmaat en later ’n vriend word.
Waar kinders leer om planne te maak, verantwoordelikheid te neem, ander te dien en weer op te staan wanneer iets nie die eerste keer werk nie.

’n Plek waar vaardighede, taal, geloof, diensbaarheid, avontuur en saamwees deel word van grootword.

Vir 95 jaar gaan Die Voortrekkers daarom oor veel meer as wat ons doen.
Dit gaan oor wat ons in mense bou.

As ons net één ding van Die Voortrekkers vir die volgende 95 jaar kon bewaar, wat sou jy kies?

Kontak ons gerus vir meer inligting oor Die Voortrekkers:
📧 [email protected]
📞 012 329 6011
📧 [email protected]




Op 30 September vier ons 95 jaar van Die Voortrekkers. VANDAG IN ONS GESKIEDENIS | 26 SEPTEMBER 1914Die Slag van Sandfon...
26/09/2026

Op 30 September vier ons 95 jaar van Die Voortrekkers.

VANDAG IN ONS GESKIEDENIS | 26 SEPTEMBER 1914

Die Slag van Sandfontein

Op 26 September 1914, kort ná die uitbreek van die Eerste Wêreldoorlog, het Unie-magte van Suid-Afrika en Duitse magte by Sandfontein in die destydse Duits-Suidwes-Afrika – vandag Namibië – slaags geraak.

Sandfontein was strategies belangrik, veral omdat water in dié dorre gebied van deurslaggewende belang was. Die Suid-Afrikaanse mag is omsingel en ná ure se gevegte gedwing om oor te gee. Die slag het in ’n Duitse oorwinning geëindig.

Die Slag van Sandfontein was een van die vroeë botsings van die Suidwes-Afrika-veldtog en deel van Suid-Afrika se betrokkenheid by die Eerste Wêreldoorlog.

Geskiedenis herinner ons dat die wêreld waarin ons vandag leef, gevorm is deur mense, keuses en gebeure wat lank voor ons gekom het.

Kontak ons gerus vir meer inligting oor Die Voortrekkers:
📧 [email protected]
📞 012 329 6011
📧 [email protected]




Address

Die Voortrekkermonument, Eeufeesweg
Pretoria
0181

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Die Voortrekkers posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The Organization

Send a message to Die Voortrekkers:

Shortcuts

Share