13/10/2026
🤍 ’N GEBED VIR ONS MATRIEKS 🤍
Hemelse Vader,
Ons dra ons matriekleerders aan U op terwyl hulle vir hul eindeksamen voorberei. Dankie vir elkeen se unieke gawes, drome en talente.
Gee hulle wysheid om te verstaan, krag om te volhard en vrede wanneer spanning hulle oorweldig. Help hulle om te onthou wat hulle geleer het en om elke vraestel met kalmte en selfvertroue aan te pak.
Seën ook hul ouers, onderwysers en Voortrekkervriende met geduld en wysheid om hulle te ondersteun.
Herinner ons jongmense dat hul waarde groter is as hul punte en dat U saam met hulle stap, ongeag wat die uitslag mag wees.
Mag hulle met geloof, moed en deursettingsvermoë vorentoe gaan, met die wete dat hul toekoms veilig in U hande is.
Here, help hulle om koers te hou en op U te vertrou.
In Jesus se Naam.
Amen. 🤍💙❤️
Rietvallei Voortrekkers
Hou Koers!