Solidariteit Helpende Hand Pretoria Streek

Directions Website Contact the organization

Solidariteit Helpende Hand Pretoria Streek Welkom by Solidariteit Helpende Hand se amptelike Facebook-blad. pretoriahand.co.za Die veiligheid van ons verbruikers is van kardinale belang. Beskerm jouself.
(1)

Helpende Hand is ʼn niewinsgewende organisasie wat fokus op die opheffing van gemeenskappe deur maatskaplik-gebaseerde gemeenskapsontwikkeling. SOLIDARITEIT HELPENDE HAND: HUISREËLS VIR FACEBOOK-BLAD
Welkom by Solidariteit Helpende Hand se amptelike Facebook-blad. Helpende Hand is ʼn niewinsgewende organisasie wat fokus op die opheffing van gemeenskappe deur maatskaplik-gebaseerde gemeenskapsontwikkeling vir die volgende kwesbare groepe:
• Kinders
• Gesinne
• Persone met gestremdhede
• Ouer persone
Dít realiseer deur ’n verskeidenheid van projekte en programme wat in die onderskeie streke van stapel gestuur word. Ons waardes is in lyn met Facebook se gemeenskapswaardes Jy is welkom om jou opinie te lug, maar indien jy kru taal, rassistiese uitlatings of enige onvanpaste kommentaar lewer wat teen ons en Facebook se gemeenskapswaardes is, sal jy van die blad verban word. Solidariteit Helpende Hand se gemeenskapswaardes is soos volg:
1) Privaatheid en persoonlike veiligheid: ons ag die privaatheid van ons verbruikers, veral van begunstigdes, hoog. Geen inligting van enige persoon wat hulp versoek, sal aan die publiek bekend gemaak word nie. Dit sluit die identiteit en besonderhede oor alle aansoeke/versoeke via digitale media in. Geen boeliegedrag, teistering, intimidering of pespos sal geduld word nie. Wees versigtig oor watter persoonlike inligting jy aanlyn deel. Gevolglik word geen hulpversoeke op kommentaar in plasings of via ʼn derdepartyboodskap op ons blad toegelaat nie.

2) Verantwoordelike en etiese optrede: daar mag onder geen omstandighede enige wanvoorstelling van enige instansie of persoon gemaak word nie. Alle kommentaar moet volgens die visie en missie van Helpende Hand wees.

3) Eer verskille en toon respek vir ander se menings: toon begrip vir ander se demografie, kultuur, geslag, ras, kleur, geloof, godsdiens, etnisiteit, seksuele oriëntasie, geslagsidentiteit, nasionale oorsprong, burgerskap, ongeskiktheid of huwelikstatus.

4) Kommentaar/inhoud oor die volgende onderwerpe is streng verbode:
- Haatspraak teenoor enige instansie of individu
- Negatiewe kommentaar teenoor ander werknemers of teenoor Helpende Hand
- Aanhitsing tot geweld
- Rassisme
- Seksisme
- Laster
- Kru taalgebruik
- Ander aanstootlike inhoud
- Pornografiese materiaal of kommentaar
- Strooipos of bemarking van jou produk of diens

5) Beskerm ons kinders: Geen foto’s van kinders mag deur derdepartye in Solidariteit Helpende Hand se kommentaarafdeling geplaas, of via ’n persoonlike boodskap aan ons versprei word nie. Solidariteit Helpende Hand vervul nié die volgende funksies nie:
Statutêre maatskaplike dienste:
Helpende Hand beskik nie oor die mandaat om enige vorm van statutêre maatskaplike diens te kan lewer nie, naamlik die beveiliging van kinders en enige ander optrede kragtens die Kinderwet (No. 38 van 2005). Die Afdeling Maatskaplikewerkdienste is egter bevoeg om raad en leiding oor die verskillende statutêre prosesse kragtens die bogenoemde wet te verskaf en persone na geregistreerde kinderbeskermingsorganisasies te verwys. Finansiële bystand:
Helpende Hand is ʼn niewinsgewende organisasie en kan dus nie finansiële bystand bied nie. Dit sluit onder andere die volgende uitgawes in:
 Verbands- of huuronkostes
 Elektrisiteitsrekeninge
 Herstelkostes aan wonings
 Trek- of reisonkostes
 Finansiële ondersteuning in terme van mediese aangeleenthede
 Begrafnisdienste
 Borgskappe
Behuising:
Helpende Hand beskik nie oor enige behuising nie. Die maatskaplike werker kan egter, waar moontlik, kontakbesonderhede van skuilings en ander hulpbronne voorsien, maar dit is die persoon se eie verantwoordelikheid om die betrokke hulpbronne te kontak.

’n Dag vol pret, lag en sommer lekker gees!Op Vrydag 9 Oktober het Helpende Hand se groter Pretoria-streke, saam met Blo...
12/10/2026

’n Dag vol pret, lag en sommer lekker gees!

Op Vrydag 9 Oktober het Helpende Hand se groter Pretoria-streke, saam met Blommefonds, Jakaranda Park en Afbob, ’n heerlike bejaarde boeresportdag aangebied.

Die bejaardes het aan verskeie prettige aktiwiteite deelgeneem, waaronder eierloop, perdehoefgooi, boontjiesakkiegooi en bokdrolspoeg!

Die dag was gevul met hope lag, vrolikheid en goeie gees. Dit was wonderlik om te sien hoe almal die dag geniet en saam herinneringe maak! ❤️

ALLES IS GENADE"... die evangelie waarvan ek 'n dienaar geword het, volgens die genadegawe wat deur God aan my gegee is....
11/10/2026

ALLES IS GENADE
"... die evangelie waarvan ek 'n dienaar geword het, volgens die genadegawe wat deur God aan my gegee is." (Efesiërs 3:7) [AFR53]
Paulus vertel ons hier dat hy sy werk doen onder heidene wat mede-erfgename van die liggaam van Christus is. Hy doen dit as 'n dienaar volgens die gawe van God wat aan hom gegee is. Ons fokus nie nou op Paulus se roeping of op sy werk as apostel onder die heidene nie, maar op die feit dat hy dit was omdat dit die genadegawe is wat God aan hom geskenk het. Hy praat van genade en noem dit in al sy geskrifte nog boonop 'n gawe. Alles is genade. Dit is nie uit verdienste wat 'n mens iets verkry nie. Wat ons is, is uit genade; wat ons besit, is 'n gawe van God.
Maar roei so 'n leer nie alle edelmoedigheid in die mens uit nie? Sal dit nie tot selfveragting lei as ons ons aan 'n parasiet gelykstel nie? Dit sou die geval wees as ons met ons gelyke te doen het. Maar nou het ons te doen met die Here onse God! Uit God en deur Hom en tot Hom is alle dinge. Hy is die Almagtige, die Ewige, die Skepper van alles. Dit spreek vanself dat ons alles van Hom ontvang. Dit is, om 'n beeld te gebruik, soos met die lug waarin ons lewe. Wie dink ooit dat hy 'n parasiet is as hy elke oomblik die lug van die lewe verniet inasem?
God roep ons tot 'n werksame lewe. Ons moet sy wil doen. Maar as ons dit gedoen het en kan praat oor wat ons reggekry het, dan sê ons steeds: Dit is God wat in ons werksaam was om te wil sowel as om te werk.

“Neem uit die verlede alles wat goed en edel is, en bou daarop die toekoms” – Paul Kruger
10/10/2026

“Neem uit die verlede alles wat goed en edel is, en bou daarop die toekoms” – Paul Kruger

'n Unieke waardeaanbod van Solidariteit Helpende Hand is strukture wat gemeenskappe ontwikkel om welstand te bevorder. S...
08/10/2026

'n Unieke waardeaanbod van Solidariteit Helpende Hand is strukture wat gemeenskappe ontwikkel om welstand te bevorder. Solidariteit Helpende Hand Ons Plek en Ons Sentrum fokus op gehalteonderrig in Afrikaans en die versorging van kinders vanuit alle ekonomiese agtergronde om hulle in staat te stel om hul volle potensiaal te bereik.
Vind hier meer uit oor Ons Plekke en Sentrum: https://helpendehand.co.za/sentrums/

Leer, groei en lekker saamkuier!Ons Solidariteit Helpende Hand Wonderboomtak het onlangs ’n twee-dag werkswinkel vir Gr....
05/10/2026

Leer, groei en lekker saamkuier!

Ons Solidariteit Helpende Hand Wonderboomtak het onlangs ’n twee-dag werkswinkel vir Gr. 7-seuns aangebied.

Die seuns het waardevolle praktiese vaardighede aangeleer – van hoe om ’n das te knoop ter voorbereiding vir hoërskool, tot hoe om ’n fiets se wiel reg te maak en die basiese beginsels van elektrisiteit.

Tussendeur was daar natuurlik ook tyd vir lekker swem, speel en sommer net om nuwe vriendskappe te bou!

’n Paar dae vol vaardighede, groei, selfvertroue en hope pret!

Onsekerheid"Maar hy wat gesond geword het, het nie geweet wie dit was nie." (Јohannes. 5:13) [AFR53]Daar is mense wat du...
04/10/2026

Onsekerheid
"Maar hy wat gesond geword het, het nie geweet wie dit was nie." (Јohannes. 5:13) [AFR53]
Daar is mense wat duidelik weet wat in hulle geestelike lewe plaasgevind het. Hulle weet wie hulle Verlosser is. Hulle weet wat Hy vir hulle gedoen het. Maar dan is daar weer ander mense wat nie weet wie Hy is nie, wat dit nie waag om te sê dat hulle deur die Here Jesus verlos is nie. Hulle ken Jesus nie as hulle Redder nie.En tog moet ons tot die oortuiging kom dat mense aan die Here Jesus Christus behoort as ons hoor wat hulle van hul innerlike lewe vertel – selfs al is dit vir hulself nie duidelik nie. Dat hulle nie verstaan wat hulle geestelike toestand is nie, is ongelukkig. Die onsekerheid waarin hulle verkeer, staan in die weg van die rus en vrede wat hulle behoort te besit; en hulle het hulp en leiding nodig.
Terwyl dit so met hulle gesteld is, rus daar op ons wat tot sekerheid gekom het, die verpligting om dié siele tot hulp te kom. Ons moet vir hulle doen wat Aquila en Priscilla vir Apollos gedoen het. Ons moet vir die onsekeres die weg van God noukeuriger uitlê (Handelinge 18:26).
Is daar iemand wat hierdie woorde lees wat in die Here Jesus Christus glo as sy Verlosser, wat glo dat Jesus vir sy sonde gesterwe het, maar wat dit tog nie regkry om te sê "Jesus is ook my Verlosser" nie? Dan sê ons vir dié mens: Werp jou deur die geloof in die arms van die Heiland. Waag dit in die geloof om te sê: Christus is die versoening vir die sondes van die hele wêreld (1 Johannes 2: 2) en ook vir my sondes. Ek weet wie Hy is my Verlosser!

🍊 ’𝗻 𝗩𝗥𝗨𝗚𝗕𝗔𝗥𝗘 𝗦𝗞𝗘𝗡𝗞𝗜𝗡𝗚 🍊’n Ongelooflike 32 ton vars lemoene is aan Helpende Hand geskenk en kon daarna deur ons gemeensk...
30/09/2026

🍊 ’𝗻 𝗩𝗥𝗨𝗚𝗕𝗔𝗥𝗘 𝗦𝗞𝗘𝗡𝗞𝗜𝗡𝗚 🍊

’n Ongelooflike 32 ton vars lemoene is aan Helpende Hand geskenk en kon daarna deur ons gemeenskapsnetwerk versprei word aan mense en organisasies wat dit nodig het.

Baie dankie aan 𝑩𝑱 𝑩𝒍𝒚𝒅𝒆, 𝑫𝑲𝑰 𝑮𝒍𝒐𝒃𝒂𝒍 & 𝑫𝑲𝑰 𝑭𝒓𝒖𝒊𝒕 𝑴𝒂𝒓𝒌𝒆𝒕𝒊𝒏𝒈 wat hierdie ruimhartige skenking moontlik gemaak het. Julle het gehelp om nie net lemoene nie, maar ook vreugde en omgee in ons gemeenskappe te versprei.

’n Spesiale dankie aan elke hand wat gehelp het met die aflaai en verspreiding van die lemoene. Elke persoon wat ingespring het, het ’n belangrike rol gespeel om hierdie groot skenking tot by die gemeenskap te bring.

Wanneer ons saam hande vat, kan ons soveel meer doen. 🍊

Vry. Veilig. Voorspoedig.Die uitkoms moet 'n toekoms wees!Saam is ons streke, takke en maatskaplike werkers landswyd ste...
29/09/2026

Vry. Veilig. Voorspoedig.

Die uitkoms moet 'n toekoms wees!

Saam is ons streke, takke en maatskaplike werkers landswyd sterker.

Ondersteun ons hier: https://helpendehand.co.za/streke/

Address

218 Danie Theron
Pretoria
0182

Opening Hours

Monday 08:00 - 16:30
Tuesday 08:00 - 16:30
Wednesday 08:00 - 16:30
Thursday 08:00 - 16:30
Friday 08:00 - 15:00

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Solidariteit Helpende Hand Pretoria Streek posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The Organization

Send a message to Solidariteit Helpende Hand Pretoria Streek:

Shortcuts

Share