Skoppensboer

Skoppensboer Gewis is alles net 'n grap! Ons speel in die komedie mee geblinddoek met 'n lampfer-lap wat selfs di IV
L'Envoi
Gewis is alles net 'n grap! Wat treur ons tog?

Skoppensboer

I
'n Druppel gal is in die soetste wyn;
'n traan is op elk' vrolik' snaar,
in elke lag 'n sug van pyn,
in elke roos 'n dowwe blaar. Die een wat deur die nag
ons pret beloer
en laaste lag
is Skoppensboer. II
Gewis en seker is die woord:
die skatte wat ons opvergaar,
ondanks die sterkste slot en koord
word net vir mot en roes bewaar. Net pagters ons
van stof en dons
om oor te voer
aan

Skoppensboer. III
Die heerlikheid van vlees en bloed;
die hare wat die sonlig vang
en weergee in 'n goue gloed:
die dagbreek op elk' sagte wang
en oge vol van sterreprag
is weerloos teen sy groter mag. Alreeds begint die rimpel sny;
oor alles hou die wurm wag
en stof en as is al wat bly:

Want swart en droef,
die hoogste troef
oor al wat roer,
is Skoppensboer. Ons speel in die komedie mee
geblinddoek met 'n lamfer-lap
wat selfs die son 'n skadu gee. Viool en fluit maak nog geluid:
en lank die nag wat voorlê nog. Al kan ons nooit volmaaktheid raak,
nog blink die oog en gloei die huid
wat heel die winter blomtyd maak. Dus onverlee
lag ons maar mee
met elke toer
van Skoppensboer!

- Eugene Nielen Marais
(°Pretoria 1871, †Pelindaba 1936)

Address

Proes Straat
Pretoria
46664

Website

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Skoppensboer posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Share