30/07/2026
Baie, baie geluk, Gabie en Annemie! 🎉🥳
Baie geluk met julle welverdiende President Verkenner-toekenning.
Jare se harde werk, toewyding en deursettingsvermoë – spesialisasies, kampe, uitreike, studies, leierskapkampe en onderhoude – het uiteindelik vrugte afgewerp.
Ons is ongelooflik trots op julle tweetjies. Julle het bewys dat julle ware Voortrekkers is en die Voortrekkerwaardes met trots uitleef.
Welgedaan – hierdie prestasie is meer as verdiend! 🇿🇦👏