Call Directions Website Contact the organization

Saai Suider-Afrika Agri Inisiatief (Saai) is ’n landboubelangenetwerk. Southern African Agri Initiative

GENOEG IS GENOEG. PRIVATISEER OBP.Suid-Afrika se veeboere kan nie langer die prys betaal vir ’n staatsinstelling wat vol...
08/09/2026

GENOEG IS GENOEG. PRIVATISEER OBP.

Suid-Afrika se veeboere kan nie langer die prys betaal vir ’n staatsinstelling wat volgens Saai nie meer daarin slaag om die bedryf se kritieke entstofbehoeftes te dien nie.

Jare se entstoftekorte, ernstige vrae oor OBP se bestuur en prestasie, die bek-en-klouseerkrisis en nou ’n ondersoek na beweerde prysmanipulasie laat een dringende vraag:

Waarom moet OBP steeds in staatsbesit bly?

Saai doen ’n beroep op die Regering van Nasionale Eenheid om OBP te privatiseer en groter privaatsektordeelname aan die vervaardiging en voorsiening van noodsaaklike entstowwe moontlik te maak.

Lees Saai se volledige standpunt en waarom ons sê die tyd vir privatisering het aangebreek:

BOERE BETAAL REEDS DIE PRYS. NOU MOET DIE WAARHEID UITKOM.Saai verwelkom die dissiplinêre optrede teen die OBP-hoof en d...
08/09/2026

BOERE BETAAL REEDS DIE PRYS. NOU MOET DIE WAARHEID UITKOM.

Saai verwelkom die dissiplinêre optrede teen die OBP-hoof en die ondersoek na beweerde ongerymdhede rondom bek-en-klouseer-entstofpryse.

Vir maande bestaan daar ernstige vrae oor entstofpryse, staatsbeheer en die koste wat uiteindelik deur boere gedra word. Nou verdien die veebedryf antwoorde.

Lees Saai se volledige verklaring:

Saai verwelkom die streng dissiplinêre optrede teen Jacob Madumo, uitvoerende hoof van Onderstepoort Biologiese Produkte (OBP), asook die gepaardgaande ondersoek na die beweerde manipulering van die pryse van bek-en-klouseer-entstowwe.

07/09/2026

Optrede was lankal nodig.

Saai verwelkom die skorsing van OBP se uitvoerende hoof. In die stryd teen bek-en-klouseer kan boere nie die prys betaal vir wanbestuur en buitensporige entstofpryse nie.

Nou moet daar antwoorde én daadwerklike oplossings kom.

Wat is werklik aan die gang by Hartbeespoortdam?Berigte oor die verslegtende toestand van Hartbeespoortdam wek ernstige ...
26/08/2026

Wat is werklik aan die gang by Hartbeespoortdam?

Berigte oor die verslegtende toestand van Hartbeespoortdam wek ernstige kommer oor watergehalte en die moontlike risiko’s vir boere, landelike gemeenskappe en stroomaf watergebruikers.

Saai vra vir dringende, onafhanklike verifiëring en deursigtige antwoorde oor die watergehalte, bronne van besoedeling en wat gedoen word om enige bevestigde agteruitgang aan te spreek.

“Boere en ander geraakte watergebruikers is geregtig op tydige en akkurate inligting oor die gehalte en veiligheid van die waterbronne waarvan hulle afhanklik is.” – Dr. Theo de Jager

👉 Lees Saai se volledige mediaverklaring hier:

Saai doen ’n beroep op ’n dringende en deursigtige ondersoek na die berigte oor die verslegtende toestand van Hartbeespoortdam en die moontlike risiko’s wat dit vir stroomaf gemeenskappe, watergebruikers en landbou-aktiwiteite inhou.

LANDELIKE VEILIGHEID BEGIN BY SAMEWERKINGOp 18 Augustus 2026 het rolspelers uit landbou, gemeenskapsveiligheid en wetsto...
26/08/2026

LANDELIKE VEILIGHEID BEGIN BY SAMEWERKING

Op 18 Augustus 2026 het rolspelers uit landbou, gemeenskapsveiligheid en wetstoepassing tydens die Delmas Veiligheidsdag saamgekom om een van die grootste uitdagings in ons landelike gebiede te bespreek: hoe beskerm ons ons boere, plaaswerkers, gesinne en gemeenskappe beter?

Verskeie sprekers het waardevolle perspektiewe gedeel oor die groter legkaart van landelike veiligheid, waaronder ’n boodskap van Willie Aucamp, Minister van Landbou, asook bydraes deur dr. Theo de Jager van Saai, lede van AfriForum en die SAPD.

Kyk hier na die Delmas Veiligheidsdag en die belangrike gesprekke wat daar gevoer is,

Verskeie sprekers, onder andere, 'n boodskap van Agbare Wlliie Auca...

20/08/2026

Agri NW is trots op ons betrokkenheid by Manna vir die Boere se pogings om hulp te verleen op die verskeie plekke waar daar groot nood is.

Ons wil baie dankie sê vir die skenkers van voedsel en voer. Ons is ook baie dankbaar vir die getroue skenkers wat dit vir ons moontlik maak om die vervoer te help betaal.

Ons het dringend nog hulp nodig. Sien asseblief die bankbesonderhede hier onder.

Caring Daisies AfriForum TLU SA We Are South Africans

Saai wens die vroue op plase vandag n spesiale dag toe!Ons salueer die vroueboere, waarmee Suid-Afrika met bo-gemiddelde...
09/08/2026

Saai wens die vroue op plase vandag n spesiale dag toe!

Ons salueer die vroueboere, waarmee Suid-Afrika met bo-gemiddelde getalle en bekwaamheid geseën is. Mag julle boerderye gedy!

Seënwense en opregte dank aan vroue wat werk op plase, en uit wie se hande die nasie elke dag gevoed word.

En ons waardeer opnuut die vroue van boere, die ma's wat families op plase veranker, versorg en aan die gang hou. Julle is die ware helde in lamdbou!

Saai se uitvoerende hoof, Francois Rossouw, neem môre deel aan ’n belangrike gesprek oor die bek-en-klouseerkrisis en di...
06/08/2026

Saai se uitvoerende hoof, Francois Rossouw, neem môre deel aan ’n belangrike gesprek oor die bek-en-klouseerkrisis en die pad vorentoe vir Suid-Afrikaanse landbou.

Die uitbreking het produsente, die rooivleisbedryf en die breër ekonomie duur te staan gekom. Nou, met ’n nuwe Minister van Landbou aan die stuur, is dit tyd om eerlik terug te kyk én prakties vorentoe te beplan.

📍 Onderwerpe sluit in:
• Wat het die bek-en-klouseerkrisis ons geleer?
• Hoe verminder ons onnodige staatsinmenging?
• Hoe skep ons groter sekerheid vir familieboere?

Sluit môre regstreeks by die gesprek aan met Francois Wilken (VLU), Francois Rossouw (Saai), Minister Willie Aucamp en James Kemp.

🎥 Kyk hier: https://www.youtube.com/live/jB8doS0A3Fs

KragDag

01/08/2026

He announced that Dr Theo de Jager, chairperson of Saai, and veterinarian Dr Danie Odendaal would join his FMD advisory committees. Aucamp added that vaccine manufacturers would also be invited to participate in some meetings to strengthen collaboration between government, scientists, industry and the private sector.

https://www.farmersweekly.co.za/agri-news/south-africa/aucamp-expands-fmd-advisory-structures-to-include-more-industry-representatives/?utm_source=network&utm_medium=social&utm_campaign=easy_social_share_buttons

Address

Saai, Winkel 21, Greenlyn Village Center, Thomas Edison Street
Pretoria
0081

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Saai posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The Organization

Send a message to Saai:

Shortcuts

Share