Rapport Onderwys Fonds - ROF

Call Directions Website

Rapport Onderwys Fonds - ROF ROF is 'n nie-winsgewende onafhanklike organisasie wat Afrikaanssprekende onderwysstudente ondersteun deur middel van lenings.

Wiskunde gaan oor soveel meer as net die regte antwoord.Dit leer ons om logies te dink, uitdagings stap vir stap aan te ...
09/10/2026

Wiskunde gaan oor soveel meer as net die regte antwoord.

Dit leer ons om logies te dink, uitdagings stap vir stap aan te pak en aan te hou totdat ons ’n oplossing vind.

Sukkel jy met ’n som? Breek dit op, probeer weer en onthou: elke probleem het ’n oplossing!

Ons praat baie oor ROF — maar dalk volg jy ons meer onlangs.Kortliks: ons doel is om meer goed opgeleide onderwysers in ...
08/10/2026

Ons praat baie oor ROF — maar dalk volg jy ons meer onlangs.

Kortliks: ons doel is om meer goed opgeleide onderwysers in ons klaskamers te kry deur studente finansieel met hul studies te help.

Want as ons ons land wil verbeter, moet ons by onderwys begin.

Dis weer   ! “Suutjies” — ’n woord wat waarskynlik nie baie gereeld op ’n skool se speelgrond toegepas kan word nie. Het...
07/10/2026

Dis weer !

“Suutjies” — ’n woord wat waarskynlik nie baie gereeld op ’n skool se speelgrond toegepas kan word nie.

Het jy hierdie een geken?

Daardie vier woorde wat elke onderwyser ken:“Juffrou, ek is klaar.” ’n Klein boks met ekstra aktiwiteite kan vinnige wer...
06/10/2026

Daardie vier woorde wat elke onderwyser ken:

“Juffrou, ek is klaar.”

’n Klein boks met ekstra aktiwiteite kan vinnige werkers besig hou sonder dat jy elke keer iets nuuts hoef uit te dink.

Gelukkige Wêreldonderwysersdag!Vandag vier ons die mense wat veel meer doen as net onderrig. Onderwysers moedig aan, ins...
05/10/2026

Gelukkige Wêreldonderwysersdag!

Vandag vier ons die mense wat veel meer doen as net onderrig.

Onderwysers moedig aan, inspireer, luister, lei en help elke dag om jongmense se toekoms te vorm.

By ROF glo ons in die waarde van goeie onderwysers en daarom is dit vir ons ’n voorreg om toekomstige onderwysers op hul pad na die klaskamer te ondersteun.

Aan elke onderwyser én toekomstige onderwyser: dankie vir die verskil wat julle maak.

Elke taak, elke laat aand en elke uitdaging is deel van die pad. Hou aan leer, hou aan groei en onthou waarom jy begin h...
05/10/2026

Elke taak, elke laat aand en elke uitdaging is deel van die pad.

Hou aan leer, hou aan groei en onthou waarom jy begin het. Die klaskamer wag vir jou.

ROF is by elke Afrikaanse geleentheid. Die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns doen fantastiese werk en ROF i...
02/10/2026

ROF is by elke Afrikaanse geleentheid.

Die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns doen fantastiese werk en ROF is trots om deel te wees van hierdie g***s geleentheid!

Daar is ’n paar dinge wat jy in elke onderwyser se lessenaar sal kry… en dan is daar natuurlik die paar dinge waarsonder...
02/10/2026

Daar is ’n paar dinge wat jy in elke onderwyser se lessenaar sal kry… en dan is daar natuurlik die paar dinge waarsonder hulle eenvoudig nie kan klaarkom nie.

Elke onderwyser het mos sy/haar eie lessenaar-essentials!

Address

Pretoria

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Rapport Onderwys Fonds - ROF posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Share