Afrikaans 100

Afrikaans  100 Afrikaans het eeueoue tradisies. Afrikaans dateer uit die 1500’s met gesproke Khoi-Afrikaans.
(1)

In die 1800's is Afrikaanse godsdiensonderrig met Arabiese letters geskryf. Vier saam met ons Afrikaans se eeufees as amptelike taal op 8 Mei 2025. Op 8 Mei 2025 vier Afrikaans sy honderdjarige bestaan as amptelike taal. ’n Wye en verteenwoordigende groep Afrikaanse organisasies, onder leiding van die Afrikaanse Taalraad (ATR) en Afrikaanse Taalmuseum en -monument (ATM), stuur ’n veldtog van stape

l om dit te vier. Dit is ’n gekoördineerde poging wat talle feeste op alle vlakke van die samelewing deur die hele land gaan hou, met ‘n nasionale geleentheid op 8 Mei 2025 by die ATM in die Paarl.

MUURSKILDERY LAAT AFRIKAANS AMPTELIK 100 VOORTLEEFHoewel die Afrikaans Amptelik 100-veldtog formeel afgesluit is, leef e...
27/02/2026

MUURSKILDERY LAAT AFRIKAANS AMPTELIK 100 VOORTLEEF

Hoewel die Afrikaans Amptelik 100-veldtog formeel afgesluit is, leef een projek op besonderse wyse voort: die muurskildery wat op 8 Mei 2025 op luisterryke wyse in die Bo-Kaap onthul is.

Benewens ʼn koorwerk, ʼn kinderboek en talle ander projekte wat van stapel gestuur is as nalatenskap van Afrikaans se 100 jaar as amptelike taal, was die muurskildery in die Bo-Kaap een van die prominentste.
Die muurskildery is deur Daily Maverick uitgewys as een van die planeet se mees inspirerende werke in Mei 2025.

“Ons wou nie net die taal vier en jolyt hou nie, ons het hard daaraan gewerk om seker te maak daar bly iets agter ná 8 Mei 2025. Ons wou iets agterlaat wat vir mense meer vertel oor die totale ontstaansgeskiedenis van Afrikaans”, aldus Giep van Zyl, nasionale koördineerder van die Afrikaans Amptelik 100-veldtog.
“Dit is ’n plek van ontmoeting, van uitruil, en van gedeelde geskiedenis, iets wat die kunswerk visueel en simbolies tot uiting bring,” sê René Arendse, nasionale adjunkkoördineerder van die Afrikaans 100-veldtog.

Die muurskildery is ’n kragtige visuele huldeblyk aan die geskiedenis van Afrikaans getiteld Afrikaans se Komvandaan, en is in die hart van die Bo-Kaap op die buitemuur van ʼn huis van een van die inwoners aangebring. Hierdie kunswerk is die resultaat van ’n samewerking tussen die visuele kunstenaar Wisaal Abrahams en die bekroonde straatkunstenaar Nadia Fisher (Nardstar), en is in opdrag van Afrikaans Amptelik 100 uitgevoer.
Die muurskildery maak gebruik van dimensie en driedimensionele raamwerk, met die ikosaëder, ’n ikoniese platoniese vorm en wiskundige simbool vir water, as sentrale beeld. Hierdie keuse is betekenisvol: water simboliseer nie net lewe nie, maar ook die verbindings tussen mense, tale en kontinente. Dit is juis deur water, en oor oseane heen, dat Afrikaans as ’n kreoolse taal ontstaan het, gevorm deur die ontmoetings van inheemse gemeenskappe, Europeërs en slawe uit Afrika en die Ooste.

Die ikosaëder raam simbolies hierdie hande deur tyd, en verbind dit met die diverse groep mense wat aan die onstuimige begin van Afrikaans se geskiedenis teenwoordig was.

Die muurskildery herinner ook daaraan dat die eerste opgetekende vorm van Afrikaans in Arabies geskryf is, en herbevestig die Bo-Kaap se rol as bakermat van die Afrikaanse taal. Dit kan op die hoek van Waal- en Pentzstraat, in die Bo-Kaap gesien word.

Afrikaans Amptelik 100 stel nou die muurskildery as ’n gratis aflaaibare PDF-dokument beskikbaar vir belangstellendes. Onderwysers kan dit in die klaskamer gebruik en sodoende gesprekke rondom ons taal se komvandaan stimuleer.
Só word die kunswerk nie net ʼn visuele baken in die Bo-Kaap nie, maar ook ʼn hulpmiddel vir gesprek en bewusmaking landswyd.
Kry die gratis PDF-ontwerp hier:
https://drive.google.com/drive/folders/1ZIwzR7XMskoY1dEJsh8hHq5QawW5fOC_?usp=sharing

23/02/2026

“Afrikaans se sprekers is veerkragtig, vindingryk en vreesloos” - Dr. Theuns Eloff

Afrikaans Amptelik 100 - Die dokumentêr gaan een vir die boeke wees! 💯🎉

Skakel in 🙌🏼🎉🎊
20/02/2026

Skakel in 🙌🏼🎉🎊

Afrikaans 100: En nou vir die volgende 100 jaar  Ta. Trammakassie. Shoekran. Dankie, dankie, dankie. ’n Duisend maal dan...
20/02/2026

Afrikaans 100: En nou vir die volgende 100 jaar

Ta. Trammakassie. Shoekran. Dankie, dankie, dankie. ’n Duisend maal dankie.

Toe daar in 2024 aangekondig is dat Afrikaans se eeufees as amptelike taal gevier gaan word, kon niemand voorsien wat hierdie besondere mylpaal vir die taal sou beteken nie. Dit was meer as net ’n viering. Dit was ’n uitreik, ’n salf en ’n salwing, ’n bou van nuwe fondasies. Meer nog, dit was ’n bevestiging dat Afrikaans in al sy vorme nog lank met ons gaan wees.

Sukses kan onmoontlik nie alleen behaal word nie, en hiermee ’n woord van dank aan elkeen wat gehelp het om hierdie projek so suksesvol te maak. Van borge tot rieldansers, van koesisterbakkers tot woordsmede. ’n Veer in die hoed en ’n klop op die skouer vir elkeen van julle!

Op 20 Februarie, heel gepas die dag voor Internasionale Moedertaaldag, sluit die Afrikaans 100-projek af met ’n virtuele oorhandiging – en jy is genooi.

“Oor die afgelope twee jaar het ons ondervind dat die jongmense wat Afrikaans praat en leef, uiters bedrewe is met die gebruik van die nuutste tegnologie en ruim gebruik maak van digitale media in hulle daaglikse handel en wandel,” sê Giep van Zyl, die nasionale koördineerder van Afrikaans 100. “Afrikaans se toekoms vir die volgende 100 jaar lê op die tonge en in die hande van ons jongmense, en ons glo hulle sal op innoverende wyses sorg dat die taal bly voortbestaan, bevorder en uitgebou word.”

Die Oorsigkomitee van Afrikaans 100 het besluit om hierdie virtuele oorhandiging te doen waar die taal simbolies aan die jongmense van Suid-Afrika, én in die buiteland, oorhandig gaan word. Die oorhandiging gebeur in die vorm van ’n kort video wat om 10:00 op Vrydag 20 Februarie op die sosiale media platform van VivA (Virtuele instituut vir Afrikaans by https://viva-afrikaans.org) asook op VivA se sosiale media vrygestel sal word.


VivA het ook, in opdrag van die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns (SAAWK), ’n nasionale navorsingsprojek geloods om die digitale lewenskragtigheid van Afrikaans te meet. Die projek is gebaseer op die internasionaal erkende Digital Language Vitality Scale (DLV-skaal). Die doel van hierdie ondersoek is om beter te verstaan hoe Afrikaans in digitale ruimtes gebruik word, watter hulpmiddels beskikbaar is en waar verdere ontwikkeling nodig is.��As deel van hierdie projek het hulle ’n kort, anonieme aanlyn-vraelys ontwikkel wat minder as vyf minute neem om te voltooi. Ons wil u graag versoek om die vraelys in te vul en dit ook te versprei sodat soveel moontlik mense kan deelneem sodat ’n breë en verteenwoordigende steekproef kan verkry word. Elke 50ste respondent ontvang ’n R300 Takealot-geskenkbewys. Kry die vraelys hier:
https://form.jotform.com/260261571521550

Die suksesse is amper te veel om te noem. Afrikaans 100 is in al nege provinsies asook op vier plekke in die buiteland gevier. Derduisende mense was betrokke – van die ondersteuning van Afrikaans 100 se projekte tot skole uit al die provinsies wat aan die verskeie kompetisies deelgeneem het. Die muurskildery in die Bo-Kaap wat spesiaal vir die viering gedoen is, is deur Daily Maverick uitgewys as een van die planeet se ’n inspirerende werke in Mei 2025, Afrikaans 100 is benoem vir die jaarlikse Wes-Kaapse Kultuurtoekennings, ’n kinderboek oor die geskiedenis van Afrikaans, Kwaailappies, is gepubliseer en ’n koorwerk deur Franco Prinsloo is geskryf. ’n Databasis met inligting oor die bestaan van Afrikaans en al die variëteite is gebou en amptelike spoggeleenthede is in Kaapstad, Paarl, Genadendal en Pretoria gehou.

Mag Afrikaans aanhou groei en gedy. Lank lewe ons moedertaal!

Met waardering en vriendelike groete
Die Afrikaans Amptelik 100-span

02/02/2026

Dr. Diana Ferrus
(29 Augustus 1953 - 30 Januarie 2026)
Ons eer die lewe en loopbaan van ‘n merkwaardige vrou, bekroonde digter en skrywer, storieverteller, akademikus en Suid-Afrikaner in murg en been. Op 28 Februarie 2025 het sy die gehoor in die palm van haar hand gehad met haar gedig “Kom ons praat weer Afrikaans”. Diana Ferrus

Met swaar harte deel ons hierdie hartseer nuus 💐💐😢
30/01/2026

Met swaar harte deel ons hierdie hartseer nuus 💐💐😢

BREAKING NEWS: Die Suid-Afrikaanse letterkunde het vanmiddag 'n geliefde Afrikaanse digter, Diana Ferrus, verloor. Dr. Ferrus (72), wat oorspronklik van Worcester is, het onlangs 'n massiewe beroerte gehad en was aan die aansterk. Haar dood is in 'n mediaverklaring bekend gemaak deur 'n familiewoordvoerder, Laniëlle Hartzenberg. Huldeblyke stroom reeds in op sosiale media vir die digter wat veral bekendheid verwerf het met haar gedig oor Saartjie Baartman, later herdoop na "Sarah Bartman". Mondstuk Media sal in Maandag se uitgawe meer volledig oor die lewe van dr. Ferrus skryf.

17/12/2025

Baie dankie vir elke stem, elke storie en elkeen se bydrae tot ‘n onvergeetlike jaar! 💯🤩🎉Afrikaans, 100 jaar as amptelike taal!

🌈 Ontmoet ons skrywers ✨Toktokkie se Reënboogtaal begin kleur kry en vandag stel ons met trots die eerste stemme van ons...
04/12/2025

🌈 Ontmoet ons skrywers ✨

Toktokkie se Reënboogtaal begin kleur kry en vandag stel ons met trots die eerste stemme van ons storiereeks bekend! Elke skrywer bring ’n unieke toon en hart van Afrikaans na hierdie gratis digitale storieprojek.

📚 De Wet Hugo– skrywer van “Saam in die son” De Wet Hugo

📚 Ansie Nel – skrywer van “Marico Mites” Ansie Coetzee Nel

📚 Madeleen Theron – skrywer van “Verbode” Madeleen Theron

📚 Alamien Gaidien – skrywer van “Kites en wiele”�

Ons is so trots op julle Hoërskool Langenhoven🥹🎉💯👏🏼🤩
04/12/2025

Ons is so trots op julle Hoërskool Langenhoven🥹🎉💯👏🏼🤩

Ontmoet vir Klavs - ’n hart wat in Afrikaans klop 🌍🇿🇦(Die sameroeper van die Toktokkie Reënboogtaal-storiereeks en skryw...
04/12/2025

Ontmoet vir Klavs - ’n hart wat in Afrikaans klop 🌍🇿🇦(Die sameroeper van die Toktokkie Reënboogtaal-storiereeks en skrywer van “Fatima”)

Sommige mense leer ’n taal. Ander leef dit!

💛Klavs Skovsholm is een van daardie seldsame mense wie se hart, al is hy in Kopenhagen gebore, lankal in Afrikaans begin klop het.
Gebore in 1963 in Denemarke, word Klavs die eerste in sy familie om te gradueer - ’n meestersgraad in regte, gevolg deur ’n loopbaan by die Europese Unie in België.

Sy liefde vir Suid-Afrika begin in 1993, en sedertdien keer hy jaar na jaar terug. Hy werk gereeld saam met die SBA aan projekte vir kinders, en sy stories word selfs in kinderboeke en strokiesprente opgeneem. Die grootste hiervan, Fatima, is ’n kosbare erfenisverhaal wat selfs geanimeer is.

🌈 Dankie Klavs Klavs Skovsholm
Dankie vir jou hand in die samestelling van Toktokkie se Reënboogtaal-storiereeks.
Dankie vir jou volgehoue ondersteuning met die opvoeding van ons kinders.
Dankie vir jou liefde vir Suid-Afrika, ’n liefde wat deur elke storie en elke woord skyn.

Toktokkie se Reënboogtaal-storiereeks is ryker omdat jy deel is daarvan. 💛📚✨

Klavs is die skrywer van die storie FATIMA, wat in die Toktokkie-storiereeks gaan verskyn!

Hoogtepunte van ’n ongelooflike jaar:  🎉📚 Afrikaans 100 Skolekompetisie AONetwerk NWU - North-West UniversityWat ’n vreu...
02/12/2025

Hoogtepunte van ’n ongelooflike jaar: 🎉📚 Afrikaans 100 Skolekompetisie AONetwerk NWU - North-West University

Wat ’n vreugdevolle reis! Terwyl ons terugkyk op die Afrikaans 100 Skolekompetisie, vier ons ’n paar van die mooiste oomblikke wat oor die land heen afgespeel het - van kreatiewe skoolprojekte en klaskamerkleur tot leerders se trots en ongelooflike spanwerk.

Ons het dit ook ’n voorreg geag om by die nasionale wenskool, Hoërskool DF Malan, te gaan kuier en hul uitstaande span persoonlik te gelukwens. Die opgewondenheid, trots en ongelooflike gees wat ons daar ervaar het, is iets wat ons lank sal onthou!

Dankie aan elke skool vir julle passie en deelname - Afrikaans het deur julle hande en harte helder geskyn. 🌟
Hoërskool DF Malan Curro Nelspruit Hoërskool Langenhoven Midstream College Primêre Skool Springbok Hoër Volkskool Graaff-Reinet Helpmekaar Kollege Laerskool GHS Hoërskool Reitz Ruimte Primary School Rehoboth

Address

Die Groenhuis Hoek Van Dely/en Garstfonteinweg, Waterkloof
Pretoria
0181

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Afrikaans 100 posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The Organization

Send a message to Afrikaans 100:

Share