Caring Daisies

Directions Website Contact the organization

Caring Daisies
Liefdadigheidsorganisasie wat bestaan uit meer as 30 geselekteerde dames wat saam hulle hande uitreik en ń verskil maak.

Caring Daisies is an initiative driven by a group of friends with one goal - to make people aware of the "Gift of Giving" and to "Change Lives Forever". It is important to remember that every person has within them the strength, patience and the passion to dream big, reach for the stars and to change the world. Only by helping others can one truly help themselves. Our logo is symbolic and recognises the following elements in its design:

The Heart - teaches us love, empathy and compassion
The Hands - symbolise human touch and healing
The Daisies - awaken happiness and joy in us

07/10/2026

Bly 'n voorreg om iemand se wêreld van stilte in 'n wêreld van HOOP te kan verander!

Dankie GROOTfm 90.5 dat ons deel van julle stories van HOOP kan wees
🌸🌸🌸

Vir elkeen van ons by Caring Daisies is dit  ’n voorreg om deel te wees van klein Ruhandre se reis.Hierdie kosbare seunt...
26/09/2026

Vir elkeen van ons by Caring Daisies is dit ’n voorreg om deel te wees van klein Ruhandre se reis.

Hierdie kosbare seuntjie het reeds van geboorte af só ’n groot stryd geveg, en ons is dankbaar dat ons hom met ’n spesiale stootwaentjie kon seën.

Mag hierdie stootwaentjie soveel meer as net meer gemak, meer vryheid en nuwe moontlikhede bring, mag dit vir die wêreld wys wat HOOP beteken en dat elkeen van ons 'n verskil kan maak, daar waar ons elke dag leef!

🌸🌸🌸
Dankie aan elke ondersteuner wat dit moontlik maak om hoop tasbaar te maak.

Waar LIEFDE voete en hande kry! Wat ’n besondere voorreg was dit vir Caring Daisies om saam met We Buy Cars die Curamus ...
11/09/2026

Waar LIEFDE voete en hande kry!

Wat ’n besondere voorreg was dit vir Caring Daisies om saam met We Buy Cars die Curamus School for Autism te besoek.

Soms stap jy by ’n plek in en besef jy binne minute, hier gebeur iets besonders.

By Curamus word 223 kinders elke dag nie bloot onderrig nie — hulle word raakgesien, verstaan, aangemoedig en met ongelooflike liefde versorg.

Ons het personeel ontmoet wat soveel meer doen as net ’n werk. Onderwysers, terapeute, assistente en versorgers wat die klein oorwinnings vier, geduldig weer probeer en elke kind ontmoet presies waar hy of sy is.

Wat ons die meeste geraak het, hier word ’n kind nie gemeet aan wat hy of sy nie kan doen nie, maar raakgesien vir alles wat nog moontlik is.

Aan elke personeellid by Curamus, dankie vir die liefde, geduld en toewyding waarmee julle elke dag ’n verskil maak — nie net in 223 kinders se lewens nie, maar ook in dié van hulle families.

En ’n baie spesiale dankie aan We Buy Cars dat julle Caring Daisies genooi het om hierdie dag saam met julle te beleef. Ware sukses gaan nie net oor wat ’n onderneming bereik nie, maar ook oor wat dit teruggee aan die gemeenskap. Dankie dat julle kies om op te daag, betrokke te raak en ’n tasbare verskil te maak.

Ons het Curamus besoek met die gedagte dat ons iets gaan gee, maar het met soveel meer huis toe gegaan — meer dankbaarheid, meer perspektief en meer respek.

Wanneer mense, organisasies en gemeenskappe saamstaan, kry liefde werklik hande en voete.

Wil jy meer oor Curamus leer of uitvind hoe jy betrokke kan raak?

www.curamusschool.co.za

Dankie Curamus. Dankie We Buy Cars. Dankie vir ’n dag wat ons harte voller gelos het🌸🌸

Skakel môre saam met ons in! Caring Daisies kuier môre om 07:30 op GROOTfm 90.5 se Jou Mense My Mense. Ons sien uit daar...
01/09/2026

Skakel môre saam met ons in!

Caring Daisies kuier môre om 07:30 op GROOTfm 90.5 se Jou Mense My Mense.

Ons sien uit daarna om ’n bietjie van ons hart, ons mense en die werk van Caring Daisies met julle te deel.

Skakel in, luister saam en deel in die mooi!

12/08/2026

PINK POWER. BIG HEARTS. ONE INCREDIBLE TEAM. 💕⛳️Behind every successful Caring Daisies day is this extraordinary group o...
12/08/2026

PINK POWER. BIG HEARTS. ONE INCREDIBLE TEAM. 💕⛳️

Behind every successful Caring Daisies day is this extraordinary group of women — showing up, working hard, laughing loudly and giving with their whole hearts. 🌸

Today we don’t just wear pink… we stand for hope, kindness and making a difference where it matters most.

So proud of our Caring Daisies family. 🩷
Together, we make beautiful things happen.

Today, we tee off for something far greater than golf. ⛳️💗168 players. 18 waterholes. One incredible venue — Pretoria Co...
12/08/2026

Today, we tee off for something far greater than golf. ⛳️💗

168 players. 18 waterholes. One incredible venue — Pretoria Country Club.

The Caring Daisies Masters 2026 is here — a day where every swing, every connection and every act of generosity has the power to change a life.

To every player, sponsor, waterhole partner and friend who made today possible: Thank you for showing up, giving generously and choosing to make a difference with us.

Today we play with purpose.
Today we give with heart.
Today we make an impact.

Driven by Purpose. United by Giving.

24/07/2026

-Feel Good Friday Vibes-

Andries het die geleentheid om weer die wêreld duidelik te sien deur ’n kornea-oorplanting – ’n prosedure wat sy lewe ingrypend kan verander. Vir hom beteken dit nie net beter sig nie, maar ook nuwe hoop, onafhanklikheid en die kans om weer die alledaagse dinge te geniet wat baie van ons as vanselfsprekend aanvaar.

Geniet hierdie spesiale oomblik saam met ons en share gerus hierdie video, sodat ons vir die wêreld kan wys dat elke klein daad 'n reuse verskil kan maak.

🌸🌸🌸🌸

We are proud to introduce the Caring Daisies Giving Platform—and our very first cause in need of your support.Our new pl...
14/07/2026

We are proud to introduce the Caring Daisies Giving Platform—and our very first cause in need of your support.

Our new platform was created to connect compassionate people with individuals and families facing overwhelming circumstances, making it simple to donate directly to a cause that speaks to your heart.

Our first recipient is Duncan Prinsloo.

At just 29 years old, Duncan has been diagnosed with kidney cancer. The immunotherapy treatment that could help him costs R120 000 per month for 12 months—a financial burden no family should have to carry alone.

If Duncan’s story touches your heart, please consider making a donation. Every contribution, no matter the amount, brings him one step closer to the treatment he urgently needs.

Donate through our new Giving Platform:

https://caringdaisies.d-version.co.za/project/12

Please donate. Please share. Together, we can turn compassion into hope.

Address

Lebombodrive 51, Ashlea Gardens, Technofingebou
Pretoria
0048

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Caring Daisies posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The Organization

Send a message to Caring Daisies:

Shortcuts

Share