Lewensverryking Seminare

Lewensverryking Seminare Plek van VRYMAKING, VERNUWING EN VERRYKING! Dit gebeur tot voordeel van hulleself en die mense rondom hulle. Wat bied Lewensverryking Seminare vir jou?

Vir meer as 30 jaar lank gebruik die Here Lewensverryking Seminare kragtig om mense se lewens te verryk en te verander, om mense nader aan Hom te trek, hulle seer en pyn te genees en om hulle lewens om te draai. Letterlik derduisende mense regoor Suid Afrika het dit reeds reeds ervaar en kan vandag nog daarvan getuig. So baie van ons loop met onnodige bagasie uit die verlede rond wat ons verhoudin

gs met onsself, ons huweliksmaat, kinders, ouers, vriende, kollegas en dan uiteindelik met God, beïnvloed. Nuwe probleme duik op, nuwe uitdagings kom voortdurend na vore, ‘n gebrek aan kommunikasie maak die kloof net groter en verhoudings ly daaronder. By Lewensverryking het ons besef dat mense slegs die storms van die lewe werklik oorwin wanneer al hul bagasie op die regte manier hanteer word. Elke Lewensverryking Seminaar bied ‘n unieke geleentheid vir volkome genesing wanneer die groot Geneesheer, God, hulle ontmoet. Kom kry hulp, hoop en genesing in ‘n veilige omgewing. Hierdie is jou geleentheid om vry te kom van die pyn, en seer asook die las wat jou en jou verhoudings beïnvloed. In gehoorsaamheid aan die Here is dit ons visie om lewens te verryk tot die wederkoms van Jesus Christus, onder leiding van die Heilige Gees, deur middel van die Woord van God. Ons leef tans in ‘n “weggooi-kits-kultuur” wat verkeerdelik impliseer dat absoluut alles vervangbaar is - ook my huweliksmaat, my vriende, ouers of kinders, selfs my beginsels. Ook het navorsing getoon dat die gemiddelde persoon ses jaar sukkel met ‘n probleem voordat hulle bereid is om hulp te soek. Die lewe en verhoudings is eenvouding net te kosbaar om soveel tyd te verloor. ‘n Lewe van oorwinning is vir elkeen moontlik.

‘n Lewensverryking Seminaar is werklik lewensveranderend. Belê nou tyd in jouself en jou geliefdes. ‘n Belegging in ‘n Lewensverryking Seminaar lewer altyd die beste resultaat. Bel dadelik vir jou bespreking en gesels met Daleen by 087 095 0512 / 083 251 6725, of stuur 'n e-pos aan [email protected] . Jy kan ook ‘n aanlyn inskrywing op die webwerf doen by www.lewensverryking.co.za.

🌱 Nuwe groei begin dikwels waar ons leer om te vertrou.Mag ons in elke nuwe seisoen onthou: God sorg, God werk en God la...
04/09/2026

🌱 Nuwe groei begin dikwels waar ons leer om te vertrou.

Mag ons in elke nuwe seisoen onthou: God sorg, God werk en God laat groei - op Sy tyd. 🤍

Hi

03/09/2026

💍 Die troue is een dag. Die “ons” is vir die langpad. 😉❤️

Voor julle die koek sny, foto’s neem en “JA!” sê, maak tyd om te bou aan dit wat daarna kom.

Ons Huweliksvoorbereiding Seminaar is propvol praktiese gesprekke en toerusting vir ’n sterk, gesonde huwelik.

📅 23–25 Oktober 2026
📍 Leribisi Lodge, Pretoria-Oos
💚 R5 000 per paartjie – verblyf, etes & materiaal ingesluit.

Begin julle vir-altyd goed. 💚

🌸 ’n Nuwe seisoen. Nuwe groei. Nuwe hoop.Lente herinner ons dat God nuwe lewe kan bring waar alles eens stil en kaal gel...
02/09/2026

🌸 ’n Nuwe seisoen. Nuwe groei. Nuwe hoop.

Lente herinner ons dat God nuwe lewe kan bring waar alles eens stil en kaal gelyk het. Vertrou Sy tyd, Sy sorg en dit wat Hy besig is om te laat blom. 🌱

📖 Lukas 12:27

Wanneer God ’n nuwe pad oopmaak, vra dit soms dat ons die ou een los. 🤍Mag hierdie gebed jou vandag help om minder vas t...
30/08/2026

Wanneer God ’n nuwe pad oopmaak, vra dit soms dat ons die ou een los. 🤍

Mag hierdie gebed jou vandag help om minder vas te hou aan wat was, en met geloof vorentoe te stap na wat God reeds voorberei.

Gee jou tiener meer as net ’n skoolvakansie – gee hulle ’n ervaring wat kan bly. 🔥’n Kamp vol pret, nuwe vriende, geloof...
28/08/2026

Gee jou tiener meer as net ’n skoolvakansie – gee hulle ’n ervaring wat kan bly. 🔥

’n Kamp vol pret, nuwe vriende, geloof en geleenthede om te groei en te ontdek wie God hulle geskep het om te wees.

🎒 1–4 Oktober 2026
📍 Thaba Morula, Brits
💰 R2 250 per tiener

Bespreek jou tiener se plek:
🌐 lewensverryking.co.za

Jy sien dalk nog net die woestyn. God sien reeds die nuwe pad. 🌿Moenie dat gister jou blik op môre steel nie. Vertrou da...
26/08/2026

Jy sien dalk nog net die woestyn. God sien reeds die nuwe pad. 🌿

Moenie dat gister jou blik op môre steel nie. Vertrou dat God reeds werk - selfs waar jy dit nog nie kan sien nie.

📖 Jesaja 43:19

Genade verander nie net wat ons ontvang nie - dit verander hoe ons leef. 🤍Mag ons vandag minder op ons tekortkominge fok...
23/08/2026

Genade verander nie net wat ons ontvang nie - dit verander hoe ons leef. 🤍

Mag ons vandag minder op ons tekortkominge fokus en meer leef vanuit die hoop, liefde en nuwe lewe wat Jesus gee. 🙏

21/08/2026

💍 VOOR JULLE “I DO”… IS DAAR ’N PAAR GOED WAT JULLE MÓÉT WEET! 😉❤️

Bou ’n sterk fondament vir julle huwelik met praktiese, eerlike en waardevolle toerusting vir die pad vorentoe.

📅 23–25 Oktober 2026 | 📍 Leribisi Lodge
💚 R5 000 per paartjie – verblyf, etes & materiaal ingesluit.

Julle trou met mekaar. Maak seker julle groei ook saam. 💍

Jy hoef nie harder te probeer om Sy genade te verdien nie. Jesus het reeds genoeg gedoen. 🤍Ontvang vandag Sy genade, lee...
20/08/2026

Jy hoef nie harder te probeer om Sy genade te verdien nie. Jesus het reeds genoeg gedoen. 🤍

Ontvang vandag Sy genade, leef in Sy hoop en onthou: in Hom kry ons nuwe lewe.

📖 Titus 3:6–7

Wanneer jy moeg raak, beteken dit nie die einde nie. 🌱Soms is geloof eenvoudig om nog een dag aan te hou en God met die ...
16/08/2026

Wanneer jy moeg raak, beteken dit nie die einde nie. 🌱

Soms is geloof eenvoudig om nog een dag aan te hou en God met die uitkoms te vertrou.

Mag hierdie gebed vandag nuwe moed bring. 🤍

Address

1353 De Villebois Mareuil
Pretoria
0181

Opening Hours

Monday 08:00 - 13:00
Tuesday 08:00 - 13:00
Wednesday 08:00 - 13:00
Thursday 08:00 - 13:00
Friday 08:00 - 13:00

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Lewensverryking Seminare posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Shortcuts

Share