26/08/2026
๐ข๐ข๐ ๐ฃ๐๐จ๐ ๐ฆ๐ข๐ข๐ฆ ๐ฆ๐ฌ ๐ฆ๐๐ข๐ข๐ก๐๐๐๐๐ก๐๐ข๐๐ง๐๐ฅ ๐๐ข๐ ๐๐๐๐๐ก ๐๐๐ง
Talle biografieรซ skilder Stephanus Johannes Paulus Kruger as staatsman, bevelvoerder en simbool van die Zuid-Afrikaansche Republiek. Minder bekend is die man agter die pyp en pluiskeil soos hy in sy eie huis in Kerkstraat, Pretoria, geleef het.
Magdalena Elisabeth Eloff, gebore Gรผttmann (1881โ1967), eggenote van sy kleinseun Frikkie Eloff, het daardie huishouding van naby meegemaak.
Haar herinneringe, later onder die titel ๐๐ช๐ฆ ๐๐ณ๐ฆ๐ด๐ช๐ฅ๐ฆ๐ฏ๐ต ๐ฆ๐ฏ ๐ฆ๐ฌ gepubliseer, strek van die jare vรณรณr die Anglo-Boereoorlog tot by oom Paul se laaste dae in Europa.
Sy skryf nie as historikus nie, maar as jong vrou wat die ou Staatspresident as oupa en as mens beleef het.
Magdalena, of Madge, het Kruger eers deur Frikkie se oรซ leer ken. Frikkie en sy neef Piet Grobler het by hulle oupa en ouma in Pretoria ingewoon om skool te kon gaan; hulle ouers het naby Rustenburg geboer.
Die seuns was versigtig vir die streng oupa, maar hy was regverdig. Gehoorsaamheid is maandeliks met goue ponde beloon; Tant Gezina het in die geheim ekstra sakgeld in hulle hande gestop.
Die eerste ontmoeting tussen Madge en oom Paul was dramaties. Sy en Frikkie was lank verlief, maar omstandighede het hulle keer op keer geskei. Toe sy d**k hy het haar vergeet, stop die president se koets onverwags voor haar huis.
Een van Frikkie se neefs kom sรช die jong man is dodelik siek en roep in sy koorsdrome aanhoudend na haar. Oom Paul het besluit sy mรณรฉt kom. By die bed sรช hy eenvoudig: โHier is Aurora nou โฆ nou sal Freedrik seker tevrede wees.โ Hy het haar soms Aurora of Lenie genoem.
Sy beskryf hom later so: "saggeaard en vriendelik, tog het hy haar aan โn leeu laat d**k met sy massiewe kop, harde stem en groot gestalte. Sy oรซ was donkerbruin, amper swart, deurdringend, maar met โn vonkeling wat gerusstel het. Hy het โn sin vir humor gehad; sy vermoed hy was in sy jong dae โn regte platjie."
Frikkie het herstel. Madge was vyftien toe hulle trou; hy was twintig. Hulle het aanvanklik by oom Paul en tant Gezina ingewoon.
Daar ervaar sy die daaglikse ritme van die huis. Oom Paul was โn man van min woorde, byna altyd met sy pyp in die mond en die Bybel binne bereik. Hy het dikwels gelees ten spyte van sy verswakte oรซ.
Toe dr. Heymans hom aanbeveel om ter wille van sy sig minder te rook โ net een pyp per dag โ stuur oom Paul Frikkie om โn reuse kalbaspyp te koop. Hy stop dit vol tabak en rook die hele dag daaraan. Die dokter kon net sy kop skud!
Die huishouding is soggens om baie vroeg wakker gemaak vir godsdiens โ wanneer oom Paul en tant Gezina reeds hulle tweede koppies koffie drink. Saans was daar weer aandgodsdiens; die dames moes hulle hoofde bedek.
Oom Paul het eenvoudige Boerekos verkies. Sy gunsteling nagereg was brood in melk gekrummel โ โn gewoonte wat hy selfs in ballingskap in Europa volgehou het.
In die huis wat vandag die Krugerhuismuseum is, het Madge โn man gesien met oneindige liefde vir sy vrou en kinders, koersvas in sy geloof en onverdraagsaam teenoor leuens.
Die gesellige samesyn van kinders en kleinkinders eindig met die uitbreek van die oorlog.
Op 19 Oktober 1900 vertrek oom Paul na Europa; Tant Gezina bly in Pretoria agter. Hulle sien mekaar nooit weer nie. Sy sterf op 20 Julie 1901; hy op 14 Julie 1904 in Clarens, Switserland. Hulle rus vandag langs mekaar in die Heldeakker te Pretoria.
Madge se herinneringe vul die amptelike geskiedenis aan met die klein, menslike besonderhede: Die vroeรซ oggende, die pyp, die Bybel, die humor, die regverdigheid en die diep gesinsliefde.
Vir lesers wat die boek reeds ken, bly dit โn vars herinnering aan die man agter die legende โ nie net die Staatspresident nie, maar die oupa wat sy skoonkleindogter Aurora genoem het.
---
Die boek ๐๐ช๐ฆ ๐๐ณ๐ฆ๐ด๐ช๐ฅ๐ฆ๐ฏ๐ต ๐ฆ๐ฏ ๐ฆ๐ฌ (Tafelberg, 1971) is nie bloot โn biografie nie, maar โn intieme herinneringsversameling. Magdalena Eloff het haar ervaringe as jong vrou in die Kruger-huishouding later aan haar dogter Gezina du Plessis vertel.
Gezina, die tweede dogter van Frikkie en Magdalena, is self in staatspresident Kruger se ou huis op die plaas Waterkloof gebore.
Vir haar was geen storieboek ooit so opwindend soos die ware verhale oor oupa Kruger en sy mense wat sy van haar moeder gehoor het nie. Sy het haar moeder oortuig om die kosbare herinneringe op skrif te stel.
Magdalena is egter oorlede voordat die werk voltooi is. Gezina het toe uit haar moeder se aantekeninge โn volledige manuskrip saamgestel en die boek aan die nageslag van staatspresident Paul Kruger opgedra.
Die resultaat is โn vertelling sonder pretensie โ vol situasies, gesprekke en oomblikke wat die geskiedenis weer laat lewe: Van die inname van Pretoria soos dit deur die vensters van die Staatspresidentswoning gesien is, tot die deftige eetmaal in Europa waar oesters voorgesit is en Madge openlik verklaar het dat sy nie โgoggasโ eet nie!
-------------
Watter klein staaltjie uit Die President en ek of uit ander herinneringe aan oom Paul bly vir jou die kosbaar?