18/04/2025
Anders as wat ons geleer is, is Jesus vanoggend gekruisig. Die rede - al die Jode het na Jerusalem gegaan vir die Paasfees, die priesters moes die Paaslammers slag en nie almal kon Vrydag geslag word nie. Hulle het dus al vroeër begin slag om almal in te pas. Jesus kon nie Vrydag gekruisig word nie, want dit is een van die heiligste dae op die Joodse kalender. Om die profesie in vervulling te bring moes Jesus Donderdagoggend gekruisig word. Donderdag tot .Vrydag dag 1, Vrydag tot Saterdag dag 2. Sondagoggend die derde dag en die 1ste dag van die week. Jesus oorwin die graf en staan op uit die dood op die 3de dag. Hy maak jou en my vry van die Wet van sonde en dood en Hy oorwin die magte van duisternis. Al wat ons moet doen is om dit te aanvaar en jy het die ewige lewe. Jy hoef nie aan 'n kerk te behoort nie, jy hoef te niks. Nie spesiale kos te eet of aan te trek of jou hande te was elke 5 minute of 'n baard te groei of 'n blou rok te dra nie. Ook nie nie in 'n hoog heilige stem te praat nie, nee. Net, dankie Jesus ek aanvaar U offer vergewe my sonde, skryf asseblief my naam in die Boek van die Lewe. Dan jubel die engele in die Hemel en jou ewige siel leef vir altyd al gaan jou vleeslike liggaam dood. Mag jy en jou gesin 'n geseënde Paasfees hê. As jy Hom nie ken nie, Hy het vir jou gesterf en Hy wag dat jy Hom moet aanneem as jou verlosser. Hy wag al 65 jaar vir jou, Sy genade tyd is besig om uit te hardloop. Sy ewige boodskap- kom na my toe almal wat vermoeid en belas is en Ek sal jou rus gee. Of wag tot dit te laat is en dan sal daar 'n wit troon wees en dan sal jy die volgende woorde hoor. Gaan weg van My af, Ek ken jou nie en dan sal Sy engele jou vat en jou in die ewige vuur werp. Dis jou keuse. In Deut. 30 staan. EK hou vandag die lewe en die dood voor jou. Kies dan die Lewe dat jy en jou familie kan lewe. Wat kies jy?