Prayers For Diandre Labuschagne

Prayers For Diandre Labuschagne Klein Diandre is gebore op 4 April 2020 die perfekste klein lyfie met die mooiste donker haartjies..

Maar dan hang daar 'n groot ongewenste swaart oor sy koppie ' n gewas van 6cm in die linker kantste gedeelte van sy breinQ.

01/06/2025
01/06/2025

Hier is ’n spesiale slideshow van Diandre se lewe — oomblikke wat ons altyd sal onthou. 💙

Die lied wat saam met die foto’s speel, is gesing deur sy neefie, Jayden Kruger. Jayden, ons kan nie genoeg dankie sê vir die liefde waarmee jy die lied gesing het nie. Dit beteken vir ons baie en bring soveel troos.

Dankie dat jy hierdie mooi geskenk vir Diandre en vir ons gemaak het.

01/06/2025

Facebook het ongelukkig die live video van DiandreQ se begrafnis verwyder🥹. Daarom deel ons graag die spesiale oomblikke hier op DiandreQ se blad – sodat ons altyd sy lewe kan onthou. 💙

Eerstens Dr. Magda Verster se ongelooflike spesiale huldeblyk– sy was nie net Diandre se Dr nie maar soos ’n hospitaal-mamma wat 'n groot rol in sy lewe gespeel.

Dankie, Dr. Verster , vir jou liefde en al die jare wat jy saam met ons dié pad gestap het.

30/04/2025

Diandre se Lewensviering sal Vrydagoggend om 10:00 live op sy Facebook-blad Prayers For Diandre Labuschagne uitgesaai word. As jy nie die diens in persoon kan bywoon nie, maar steeds saam met ons wil wees en hulde wil bring, is jy welkom om dit daar te volg."

Ons mooiste blou oog seuntjie Diandré se Lewensviering en verassings diens:Vrydag, 2 Mei 2025 om 10h00
25/04/2025

Ons mooiste blou oog seuntjie Diandré se Lewensviering en verassings diens:

Vrydag, 2 Mei 2025 om 10h00

Ons liefste klein blou oog seuntjie DiandreQ vandag het jy jou engelvlerkies gekry en ons verewig verlaat dis verseker v...
23/04/2025

Ons liefste klein blou oog seuntjie DiandreQ vandag het jy jou engelvlerkies gekry en ons verewig verlaat dis verseker vir 'n baie beter plek by Pappa Jesus ons liefste baba!

Jy het altyd so hard teen alles baklei en moes al so baie deur maak, wie sou ooit d**k dat jy net so rustig sou groet... Ons hoop jy hol die hemel vol en speel baie lekker... Jou plekkie hier op aarde is defnitief leeg, niks sal ooit weer dieselfde wees nie. Jy was die mooiste seuntjie wat ons almal se lewens so verander het, jy het baie seer harte gelos ons liefste klein DiandréQ... Rus in vrede ons blou oog seuntjie!!! Ons is so lief vir jou

Goeie Naand almal. Ons wil net graag n goeie update met julle deel! Ons klein seuntjie het net weereens bewys hoe vreesl...
01/11/2024

Goeie Naand almal.

Ons wil net graag n goeie update met julle deel!
Ons klein seuntjie het net weereens bewys hoe vreeslik sterk hy is. Ons was so verbaas met hoe goed DiandreQ die groot operasie hanteer het. Dit was n besige en stresvolle tyd maar ons is so dankbaar dat alles so goed afgeloop het.
Diandre is vanmiddag ontslaan met n goeie oefen plan en pyn medikasie. Nou moet ons net vir hom tyd gee om verder te herstel by die huis en natuurlik seker maak hy is gemaklik en pyn vry.

Weereens kan ons nie genoeg dankie se vir sy span drs wat hom so mooi bygestaan het nie veral Dr Magda Verster.

Hello almal ons het baie lank terug iets geplaas rakende DiandreQ.. Die lewe is net te besig om by alles uit te kom!  Di...
29/10/2024

Hello almal ons het baie lank terug iets geplaas rakende DiandreQ.. Die lewe is net te besig om by alles uit te kom!

DiandreQ het 'n baie rowwe paar maande agter die rug en is al vir meer as 2 maande vas gevang in sy bed met vreeslike pyn, sy heupie het uit gehak en hy moet 'n groot operasie kry om dit te herstel. Omdat hy heeltyd siek was en al 2 maal opgeneem moes word asgevolg van sy longe was die operasie nog nie moontlik... maar dit gaan beter met sy longe so hy gaan môre teater toe vir die operasie! Ons vra dat almal asb vir hom sal bid sodat alles sal goed gaan en hy vinnig sal herstel!!

Address

Pretoria

Telephone

+27743271385

Website

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Prayers For Diandre Labuschagne posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The Organization

Send a message to Prayers For Diandre Labuschagne:

Share