14/08/2026
Vandag, 14 Augustus, vier ons Afrikaanse Taaldag! Hoewel Afrikaans nie โn enkele geboortedag of -plek het nie, word 14 Augustus as โn simboliese verjaardag van Afrikaans gevier, omdat die Genootskap van Regte Afrikaners (GRA) op diรฉ dag in 1875 gestig is โ โn belangrike gebeurtenis in die beweging om Afrikaans as skryf-, skool- en kanseltaal te erken. Vandag vier ons Afrikaans in sy volle omvang: al sy variรซteite, tongvalle en vorme, en die verskillende gemeenskappe wat die taal lewendig hou. Hoewel die Taalkommissie se spesifieke opdrag die kodifisering van geskrewe, algemene Afrikaans is, erken ons die waarde en belang van die breรซ Afrikaanse taalgemeenskap. Ons vier ook die belangrike rol wat die Die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns oor meer as โn eeu gespeel het in die ontwikkeling en bevordering van Afrikaans as โn taal van wetenskap, kennis, letterkunde en kuns.