VLU Monumentpark

VLU Monumentpark Contact information, map and directions, contact form, opening hours, services, ratings, photos, videos and announcements from VLU Monumentpark, 79 Eland Road, Pretoria.

VLU Tak in Jakarandastreek
Vergadering: Elke 2e Di van die maand
Tyd: 9:30
Plek: NG kerksaal, Monumentpark
Voorsitter: Liezel Loock
Kontakno: 082 877 4801
Skakelbeampte: Charlene Gush
Kontakno: 084 504 0854

Met Augustus se tak byeenkoms het ons spreker, Melinda Botha, stigter van Deafways, ons gevra:Wat se storie vertel jou h...
17/08/2026

Met Augustus se tak byeenkoms het ons spreker, Melinda Botha, stigter van Deafways, ons gevra:
Wat se storie vertel jou hande? Kyk na jou hande en d**k aan alles wat jy met jou hande doen; jy bak, kook, skryf, brei, teken, versorg en nog baie, baie meer. Jou hande is deel van jou storie. So het jou hande die vermoë om ‘n brug te bou en ‘n gesprek aan te knoop met gehoorgestremdes.
Melinda se praatjie het ons letterlik aan haar lippe en hande laat hang met hoe leersaam en insiggewend dit was en het verseker gehelp om ons harte lekker warm laat klop op ‘n baie koue dag! Besoek gerus haar webwerf vir meer inligting - www.deafways.co.za
Liezel en haar gasvrouspan het die dames met heerlike versnaperings bederf gedurende teetyd waar die opkomende Kongres met opgewondenheid bespreek is.

29/07/2026
VLU Monumentpark het op 24 Julie ‘n papier-mosaiek werksklas gehad.  Daar is met ywer geknip en geplak en pragtige kuns ...
26/07/2026

VLU Monumentpark het op 24 Julie ‘n papier-mosaiek werksklas gehad. Daar is met ywer geknip en geplak en pragtige kuns gemaak. Fotos is geneem deur Tutti Rudman en Liz Louw.

Op 14 Julie 2026 het VLU Monumentpark ‘n heerlike oggend van saamkuier en kreatiwiteit gehad - alles vir ‘n goeie doel. ...
26/07/2026

Op 14 Julie 2026 het VLU Monumentpark ‘n heerlike oggend van saamkuier en kreatiwiteit gehad - alles vir ‘n goeie doel. Die Dames het by Urban Fields Padstal hul vaardighede aan die werk gesit om ‘n bydrae te maak vir Cupcakes of Hope, ‘n liefdadigheidsorganisasie wat fondse insamel ten einde kinders met kanker te ondersteun. Die Dames is geleer hoe om ‘n fondant-skyfie te versier. Hierdie skyfies sal op kolwyntjies geplaas word tydends hul September fondsinsameling waar hierdie kolwyntjies verkoop sal word.

Die winterkoue het beslis nie Monumentpark taklede gekeer om De Nuit se Opedag by te woon nie!
29/06/2026

Die winterkoue het beslis nie Monumentpark taklede gekeer om De Nuit se Opedag by te woon nie!

In die koue wintermaand van Junie, het Dr Wimpie van Schoor ons harte warm gesels oor die omstandighede waarin seemanne,...
29/06/2026

In die koue wintermaand van Junie, het Dr Wimpie van Schoor ons harte warm gesels oor die omstandighede waarin seemanne, aan boord van skepe wat vir groot skeepsvaart maatskappye werk, lewe. Hierdie was voorwaar ‘n praatjie wat ons harte geraak het en verdien ‘n plasing op sy eie om hierdie inligting te deel!
Dit was ook die byeenkoms waar ons half-jaarlikse miniskou plaasgevind het. Bettie Boshoff het vir ons die beoordeling van artikels waargeneem en sy het waardevolle inligting en wenke verskaf oor die artikels wat voorgelê was vir beoordeling.

Address

79 Eland Road
Pretoria
0181

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when VLU Monumentpark posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The Organization

Send a message to VLU Monumentpark:

Shortcuts

Share