Bittereinders

Bittereinders DIE beweging wat onbeskaamd alleenlik vir Afrikaner/Boere belang baklei. Ons sal weer vry wees.

Die Groblersdal-saak is wéér uitgestel, hierdie keer na 12–14 Mei, aangesien die staatsaanklaer siek is. Hoewel ons begr...
19/02/2026

Die Groblersdal-saak is wéér uitgestel, hierdie keer na 12–14 Mei, aangesien die staatsaanklaer siek is. Hoewel ons begrip en simpatie het vir die omstandighede, bly dit teleurstellend dat die verrigtinge nie soos beplan kon voortgaan nie.

Ons advokate en prokureurs het formeel beswaar aangeteken teen die herhaaldelike uitstel van die saak. Hierdie aangeleentheid duur reeds langer as twee jaar voort, en die voortdurende vertraging plaas ’n beduidende finansiële én emosionele las op ons. Dit gaan nie slegs oor die oplopende koste van regsverteenwoordiging nie, maar ook oor die persoonlike tol wat so ’n uitgerekte proses op ons en ons gesinne eis.

Nieteenstaande hierdie uitdagings bly ons standvastig in ons vertroue dat geregtigheid uiteindelik sal geskied. Ons glo dat wanneer al die feite behoorlik en objektief oorweeg word, ons onskuld duidelik sal blyk. Ons sal nie swig voor ’n burokratiese aanslag wat daarop gemik is om ons te benadeel of te vernietig nie. Met vasberadenheid en waardigheid sal ons hierdie proses tot die einde deursien.

Ons is opreg dankbaar vir die ondersteuning, gebede en bemoediging wat ons voortdurend ontvang. Dit versterk ons en gee ons die moed om aan te hou.

Ons sal u op hoogte hou van enige verdere verwikkelinge rakende die saak.

Daar is hoop!!Met al die negatiwiteit in die land en die wêreld is dit belangrik om ons fokus soms ook op die positiewe ...
08/12/2025

Daar is hoop!!

Met al die negatiwiteit in die land en die wêreld is dit belangrik om ons fokus soms ook op die positiewe te vestig.

Ons is steeds geseend, en God sien steeds on na ons.

Waarvoor kan jy dankbaar wees vandag?

06/12/2025

Hallo almal, net 'n vinnige opdatering oor die haatspraaksaak teen die EFF en Julius Malema.

Die saak is nog nie afgehandel nie. Die hof het die verrigtinge in twee dele verdeel:

die meriete, en

die kwantum (straf).

Die merietefase is reeds aangehoor, en die hof het in ons guns beslis. Omdat ons op die meriete geslaag het, beweeg ons nou aan na die kwantum- of strafbepalingsfase.

In hierdie fase vra ons die hof om:

• skadevergoeding toe te ken;

• Malema te gelas om sy uitsprake terug te trek en op alle mediaplatforms om verskoning te vra; en

• sy optrede vir strafregtelike vervolging te verwys.

Hy kan moontlik aangekla word van crimen injuria, wat selfs tronkstraf kan insluit.



Om skade te bewys, sal ons verskeie deskundiges roep, insluitend:

• ’n forensiese sielkundige,

• ’n arbeidsterapeut, en

• ’n industriële sielkundige.



Die saak is geskeduleer vir 7–9 April 2026 en 4–7 Mei 2026.



Ek moet ook noem dat ons senior advokaat, wat ’n uiters belangrike rol gespeel het in ons sukses in die merietefase, ongelukkig nie verder op ’n “contingency”-basis kan voortgaan nie. Dit is nie weens onwilligheid nie, maar bloot die werklike omvang van die werk, voorbereidings en deskundige getuienis wat vir die strafbepalingsfase vereis gaan word. Om hom aan boord te hou — en die beste moontlike kans op sukses te behou — moet ons die nodige fondse verseker.



Ons het só ver gekom, en ons is nou op die punt waar Malema letterlik die binnekant van ’n sel kan begin ruik. Ons kan nie nou verslap nie, of toelaat dat ’n tekort aan fondse ons hinder in die laaste 100 meter nie. Ondersteun ons asseblief deur vir ons te bid en as dit moontlik is, maak asseblief 'n klein finansiele bydrae.

Indien u 'n bydra tot die saak kan maak:
Bankbesonderhede
FNB – Bittereinders Jeugbeweging
Gold Business Account
Rek nr: 62761886294
Ref: Malema

Navrae:071 753 7683

03/12/2025

🇺🇸🇿🇦 White House Press Secretary Karoline Leavitt: "Refugee admissions into the country right now are essentially at 0, with the exception of Afrikaners fleeing persecution in South Africa."

Artikel en video van South Africa Reports se telegram kanaal:
https://t.me/SouthAfricaReports

Address

Pretoria

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Bittereinders posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The Organization

Send a message to Bittereinders:

Shortcuts

Share