Die Leerhuis

Directions Website Contact the organization

Die Leerhuis Meer leer. Minder skool. Waar kinders geken word voordat hulle gemeet word.

📍 Pretoria-Noord
📚 Graad R–7

Klein groepe. Struktuur. Selfstandigheid.
(1)

Nie vir almal nie. Maar dalk presies vir julle.

16/10/2026
Het jy geweet... Die Leerhuis beskik oor 'n naskool ook?En die beste van alles:📚 hulle bly op die perseel, geen vervoer ...
14/10/2026

Het jy geweet... Die Leerhuis beskik oor 'n naskool ook?

En die beste van alles:
📚 hulle bly op die perseel, geen vervoer van een plek na 'n volgende plek
🍽 middagete is ook beskikbaar
👩🏼‍🏫 en dit is dieselfde personeel wat by Die Leerhuis is, wat betrokke is by die naskool.

Wen-Wen!

Mardene Oxford

Vanaf ons liefste Graad 1's, onder die leiding van die fantastiese juffrou Bianca van StadenWelkom, Kwartaal 4! 😁’n Nuwe...
08/10/2026

Vanaf ons liefste Graad 1's, onder die leiding van die fantastiese juffrou Bianca van Staden

Welkom, Kwartaal 4! 😁

’n Nuwe kwartaal vol nuwe geleenthede, nuwe leer en baie mooi oomblikke! 💗✨

Mag elke maatjie hierdie kwartaal groei, leer, glimlag en altyd hul beste probeer. 🌈📚✏️

🌿 KWARTAAL 4 | HIER GAAN ONS!Liewe Leerhuis-ouersEn skielik staan ons by Kwartaal 4. Die laaste hoofstuk van 2026. 🤍Hier...
06/10/2026

🌿 KWARTAAL 4 | HIER GAAN ONS!

Liewe Leerhuis-ouers

En skielik staan ons by Kwartaal 4. Die laaste hoofstuk van 2026. 🤍

Hierdie kwartaal is kort, vol en gaan waarskynlik vinniger verby wees as wat enige van ons gereed is!

Ek deel graag ons Oktober-, November- en Desemberkalenders met julle sodat al die belangrikste datums op een plek is.

📚 Oktober bring ons terug Leerhuis toe, die Graad 7-afsluiting, die begin van assesserings en ’n hele paar belangrike inhandigingsdatums.

📝 November is ons groot eksamenmaand, met die prysuitdeling en konsert op 21 November as een van die groot hoogtepunte van ons jaar.

🎄 Desember bring uiteindelik die lekker deel: ons Kerspartytjie en sleepover, rapporte, die einde van die skooljaar en dan... vakansie!

Ek vra dat julle asseblief die drie kalenders stoor en die belangrike datums vroegtydig in julle eie kalenders sit. Daar is heelwat bewegende dele hierdie kwartaal, veral vir Graad 4–7.

Ons het nog ’n paar besige weke voor ons, maar ook ’n paar baie spesiale oomblikke om saam af te sluit.

Dankie dat julle saam met ons deur 2026 gestap het, deur die harde werk, die groei, die uitdagings en al die klein oorwinnings tussenin.

Nou maak ons hierdie jaar mooi klaar. 🌱

Kwartaal 4, hier kom ons! 💛

🍎 TEACHER APPRECIATION DAY | 5 OKTOBERVandag wil ek nie net sê:**“Dankie, Juffrou, vir alles wat jy doen”** nie.Want ek ...
05/10/2026

🍎 TEACHER APPRECIATION DAY | 5 OKTOBER

Vandag wil ek nie net sê:

**“Dankie, Juffrou, vir alles wat jy doen”** nie.

Want ek wonder soms of ons werklik weet wat daardie **“alles”** beteken.

Dit is nie net om lesse aan te bied en boeke te merk nie.

Dit is om 30 verskillende kinders op 30 verskillende plekke te ontmoet en steeds te probeer seker maak dat elkeen raakgesien voel.

Dit is om te weet wie vandag stiller as gewoonlik is.

Wie sukkel om te lees, maar nie wil hê die ander moet weet nie.

Wie se broodblik leeg is.

Wie ’n bietjie harder probeer het as gister, al wys die punt dit nie.

Wie ’n drukkie nodig het.

Wie ’n grens nodig het.

Wie net iemand nodig het wat nog een keer sê:
Probeer weer. Ek weet jy kan.”

Dit is lesse beplan wanneer die huis stil geword het.

Dit is boodskappe van ouers beantwoord.

Konflik hanteer.
Trane afvee.
Potlode uitleen.
Verlore truie opspoor.
Selfvertroue herbou.
Dieselfde ding vir die sewende keer verduidelik.

Dit is om soms huis toe te gaan met ’n kind se storie nog swaar in jou hart.

En dan die volgende oggend weer in te stap en te sê:

“Goeiemôre. Kom ons probeer vandag weer.

Onderwysers doen nie net ’n werk nie.

Hulle dra vir ’n paar ure elke dag iets van ons kinders se menswording saam met hulle.

So vandag wil ek ’n klein uitnodiging aan ouers rig:

💌 Stuur vir ’n onderwyser ’n WhatsApp en vertel haar spesifiek wat sy vir jou kind beteken.

☕ Koop vir haar ’n koffie.

🍫 Sit ’n sjokolade in haar hand.

💐 Bring ’n blom.

📝 Laat jou kind ’n briefie skryf.

En asseblief, moenie dink ’n boodskap is “te min” of ’n geskenkie is “onnodig” nie.

Ons waardeer albei.

Die koffie word gedrink.
Die sjokolade word geëet.
Die blomme staan op die tafel.

Maar daardie boodskap wat op presies die regte dag sê:

“Ek sien wat jy vir my kind doen.”

Daardie een word soms vir jare onthou.

Aan elke onderwyser, tutor, fasiliteerder en juffrou wat vandag weer opdaag:

Mag iemand vandag ook vir jóú raaksien.

Happy Teacher Appreciation Day. 🍎🤍

Goeiemôre, Leerhuis-ouers 🌿Dit is Maandagoggend. Dit is vakansie. Dit is amper die einde van September, en skielik lê da...
28/09/2026

Goeiemôre, Leerhuis-ouers 🌿

Dit is Maandagoggend. Dit is vakansie. Dit is amper die einde van September, en skielik lê daar basies net twee maande van die skooljaar voor ons.

En dalk juis daarom wil ek vanoggend net vir ’n oomblik dankie sê.

Ek weet hierdie jaar was nie vir almal ’n maklike jaar nie. Ons het almal op ons eie manier ’n paar harde klippe gekou. En hierdie tyd van die jaar bring sy eie bekommernisse: begrotings wat gerek moet word, rekeninge wat betaal moet word, kinders wat groei, Desember wat nader kom en die jaar se “silly season” wat reeds om die draai loer.

Daarom wil ek hê julle moet weet dat ek julle ondersteuning raaksien.

Dankie dat julle steeds Die Leerhuis vertrou met julle kinders.

Dankie dat julle hulle elke oggend by ons aflaai en ons toelaat om deel te wees van hulle grootword, leer, sukkel, lag en ontdek.

En dankie dat julle maand ná maand julle finansiële verpligting teenoor Die Leerhuis nakom.

Ek weet ’n skoolfooi is nie net ’n bedrag op ’n faktuur nie. Dit kom uit ’n huishouding met baie ander behoeftes en verantwoordelikhede. Ek neem dit nie as vanselfsprekend nie.

Elke betaling help om salarisse te betaal, deure oop te hou en hierdie klein plek wat ons saam gebou het, aan die gang te hou.

Ons is amper by die laaste stukkie van 2026.

Voor ons almal weer die gejaag binnestap, wou ek net sê:

Ek sien julle.
Ek waardeer julle.
En ek is opreg dankbaar dat julle hierdie jaar saam met ons gestap het.

Geniet die vakansieweek en die bietjie asemhaalruimte. 🌿

Liefde
Sonika

🌿 Kwartaal 3 | Dankie, Leerhuis-familie!Liewe OuersEn so kom ons aan die einde van nóg 'n kwartaal. 💙Ek wil heel eerste ...
21/09/2026

🌿 Kwartaal 3 | Dankie, Leerhuis-familie!

Liewe Ouers

En so kom ons aan die einde van nóg 'n kwartaal. 💙

Ek wil heel eerste 'n besondere dankie aan ons Graad 7's en hulle ouers sê vir al die harde werk met ons WaterKaskenades & Fliek onder die Sterre.

Ons Graad 7's het hierdie projek van beplanning tot uitvoering aangepak, en ek is ongelooflik trots op wat hulle bereik het. Dit was 'n heerlike én suksesvolle afsluiting van ons derde kwartaal! 🌊🎬✨

Die fondse wat tydens die geleentheid ingesamel is, sal aangewend word vir ons konsert en prysuitdeling later vanjaar.

Aan elke Leerhuis-ouer: baie dankie vir julle liefde, ondersteuning en saamstap gedurende hierdie kwartaal. Ek waardeer julle opreg.

En aan elke kind: dankie vir julle harde werk, toewyding en deursettingsvermoë. Julle het hard gewerk hierdie kwartaal en nou is dit tyd vir 'n welverdiende ruskans. 🌱

📚 Kwartaal 3-rapporte sal gedurende die eerste week van Kwartaal 4 uitgedeel word.

Indien julle gedurende die vakansie reis, wees asseblief veilig, rus lekker en geniet die tyd saam.

Ons sien almal weer op Dinsdag, 6 Oktober, wanneer ons Kwartaal 4 aanpak.

Dit is 'n kort en besige kwartaal, maar vir eers...

Rus. Speel. Haal asem. Geniet die vakansie.☀️

Baie dankie vir 'n besondere Kwartaal 3.

💙 Sonika Krüger

💦🎬 *WATERKASKENADES & FLIEK ONDER DIE STERRE* 🍿✨Liewe Leerhuis-ouersHierdie Vrydag is dit uiteindelik tyd vir ons *Water...
15/09/2026

💦🎬 *WATERKASKENADES & FLIEK ONDER DIE STERRE* 🍿✨

Liewe Leerhuis-ouers

Hierdie Vrydag is dit uiteindelik tyd vir ons *Waterkaskenades & Fliek onder die Sterre!* 🌊🎥

📅 *Vrydag, 18 September*
⏰ *15:00 – 20:00*
💰 *R200 per kind*

Die R200 kan per *EFT* na Die Leerhuis se gewone bankrekening betaal word. Gebruik asseblief *WonderLab + kind se naam* as verwysing.

Ons Graad 7’s het hard gewerk aan die beplanning van hierdie dag en sien baie daarna uit om dit saam met die kinders te geniet! 🤍

*’n Paar vinnige vrae wat dalk reeds by julle opkom:*

🏠 *My kind gaan gewoonlik 12:30 huis toe. Moet ek hom/haar kom haal?*
Jy is baie welkom om jou kind op die gewone tyd te kom haal en weer teen 15:00 te bring.

🕒 *Kan my kind eerder by Die Leerhuis bly tot 15:00?*
Ja, beslis. Hulle is welkom om hier te bly. Pak asseblief net vir hulle *iets ekstra in om tussen skool en die aanvang van die geleentheid te eet*.

🚗 *Hoe laat moet kinders afgehaal word?*
Die aand eindig om *20:00*, en kinders kan dan by Die Leerhuis afgehaal word.

👙 *Wat moet my kind saambring?*
Ons stuur later in die week ’n kort finale lysie van alles wat hulle vir die waterpret én fliek moet saambring.

🌧️ *Wat as die weer nie saamspeel nie?*
Ons hou die weer dop en sal enige veranderinge betyds kommunikeer.

Ons sien uit na ’n heerlike middag en aand van *water, lag, lekker eet en fliek onder die sterre!* 💦🍿🌙

Liewe Leerhuis-ouers 🌿Kwartaal 4 is om die draai! Dit is ’n kort kwartaal met ’n hele paar belangrike datums; daarom dee...
08/09/2026

Liewe Leerhuis-ouers 🌿

Kwartaal 4 is om die draai! Dit is ’n kort kwartaal met ’n hele paar belangrike datums; daarom deel ons solank die belangrikste datums sodat julle vroegtydig kan beplan.

📚 6 Oktober
Kwartaal 4 begin

🎓 13–16 Oktober
Graad 7-afsluiting
Meer besonderhede en kostes volg sodra die finale begroting bevestig is.

📝 19 Oktober
Kwartaal 4-eksamens begin
Die volledige eksamenrooster word aangeheg.

🗓️ 19–23 Oktober
Sonika woon die Sinodevergadering by en sal gedurende hierdie week nie by Die Leerhuis wees nie. Die Leerhuis gaan soos normaal voort.

🏆🎭 21 November
Prysuitdeling & Konsert

Elke Leerhuis-gesin kry ’n eie tafel vir die aand. Gesinne is verantwoordelik vir die opmaak/versiering van hulle tafel, asook hulle eie kos en verversings.

🎟️ Kaartjies: R100 per persoon
Leerhuis-leerders betaal nie vir toegang nie.

🎄💃 4 Desember
Kerspartytjie & Jaarafsluiting

💰 R60 per kind
Dit sluit aandete, iets om te drink en peuselhappies in.

Ons sluit die jaar lekker af met speletjies, musiek en dans, en die Graad 4–7’s bly daarna by Die Leerhuis vir ’n sleepover. 🌙

🎒 11 Desember
Kwartaal 4 sluit

Sit gerus hierdie datums nou reeds op die yskas. Meer besonderhede oor elke geleentheid volg soos ons nader beweeg. 🌿

Sonika Krüger

Address

389 Suider Street
Pretoria
0116

Opening Hours

Monday 07:00 - 13:30
Tuesday 07:00 - 13:30
Wednesday 07:00 - 13:30
Thursday 07:00 - 13:30
Friday 07:00 - 13:00

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Die Leerhuis posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The Organization

Send a message to Die Leerhuis:

Shortcuts

Share