Solidariteit Helpende Hand Ons Sentrum

Solidariteit Helpende Hand Ons Sentrum Ons Sentrum bied terapie aan kinders en hulle gesinne wat deur enige vorm van trauma gaan

Skermtyd is nie net goed of sleg nie – dit gaan oor balans.Fokus op inhoud van goeie kwaliteit, tydsbestuur en gesonde g...
31/07/2026

Skermtyd is nie net goed of sleg nie – dit gaan oor balans.

Fokus op inhoud van goeie kwaliteit, tydsbestuur en gesonde gewoontes.

Wees 'n rolmodel: Kinders doen wat ons doen, nie wat ons sê nie.

Ons glo dat elke kind verdien om gehoor, verstaan en gehelp te word.By Ons Sentrum Terapie Sentrum in Pretoria-Noord sta...
31/07/2026

Ons glo dat elke kind verdien om gehoor, verstaan en gehelp te word.

By Ons Sentrum Terapie Sentrum in Pretoria-Noord stap ons daagliks 'n pad van hoop saam met kinders wat trauma beleef het. Benewens terapeutiese ondersteuning bied ons ook spelterapie, ouerverrykingsgroepe, opleiding en vakansieprogramme aan.

Ons wil graag ons multidissiplinêre span uitbrei en is op soek na professionele vrywilligers wat hul kennis en gawes wil deel. Ons nooi veral:
• Arbeidsterapeute
• Spraakterapeute
• Sielkundiges
• Regskenners
• En ander relevante professionele persone

As jy 'n passie het om 'n verskil in kinders se lewens te maak, nooi ons jou om deel van ons span te word.

Kontak Shannin Milne by [email protected] vir meer inligting.

Saam kan ons hoop herstel, trauma aanspreek en 'n blywende verskil in kinders se lewens maak.

Ons Sentrum verskaf bekostigbare sosio-emosionele assesserings en terapeutiese dienste vir getraumatiseerde kinders en k...
27/07/2026

Ons Sentrum verskaf bekostigbare sosio-emosionele assesserings en terapeutiese dienste vir getraumatiseerde kinders en kinders in negatiewe emosionele omstandighede.

Jou bydrae sal 'n verskil maak:
https://onssentrums.co.za/ons-sentrum/

Die brein is steeds besig om te ontwikkel; dit maak balans belangrik.Die kwaliteit en konteks van skermgebruik maak 'n g...
27/07/2026

Die brein is steeds besig om te ontwikkel; dit maak balans belangrik.

Die kwaliteit en konteks van skermgebruik maak 'n groot verskil.

Kombineer skermtyd met beweging, geselskap en kreatiewe spel.

Solidariteit Helpende Hand se handelsmerk weerspieël wie ons is en wat ons doen met trots.Beskerm saam ons handelsmerk.
26/07/2026

Solidariteit Helpende Hand se handelsmerk weerspieël wie ons is en wat ons doen met trots.
Beskerm saam ons handelsmerk.

Alles wat jy moet weet. Só lyk ons handelsmerk.

Deur skermtyd te monitor, kry jy insig in jou kinders se gewoontes.Dit help om gesonde perke te stel en betekenisvolle g...
24/07/2026

Deur skermtyd te monitor, kry jy insig in jou kinders se gewoontes.

Dit help om gesonde perke te stel en betekenisvolle gesprekke te hê.

Die doelwit is nie om skerms te verbied nie, maar om dit bewustelik te gebruik.

Ouderdomsgeskikte riglyne help kinders om gesond te ontwikkel.Te veel skermtyd kan slaappatrone, konsentrasie en gedrag ...
20/07/2026

Ouderdomsgeskikte riglyne help kinders om gesond te ontwikkel.

Te veel skermtyd kan slaappatrone, konsentrasie en gedrag beïnvloed.

Gebruik riglyne as 'n beginpunt, maar neem jou kind se unieke behoeftes in ag.

Een van die lekkerste dele van ons werk is om tyd saam met ons kinders deur te bring!Vandag het die span van Solidaritei...
17/07/2026

Een van die lekkerste dele van ons werk is om tyd saam met ons kinders deur te bring!

Vandag het die span van Solidariteit Helpende Hand Ons Sentrum by Ons Plek Naboomspruit gaan kuier. Wat 'n voorreg om saam met sulke oulike kinders, toegewyde personeel en wonderlike vrywilligers te wees!

Ons terapiespan – Shannon, Mischa en Mareli – het die kinders op 'n prettige en interaktiewe manier geleer oor emosies en wat om te doen wanneer "Kwaaimeraai" in jou lyf kom sit. Dit was goed voorbereide sessies vol waardevolle lewenslesse vir klein én groot.

Baie dankie aan Berni, Jo-Anne, Lineze, tannie Lizette en die hele span van Ons Plek Naboomspruit vir julle hartlike ontvangs. Dit is altyd 'n vreugde om by julle te kuier.

Address

218 Danie Theron Straat
Pretoria North

Opening Hours

Monday 08:00 - 16:00
Tuesday 08:00 - 16:00
Wednesday 08:00 - 16:00
Thursday 08:00 - 16:00
Friday 08:00 - 15:00

Telephone

+27748949987

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Solidariteit Helpende Hand Ons Sentrum posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The Organization

Send a message to Solidariteit Helpende Hand Ons Sentrum:

Shortcuts

Share