Solidariteit Helpende Hand Noordwes-Streek

Solidariteit Helpende Hand Noordwes-Streek Welkom by die blad vir die Noordwes Streek. Geen inligting van enige persoon wat hulp versoek, sal aan die publiek bekend gemaak word nie. Beskerm jouself.

Kliek hier vir ons streek se webwerf waar jy meer kan lees oor projekte in die Noordwes Streek https://noordweshand.co.za SOLIDARITEIT HELPENDE HAND: HUISREËLS VIR FACEBOOK-BLAD
Welkom by Solidariteit Helpende Hand se amptelike Facebook-blad. Helpende Hand is ʼn niewinsgewende organisasie wat fokus op die opheffing van gemeenskappe deur maatskaplik-gebaseerde gemeenskapsontwikkeling vir die volge

nde kwesbare groepe:
• Kinders
• Gesinne
• Persone met gestremdhede
• Ouer persone
Dít realiseer deur ’n verskeidenheid van projekte en programme wat in die onderskeie streke van stapel gestuur word. Ons waardes is in lyn met Facebook se gemeenskapswaardes Jy is welkom om jou opinie te lug, maar indien jy kru taal, rassistiese uitlatings of enige onvanpaste kommentaar lewer wat teen ons en Facebook se gemeenskapswaardes is, sal jy van die blad verban word. Solidariteit Helpende Hand se gemeenskapswaardes is soos volg:
1) Privaatheid en persoonlike veiligheid: ons ag die privaatheid van ons verbruikers, veral van begunstigdes, hoog. Dit sluit die identiteit en besonderhede oor alle aansoeke/versoeke via digitale media in. Die veiligheid van ons verbruikers is van kardinale belang. Geen boeliegedrag, teistering, intimidering of pespos sal geduld word nie. Wees versigtig oor watter persoonlike inligting jy aanlyn deel. Gevolglik word geen hulpversoeke op kommentaar in plasings of via ʼn derdepartyboodskap op ons blad toegelaat nie.

2) Verantwoordelike en etiese optrede: daar mag onder geen omstandighede enige wanvoorstelling van enige instansie of persoon gemaak word nie. Alle kommentaar moet volgens die visie en missie van Helpende Hand wees.

3) Eer verskille en toon respek vir ander se menings: toon begrip vir ander se demografie, kultuur, geslag, ras, kleur, geloof, godsdiens, etnisiteit, seksuele oriëntasie, geslagsidentiteit, nasionale oorsprong, burgerskap, ongeskiktheid of huwelikstatus.

4) Kommentaar/inhoud oor die volgende onderwerpe is streng verbode:
- Haatspraak teenoor enige instansie of individu
- Negatiewe kommentaar teenoor ander werknemers of teenoor Helpende Hand
- Aanhitsing tot geweld
- Rassisme
- Seksisme
- Laster
- Kru taalgebruik
- Ander aanstootlike inhoud
- Pornografiese materiaal of kommentaar
- Strooipos of bemarking van jou produk of diens

5) Beskerm ons kinders: Geen foto’s van kinders mag deur derdepartye in Solidariteit Helpende Hand se kommentaarafdeling geplaas, of via ’n persoonlike boodskap aan ons versprei word nie. Solidariteit Helpende Hand vervul nié die volgende funksies nie:
Statutêre maatskaplike dienste:
Helpende Hand beskik nie oor die mandaat om enige vorm van statutêre maatskaplike diens te kan lewer nie, naamlik die beveiliging van kinders en enige ander optrede kragtens die Kinderwet (No. 38 van 2005). Die Afdeling Maatskaplikewerkdienste is egter bevoeg om raad en leiding oor die verskillende statutêre prosesse kragtens die bogenoemde wet te verskaf en persone na geregistreerde kinderbeskermingsorganisasies te verwys. Finansiële bystand:
Helpende Hand is ʼn niewinsgewende organisasie en kan dus nie finansiële bystand bied nie. Dit sluit onder andere die volgende uitgawes in:
 Verbands- of huuronkostes
 Elektrisiteitsrekeninge
 Herstelkostes aan wonings
 Trek- of reisonkostes
 Finansiële ondersteuning in terme van mediese aangeleenthede
 Begrafnisdienste
 Borgskappe
Behuising:
Helpende Hand beskik nie oor enige behuising nie. Die maatskaplike werker kan egter, waar moontlik, kontakbesonderhede van skuilings en ander hulpbronne voorsien, maar dit is die persoon se eie verantwoordelikheid om die betrokke hulpbronne te kontak.

03/09/2026
🪻 Gelukkige Sekretaressedag, Sunet Van Der Merwe ! 🪻Vandag vier ons Solidariteit Helpende Hand Noordwes-Streek se besond...
02/09/2026

🪻 Gelukkige Sekretaressedag, Sunet Van Der Merwe ! 🪻

Vandag vier ons Solidariteit Helpende Hand Noordwes-Streek se besonderse Streeksadministratiewe Beampte!

Dankie Sunet, vir jou hulpvaardigheid en vir die talle dinge wat jy elke dag agter die skerms doen om seker te maak alles verloop goed. Jou bydrae maak ’n groot verskil in ons span en ons is dankbaar vir jou!

Jy is en bly ʼn STER! ⭐️



❤️ EngelHarte ❤️                    Persone met Gestremdhede                  Solidariteit Helpende Hand Noordwes-Streek...
31/08/2026

❤️ EngelHarte ❤️
Persone met Gestremdhede

Solidariteit Helpende Hand Noordwes-Streek skep Bewusmaking oor Persone met Gestremdhede.

‼️Ons Takke is lekker besig om Sensoriese Gordyne uit herwinbare materiaal te maak vir ons 1ste Sensoriese Tuin in ons streek by Daphne Lee Centre.‼️

Die gemeenskappe word ook ingelig oor:
- Wanpersepsies en
- Wenke vir beter hantering van Persone met
Gestremdhede.

Dankie Groot Marico Tak! ⭐️





Solidariteit Helpende Hand Forum vir Persone met Gestremdhede

Vir meer inligting:
noordweshand.co.za

🐾 Braaf kuier by Laerskool Burgersdorp! 💙Daar was groot opwinding by Laerskool Burgersdorp toe Braaf, die Boerboel van S...
27/08/2026

🐾 Braaf kuier by Laerskool Burgersdorp! 💙
Daar was groot opwinding by Laerskool Burgersdorp toe Braaf, die Boerboel van Solidariteit Helpende Hand, vir die maats kom kuier het! 🐶
Bella Blou, Braaf se helper, het die leerders vertel wat dit beteken om braaf te wees – en dat dit braaf is om altyd die regte ding te doen, selfs wanneer dit nie maklik is nie. 💪✨

Voor die besoek het die maats hul eie prentjies van Braaf ingekleur en ook geskryf oor ’n keer toe hulle in hul eie lewens braaf was. Van die maats het met groot selfvertroue vorentoe gestap en hul stories met die ander gedeel. ❤️

Een van die maats het vertel hoe hy al so braaf was om by ’n kamp vol beeste in te gaan – en hy was glad nie eens bang nie! 🐄😄 Wat ’n wonderlike voorbeeld van dapperheid!

Die Helpende Hand-tak van Lichtenburg wil graag baie dankie sê aan al die personeel van Laerskool Burgersdorp wat gehelp het om die kinders te leer wat dit beteken om BRAAF te wees. 🌟

Mag elkeen van hierdie maats aanhou om elke dag braaf te wees en die regte ding te doen! 💙🐾


🧱 Borg ’n baksteen, bou ’n herinnering! 💛Help ons Helpende Hand KOSH-tak om ’n muur van Herinnering by die Daphne Lee Se...
25/08/2026

🧱 Borg ’n baksteen, bou ’n herinnering! 💛
Help ons Helpende Hand KOSH-tak om ’n muur van Herinnering by die Daphne Lee Sentrum in Klerksdorp te bou.

Deur ’n baksteen te borg, help jy om ’n spesiale plek te skep waar inwoners hul geliefdes kan onthou en koester. 🌿

Elke baksteen dra ’n storie. Elke bydrae maak ’n verskil. 💕

Volg die skakel vir meer inligting.

’nbaksteen

Borg 'n baksteen. Bou hoop. Skep herinneringe. Help ons om 'n muur van herinnering te bou vir die inwoners van die Daphne Lee Sentrum. Solidariteit Helpende Hand se Noordwes-streek is besig met 'n projek wat fokus op die welstand van mense met gestremdhede. As deel van hierdie projek word daar by di...

🌟 Braaf en Braafin kuier by Ventergekombineerde Skool! 🌟Die Ventersdorp Helpende Hand-tak het Maandag die saalopening by...
25/08/2026

🌟 Braaf en Braafin kuier by Ventergekombineerde Skool! 🌟
Die Ventersdorp Helpende Hand-tak het Maandag die saalopening by Ventergekombineerde Skool sommer ekstra spesiaal gemaak met ’n besoek van ons geliefde Braaf en Braafin! 🐻💛

Braaf en Braafin het die kinders geleer hoe belangrik dit is om die regte ding op die regte tyd te doen. Die kinders het entoesiasties deelgeneem en sommer lekker saamgeleer. 😊

Die belangrikste boodskap was dat dit goed en braaf is om vir ander om te gee, ’n helpende hand uit te reik en daar te wees wanneer iemand hulp nodig het. 🤝❤️

Dit was ’n heerlike oggend vol pret, leer en belangrike lewenslesse! Ons hoop elke kind stap vandag weg met die wete: Dit is braaf om om te gee! 🌈


23/08/2026

💙🧡 Welstand deur Werksyn +1
Solidariteit Helpende Hand Kongres 2026 💙🧡

➡️ Bietjie agter die skerms: waar almal saam lag en hulself kan wees...want Solidariteit Helpende Hand Noordwes-Streek het natuurlik die Beste Gees! 😉

Vir meer inligting:
noordweshand.co.za




23/08/2026

💙🧡 Welstand deur Werksyn +1
Solidariteit Helpende Hand Kongres 2026 💙🧡

Die driedaagse kongres, wat slegs elke drie/vier jaar plaasvind, bring 520 personeel en afgevaardigdes uit Helpende Hand se 15 streke en netwerk van sowat 230 takke landswyd byeen. Dit fokus op die verdere uitbreiding en versterking van gemeenskappe deur die organisasie se personeel, vrywilligers, takke, instellings en projekte.

“Vorentoe. Altyd vorentoe.” – Hannes Noëth



Vir meer inligting:
noordweshand.co.za

❤️ EngelHarte ❤️                    Persone met Gestremdhede                  Solidariteit Helpende Hand Noordwes-Streek...
12/08/2026

❤️ EngelHarte ❤️
Persone met Gestremdhede

Solidariteit Helpende Hand Noordwes-Streek skep Bewusmaking oor Persone met Gestremdhede.

‼️Ons Takke is lekker besig om Sensoriese Gordyne uit herwinbare materiaal te maak vir ons 1ste Sensoriese Tuin in ons streek by Daphne Lee Centre.‼️

Die gemeenskappe word ook ingelig oor:
- Wanpersepsies en
- Wenke vir beter hantering van Persone met
Gestremdhede.

Dankie Koster Tak! ⭐️





Solidariteit Helpende Hand Forum vir Persone met Gestremdhede

Vir meer inligting:
noordweshand.co.za

Address

Potchefstroom
2570

Opening Hours

Monday 08:00 - 16:00
Tuesday 08:00 - 16:00
Wednesday 08:00 - 16:00
Thursday 08:00 - 16:00
Friday 08:00 - 16:00

Telephone

0718708946

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Solidariteit Helpende Hand Noordwes-Streek posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The Organization

Send a message to Solidariteit Helpende Hand Noordwes-Streek:

Shortcuts

Share