Huis Hebron

Huis Hebron Huis Hebron

Boeresport by HebronHebron Inwoners sorg vir baie vermaak, hope pret en lekker lag vir oud en jonk met lekker boeresport...
05/04/2026

Boeresport by Hebron

Hebron Inwoners sorg vir baie vermaak, hope pret en lekker lag vir oud en jonk met lekker boeresport so op die paasnaweek met aktiwiteite soos Bokdrol spoeg, eier loop, sak resies en kettie skiet.

Na die tyd het elkeen n lekkergoed pakkie met allerhande lekkernye in ontvang en die dag afgesluit met n lekker worsbroodjie met n tamatie en uie smoor sousie en n Hot cross bun.

Hebron het bietjie naged**k oor die Paasfees gebeure.Preek waargeneem deur ons eie inwonende Pastoor Pierre van den berg...
05/04/2026

Hebron het bietjie naged**k oor die Paasfees gebeure.

Preek waargeneem deur ons eie inwonende Pastoor Pierre van den berg

Die Evangelie kan in een woord opgesom word naamlik IDENTIFIKASIE!

Die mensdom het hulle posisie by God verloor na die sondeval.
Efesiërs 2:1-8
Geestelik hofuitspraak: Dood, Domineer, Verdoem!

Slegs 'n wetlike transaksie was nodig om herstel te bewerkstellig.

Dit was Christus en God se besluit.
Johannes 3:16 & 2 Korintiërs 5:21
"Christus was sonder sonde, maar God het Hom in ons plek as sondaar behandel sodat ons, deur ons eenheid met Christus, deur God vrygespreek kan wees."

2 Korintiërs 5:17
"Iemand wat aan Christus behoort, is 'n nuwe mens. Die oue is verby, die nuwe het gekom."

Hoe maak mens dit prakties!
Galasiërs 2:20
"en nou is dit nie meer ek wat lewe nie, maar Christus wat in my lewe. Die lewe wat ek nou nog hier lewe, leef ek in die geloof in die Seun van God wat sy liefde vir my bewys het deur sy lewe vir my af te lê."

Na die boodskap het Hebron nagmaal gebruik.

Jesus het brood en wyn gebruik om iets belangrik te simboliseer:
Brood = Sy liggaam
Wyn = Sy bloed
Deur die bloed van Christus word ons een met Christus en kry ons 'n nuwe identifikasie.

Waaroor gaan Paasfees vir ons?

1. Liefde
God se liefde vir mense – Hy het Sy Seun gegee.

2. Vergifnis
Jesus se dood bring vergifnis van sonde.

3. Verlossing
Mense kan gered word deur geloof in Hom.

4. Hoop
Die opstanding wys dat die dood nie die einde is nie

Van die kruis tot die leë graf vertel Paasnaweek vir ons:
👉 Daar is vergifnis
👉 Daar is nuwe lewe
👉 Daar is hoop

Mag hierdie tyd jou herinner dat geen pyn, geen verlies en geen situasie te groot wees nie… want die graf is leeg en Hy leef!

Geseënde Paasfees.

Hebron is trots en baie dankbaar om hierdie berig te deel oor die Donateurs ete wat by Hebron plaas gevind het. Baie dan...
26/03/2026

Hebron is trots en baie dankbaar om hierdie berig te deel oor die Donateurs ete wat by Hebron plaas gevind het. Baie dankie Potchefstroom Herald

https://www.facebook.com/share/p/1aQrjTEp82/

Die spesiale aand van dankbaarheid wat onlangs by Huis Hebron, sowat 15 km buite Potchefstroom, aangebied is, was ’n reuse sukses en ’n ware

Hebron Donateurs ete 2026✨ **’n Aand vol stories, herinneringe en dankbaarheid** ✨Van die eerste verwelkoming… tot die l...
23/03/2026

Hebron Donateurs ete 2026

✨ **’n Aand vol stories, herinneringe en dankbaarheid** ✨

Van die eerste verwelkoming… tot die laaste lag en gesels – hierdie aand het soos ’n storie ontvou

Terwyl sagte musiek die atmosfeer gevul het en gaste ’n driegang-maaltyd geniet het, het iets besonders in die agtergrond afgespeel…
Ou foto’s wat deurlopend op die skerm vertoon is – elkeen ’n herinnering, elkeen ’n stukkie van die pad wat ons saam gestap het. 🖼️

Foto’s van waar dit begin het…
Foto’s van mense wat gehelp het…
Foto’s van hoop wat stadig maar seker gegroei het.

En skielik het jy besef: hierdie is meer as net ’n aand – dit is ’n lewende getuienis van liefde in aksie. 🙏

Aan elke donateur – dankie dat julle hierdie storie help skryf.
Aan elke organiseerder en helper – julle harde werk het hierdie aand moontlik gemaak.
Aan die span agter die kos en die musiek – julle het die hart van die aand gevorm.
En aan elke gas – dankie dat julle deel was van iets soveel groter.

Hierdie foto’s wat julle hier sien, en dié wat op die skerm afgespeel het, dra almal dieselfde boodskap:
✨ Wanneer mense saamstaan, gebeur daar iets besonders.

“Laat alles wat julle doen, in liefde geskied.” – 1 Korintiërs 16:14

03/03/2026

Hierdie is nou nie Hebron verwant nie, maar dis iets wat my baie na aan die hart lê. Die Bek & Klouseer pandemie waaronder al die boere in Suid Afrika en in die landbou gemeenskap baie swaar gebuk gaan. Baie sterkte vir elkeen van julle.

Daar kom tye in ons lewe waar dinge nie sin maak nie. Waar die vrae meer is as die antwoorde. Waar die hart moeg raak en die las swaar voel.

Maar onthou: Jy stap nie alleen nie.

Selfs wanneer dit stil voel, werk God steeds. Selfs wanneer jy nie die uitkoms kan sien nie, sien Hy reeds die einde van die pad. Hy is nie beperk deur tyd of omstandighede nie. Wat vir jou onseker lyk, is vir Hom reeds in Sy hande.

Moenie moed verloor nie. Hierdie moeilike seisoen definieer jou nie — dit vorm jou. Dit bou jou karakter, verdiep jou geloof en leer jou om weer op te kyk wanneer alles jou wil laat afkyk.

Praat met die Here oor alles wat jou pla. Hy luister. Hy verstaan. Hy bly naby — ook in die stilte.

Hou vas. Hou aan glo. Jou deurbraak mag nader wees as wat jy d**k. 🌅

✨ Die donkerste nag bring uiteindelik die mooiste sonsopkoms. ✨

Hemelse Vader,
Ons kom na U toe in ’n tyd van bekommernis en onsekerheid. Die siekte dreig ons vee. U sien die spanning, die slapelose nagte en die swaar verantwoordelikheid wat op elke boer se skouers rus.
Here, ons bid vir uitkoms. Spreek genesing oor ons vee — beskerm hulle teen siektes en epidemies. Gee wysheid aan veeartse en owerhede om reg en regverdig op te tree in moeilike tye.
Wanneer finansiële druk toeneem en markte onseker raak, herinner ons dat U ons Voorsiener is. U Woord sê dat U sorg vir die voëls van die hemel en die lelies van die veld — hoeveel te meer sal U nie vir ons sorg nie? Help ons om vas te hou aan geloof wanneer vrees wil oorneem.
Here, gee krag waar moed min raak. Gee hoop waar wanhoop wil insluip. Bind die landbougemeenskap saam in ondersteuning en eenheid. Laat ons nie alleen voel in hierdie stryd nie, maar bewus wees dat U teenwoordig is — selfs in die droogte, selfs in die stilte.
Ons plaas ons plase, ons vee en ons toekoms in U getroue hande.
In Jesus se Naam.
Amen. 🙏

Baie dankie Murray vir jou video.

https://www.facebook.com/share/v/1ByJstNZrg/

Send a message to learn more

Hebron geniet n Sondag oggend kerkdiens van n spesiale gas van die NWU pukke. Prof Fazel Freeks by die fakulteit Teologi...
23/02/2026

Hebron geniet n Sondag oggend kerkdiens van n spesiale gas van die NWU pukke. Prof Fazel Freeks by die fakulteit Teologie het die diens waargeneem saam met sy gesin. Sy boodskap het gegaan oor kyk na die wêreld en na die Woord van God vanuit n vertikale oogpunt en nie n horisontale oogpunt. Die Here is nie tydsgebonde nie en Hy kan van nou tot in ewigheid in sien. Hy het jou lewe van geboorte af klaar uit een gesit, praat met Hom oor jou probleme en dinge wat jou pla. Hy is nie afwesig nie en luister na jou en is altyd teenwoordig al voel of lyk dit nie altyd so nie. Hy het ook beklemtoon hoe belangrik dit is om die woord van God te lees sodat mens kan weet hoe God oor tyd gewerk het. Na die diens geniet Hebron en die gaste n lekker middagete gemaak en voorberei deur die inwoners waarna n lekker middagslapie volg.

Hebron het elke Saterdag oggend n manne biduur waar verskeie mense van Duet gemeente en ander mense van die publiek n mo...
14/02/2026

Hebron het elke Saterdag oggend n manne biduur waar verskeie mense van Duet gemeente en ander mense van die publiek n motiverende boodskap bring. Vandag se boodskap het gegaan oor wat is jou identiteit in Jesus Christus? Soek eers die koninkryk van God en die res sal bygevoeg word.

Hebron ontvang 'n donasie van allerlei verskillende Blikkies kos, Pasta, Toiletware ens by Mooirivier Rep en Roer Kleute...
13/02/2026

Hebron ontvang 'n donasie van allerlei verskillende Blikkies kos, Pasta, Toiletware ens by Mooirivier Rep en Roer Kleuterskool. Baie dankie vir julle bydrae en omgee.❤️

Hallo almal. Baie voorspoedige en n geseënde nuwejaar vir al Hebron se Facebook followers. Mag dit n vreugdevolle, vrede...
04/01/2026

Hallo almal. Baie voorspoedige en n geseënde nuwejaar vir al Hebron se Facebook followers. Mag dit n vreugdevolle, vredevolle jaar wees vol van God se genade en guns.

Hebron skop 2026 af met n hard verdiende naweek wegbreek langs die Klipdrift dam.

Hallo almal.Hebron word heerlik bederf deur NG Kerk Grimbeeckpark.  Hartlike dank aan die leraar en gemeente en in beson...
22/12/2025

Hallo almal.

Hebron word heerlik bederf deur NG Kerk Grimbeeckpark. Hartlike dank aan die leraar en gemeente en in besonder Kate Naude. Dankie vir Al die ondersteuning en donasies deur die jaar. Geseënde Christusfees aan u almal. Hebron bestuur en inwoners

Address

Rietfontein
Potchefstroom
2520

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Huis Hebron posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Share