20/05/2026
Jy sal nie glo wat het onlangs in Potchefstroom plaasgevind nie!
Versoening tussen twee nasies, mensegroepe wat nie te lank terug nie teen mekaar oorlog gemaak het. Die Afrikaner en die Ndebele mense.
Love Potch was bevoorreg om genooi te word na die geleenthede en was ook getaak om sekere areas in die dorp wat besoek sou word, skoon te maak en reg te ruk.
Ons het sekere geskietkundige areas besoek soos Liebenbergs kop, "Slag van die Vaal" asook die Liebenberg grafte. Geskietkundige konteks is deur beide groepe gedeel en n besonderse geheelbeeld is gevorm oor ons gedeelde geskidenis. As deel van die Mthwakazi royal family wat al die pad van Bulawayo af gekom het was daar ook lede van die Zulu koninklike gesin teenwoordig.
'n volledige artikel sal in die toekoms op ons webtuiste verskyn, maar in die tussentyd, lees gerus deur 'n artikel wat deur een van die hoof sprekers van die naweek geskryf is hier:
https://gatewaynews.co.za/when-reconciliation-begins-in-small-gatherings-at-obscure-places-afrika-mhlophe/
Hier is die Herald artikel:
https://www.citizen.co.za/potchefstroom-herald/news/2026/05/03/matabele-and-afrikaner-nations-commit-to-reconciliation-at-historic-event-in-potchefstroom/
Almal van ons word gekonfronteer met n keuse oor wat ons kies om met ons eie toekoms te doen, daagliks, en my uitnodiging aan elke Potchefstromer is om saam met my n toekoms te kies en te bou waarop ons kan trots wees en graag aan ons kinders wil nalaat.