Potch Dienssentrum

Potch Dienssentrum Potchefstroom Dienssentrum - Die plek waar almal iemand is... Ons bied ook aktiwiteite, uitstappies en toere aan om u lewe interessant en betekenisvol te hou.

Potchefstroom Dienssentrum lewer allerlei dienste aan die publiek en aan ons lede teen bekostigbare pryse. Skakel ons gerus vir meer inligting en besoek ook ons webtuiste.

29/08/2026
’n Dag weg, ’n bus vol lekker mense en baie mooi herinneringe!Vandag het ons ’n heerlike uitstappie na Jasmyn in Hartbee...
26/08/2026

’n Dag weg, ’n bus vol lekker mense en baie mooi herinneringe!

Vandag het ons ’n heerlike uitstappie na Jasmyn in Hartbeespoort geniet. Daar was tyd vir lekker eet, rondkuier, inkopies doen en natuurlik baie gesels en lag!

Baie dankie aan almal wat saam met ons hierdie dag so besonders gemaak het. Ons het dit terdeë geniet!

Jordi Mentz en Ronè Jv Vuuren het ons kom bederf met ’n heerlike poppekas, vol pret en lag!Maar daar was ook ’n spesiale...
26/08/2026

Jordi Mentz en Ronè Jv Vuuren het ons kom bederf met ’n heerlike poppekas, vol pret en lag!

Maar daar was ook ’n spesiale verrassing: op ’n unieke en kreatiewe manier is die inhoud van ons nuwe Lente-nuusbrief aan ons lede bekend gemaak.

Baie dankie, Jordi en Ronè, vir ’n besondere oggend en ’n lekker bederf!

SAVE THE DATE!1 Oktober – Potchefstroom Dienssentrum verjaar, Eer die Bejaarde & Dankie-sê-funksieJakkie Louw vier die d...
24/08/2026

SAVE THE DATE!

1 Oktober – Potchefstroom Dienssentrum verjaar, Eer die Bejaarde & Dankie-sê-funksie

Jakkie Louw vier die dag saam met ons.

Kaartjies: R100 p.p. en sal binnekort by die dienssentrum se kantoor beskikbaar wees.

Potch Geesfees is om die draai!En natuurlik gaan Potchefstroom Dienssentrum daar wees om die fees nóg lekkerder te maak!...
21/08/2026

Potch Geesfees is om die draai!

En natuurlik gaan Potchefstroom Dienssentrum daar wees om die fees nóg lekkerder te maak!

Kom maak gerus 'n draai by ons stalletjie en bederf jouself met:
-Heerlike pannekoek
-'n Lekker worsie op 'n stokkie

18/08/2026
Ons Welweesbasaar is in volle swang! Kom maak gerus nog ’n draai – ons is vandag hier tot 13:00! Geniet heerlike kos en ...
18/08/2026

Ons Welweesbasaar is in volle swang!

Kom maak gerus nog ’n draai – ons is vandag hier tot 13:00!
Geniet heerlike kos en maak gebruik van ons gratis gesondheidssifting.

Ons sien julle graag hier!

14/08/2026
*ONS HET ’N BUSSIE!*’n Droom wat ’n werklikheid geword het! Met ongelooflike dankbaarheid kan ons vandag sê: ons nuwe bu...
14/08/2026

*ONS HET ’N BUSSIE!*

’n Droom wat ’n werklikheid geword het!

Met ongelooflike dankbaarheid kan ons vandag sê: ons nuwe bussie is hier!

En hierdie een kom met ’n baie spesiale storie…

’n Reuse, opregte DANKIE aan Agreenco wat die bussieprojek oorgeneem het en dit moontlik gemaak het dat Potchefstroom Dienssentrum vandag spog met n nuwe bussie om vervoer van Potchefstroom se ouer persone aan te spreek.

Julle ongelooflike vrygewigheid beteken vir ons méér as wat woorde kan beskryf. Hierdie bussie gaan ’n direkte verskil maak in die lewens van ons bejaardes – dit gee hulle die geleentheid om makliker en veiliger deel te neem aan uitstappies, aktiwiteite, sosiale geleenthede en die gemeenskap.

Agreenco, dankie dat julle nie net ’n bussie geborg het nie, maar dat julle geleenthede skep waar nuwe vriendskappe gesmee word en nuwe herinneringe gebou gaan word.

Aan elke persoon wat ons ondersteun, aangemoedig en saam met ons hierdie droom gedeel het - dankie!

Ons is ongelooflik bevoorreg en dankbaar.

Hierdie bussie gaan baie kilometers van liefde, omgee en mooi herinneringe aflê! Potchefstroom is n wondeelike gemeenskap.

Address

90 Chris Hani
Potchefstroom
2531

Opening Hours

Monday 07:30 - 16:30
Tuesday 07:30 - 16:30
Wednesday 07:30 - 16:30
Thursday 07:30 - 16:30
Friday 07:30 - 14:30

Telephone

+27182930678

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Potch Dienssentrum posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The Organization

Send a message to Potch Dienssentrum:

Shortcuts

Share