30/08/2026
Aan die ander kant van Potch, by die Die Dromers Mark, was ons bedrywig met 'n pannekoek stalletjie, want wat is 'n mark daarsonder....🥞❤️
Ons was bevoorreg om dit te kon doen met kosbare vriende en vrywilligers van die organisasie. Julle maak ons hande soveel sterker – en sulke geleenthede sommer soveel lekkerder! 😄
’n Baie groot dankie aan ons borg, The Security Mecca Potchefstroom wat dit vir ons moontlik gemaak het. Julle ondersteuning beteken meer as wat julle besef.
Dankie vir die lekker kuier, die harde werk, die pannekoek-bak en al die lag! Ons sien reeds uit na die volgende geleentheid saam met julle. 🥞😊
Saam raak ons lewens aan.
Saam bring ons hoop. 🌱❤️