EG Kerk Potchefstroom

EG Kerk Potchefstroom Die EG Kerk Potchefstroom is n gemeente groot genoeg om jou te akkommodeer en klein genoeg om jou te waardeer.

29/08/2026
1 Petrus 2 - Voetspore wat die Kruis agterlaat
23/08/2026

1 Petrus 2 - Voetspore wat die Kruis agterlaat

1 Petrus 2 - Voetspore wat die kruis agterlaatThis stream is creat...

22/08/2026

Herdenkdiens - James Richard Pio

Voetspore wat die Kruis agterlaatOns leef in ’n wêreld vol stemme, invloede en voorbeelde — maar daar is net Een wie se ...
22/08/2026

Voetspore wat die Kruis agterlaat

Ons leef in ’n wêreld vol stemme, invloede en voorbeelde — maar daar is net Een wie se voetstappe werklik die moeite werd is om te volg.

1 Petrus 2:21 Want hiertoe is julle geroep, omdat Christus ook vir julle gely het en julle ‘n voorbeeld nagelaat het, sodat julle sy voetstappe kan navolg;

Wat beteken dit prakties om Jesus se voetstappe na te volg?
Watter merk behoort die Kruis op ons lewe te laat?
En kan mense aan ons voetspore sien Wie ons volg?

Kom ontdek saam met ons hoe die Kruis nie net iets is waarna ons kyk nie — maar ’n pad waarop ons geroep word om te wandel.

Daar is voetspore voor ons… die vraag is: Sal ons daarin volg?

Ons sien jou Sondag!

Mattheus 27 - Wat sou u met Jesus doen?
16/08/2026

Mattheus 27 - Wat sou u met Jesus doen?

Nyd de videoer og den musik, du holder af, upload originalt indhold, og del det hele med venner, familie og verden på YouTube.

WAT SOU Ú MET JESUS DOEN? Dit is ’n vraag wat niemand namens jou kan antwoord nie.Pilatus het voor ’n keuse gestaan. Die...
14/08/2026

WAT SOU Ú MET JESUS DOEN?

Dit is ’n vraag wat niemand namens jou kan antwoord nie.

Pilatus het voor ’n keuse gestaan. Die skare het geskree. Die druk was groot. En toe kom daardie aangrypende vraag:

Matteus 27:22 Wat moet ek dan doen met Jesus wat genoem word Christus?

Meer as 2 000 jaar later het daardie vraag nog niks van sy dringendheid verloor nie.

Wat doen ÉK met Jesus?
Sal ek Hom erken?
Sal ek Hom kies wanneer die skare iets anders kies?
Sal ek Hom aanvaar — of verwerp?
Kan ek werklik my hande van Hom probeer was?

Kom luister hierdie Sondag na ’n boodskap wat ons elkeen persoonlik voor hierdie vraag bring: WAT SOU U MET JESUS DOEN?

Spreuke 31 - n Waardevolle vrou in n waardelose wêreld.
09/08/2026

Spreuke 31 - n Waardevolle vrou in n waardelose wêreld.

This stream is created with

Hierdie Sondag kom ons as gemeente bymekaar om iets besonders te vier: die vroue wat God in ons lewens geplaas het. ❤️On...
08/08/2026

Hierdie Sondag kom ons as gemeente bymekaar om iets besonders te vier: die vroue wat God in ons lewens geplaas het. ❤️

Ons leef in ’n wêreld waar ’n vrou se waarde dikwels gemeet word aan haar voorkoms, prestasies, ouderdom, beroep of wat sy vir ander kan doen. Maar die Here kyk dieper.

Haar waarde word nie deur die wêreld bepaal nie dit word deur die Here bepaal.

Aan elke vrou wat moeg is…
Aan die vrou wat stilweg deur ’n moeilike seisoen gaan…
Aan die vrou wat wonder of sy genoeg is…
Aan die moeder, dogter, vrou, ouma, vriendin en suster in Christus…

Jy is kosbaar. Jy is waardevol. Jy word deur die Here gesien en geken. 🌷

Kom vier ons hierdie Vrouedag saam nie net om vroue te herinner aan hulle waarde nie, maar om hulle te eer, te bemoedig en te herinner aan Wie hulle waarde bepaal.

#’nWaardevolleVrou :10

Address

Walter Sisulu Avenue 350
Potchefstroom

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when EG Kerk Potchefstroom posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The Organization

Send a message to EG Kerk Potchefstroom:

Shortcuts

Share