19/08/2025
🌟 Saterdag 16 Augustus Mini sokker Toernooi 🌟
Na maande se geduld het drie van ons spanne — "Die Homeboys", "Die Young Stars" en "Porterville United"— met trots hul splinternieuwe sokker kits ontvang, in sluitend n trui, n broek, 2 paar kouse elk, sweetpakke, rugsakke vir elke speeler, n sokkerbal en doelwagter-handskoene vir elke span. Alles geborg deur Civ Source South Africa.
Ongelukkig was daar onlangs ’n inbraak by ons kantoor, waar 6 van die kinders se sweetpakke gesteel was. Daarom kon ons slegs 12 sweetpakke vir 2 spanne uitdeel. Maar ondanks hierdie teëspoed was die vreugde en trots op die gesigte van die kinders onbeskryflik toe hulle hul kits ontvang. 💚
Ons is diep dankbaar vir Civ Source se ondersteuning — met meer as R20,000 wat hulle in CrimeWatch se jeugspanne belê het om al die klere en toerusting vir hulle te kry. Die impak wat hulle op ons kinders en gemeenskap het, is werklik ongelooflik.
Na die oorhandiging het die seuns deelgeneem aan ’n opwindende toernooi, met verversings om die energie hoog te hou. 🎉 En die span van die dag — 🏆 Porterville United — het as wenners uitgestyg!
Die toernooi gaan oor twee weke verder, en ons kan nie wag om weer die passie, talent en spanwerk op die veld te sien nie.
🙏 ’n Groot dankie aan CivSource South Africa dat julle in ons kinders glo, ons jeug ondersteun en help om ’n sterker gemeenskap deur sport te bou. ⚽💪