24/10/2026
PORT NOLLOTH LEERDERS BLINK UIT BY NASIONALE SANLAM WOW SPELFEES
https://www.dieplattelander.com/post/port-nolloth-leerders-blink-uitby-nasionale-sanlam-wow-spelfees
D. Obies
PORT-NOLLOTH - Die Sanlam WOW Spelfees het vanjaar weer sy status as Suid-Afrika se grootste nasionale spelkompetisie bevestig toe honderde leerders van regoor die land op die Universiteit van Stellenbosch se kampus byeengekom het vir die gesogte eindrondte. Die geleentheid het, soos in vorige jare, 'n viering van taal, leer en kultuur geword waar leerders hul spelvernuf teen die beste deelnemers in die land kon toets.