ACVV Algoa Park/Govan Mbeki

ACVV Algoa Park/Govan Mbeki The ACVV strives to enhance the effective functioning of families (older persons included)as the core system in the community.

Baie maklik om die sopmengsel te maak.Sien voorbeeld aangeheg.
04/06/2026

Baie maklik om die sopmengsel te maak.

Sien voorbeeld aangeheg.

04/06/2026

Winterhoop 2026.

Indien u kan help met komberse, bedsokkies, warm truie, serpe, beanies, sopmengsel, of enige voedselprodukte waarmee u ons gesinne in nood, sowel as ons ouer persone inAlgoapark kan help, kontak die Maatskaplike Werker of Bestuurder gerus by 041-4563859 of 0644 262 045.

Baie dankie,

04/06/2026

By Solidariteit Helpende Hand verstaan ons dat maatskaplike aanmeldings prosesse, asook die ondersteunende strukture wat dit binne skole, kerke en ander instansies vereis, dikwels uitdagend kan wees. Hierdie uitdaging word verder vergroot namate maatskaplike probleme in ons gemeenskappe meer kompleks en omvangryk raak.

Onderwysers, kerkleiers en ander rolspelers word toenemend gekonfronteer met maatskaplike uitdagings binne hul daaglikse werksomgewings. Terselfdertyd is hulpbronne dikwels beperk, en daar bestaan soms onsekerheid rondom die korrekte kommunikasiekanale, verwagtinge en samewerking met welsynsorganisasies in die betrokke gemeenskap.

Solidariteit Helpende Hand se maatskaplike afdeling bied daarom omvattende opleiding aan skole, kerke en gemeenskapslede oor maatskaplike aanmeldingsprosesse. Hierdie opleiding geskied in samewerking met relevante welsynsorganisasies in die area en het ten doel om persone wat sake aanmeld toe te rus met die nodige kennis, vertroue en begrip van die korrekte prosedures.
Verder voorsien ons instansies van die toepaslike vorms, kontakbesonderhede en praktiese riglyne om te verseker dat aanmeldings verantwoordelik, veilig en doeltreffend hanteer word. Op hierdie wyse word nie net die persoon wat die saak aanmeld ondersteun nie, maar ook die kind, gesin of individu wat hulp benodig, sodat hulle die beste moontlike ondersteuning kan ontvang.

Elke gesprek maak saam! Stuur β€˜n epos aan [email protected] vir ondersteuning, advies of hulp.

2026

Winterhope 2026π†π’π―πž 𝐑𝐨𝐩𝐞. π†π’π―πž 𝐰𝐚𝐫𝐦𝐭𝐑 𝐭𝐑𝐒𝐬 𝐰𝐒𝐧𝐭𝐞𝐫.π†πžπž 𝐑𝐨𝐨𝐩. π†πžπž 𝐰𝐚𝐫𝐦𝐭𝐞 𝐑𝐒𝐞𝐫𝐝𝐒𝐞 𝐰𝐒𝐧𝐭𝐞𝐫.
04/06/2026

Winterhope 2026

π†π’π―πž 𝐑𝐨𝐩𝐞. π†π’π―πž 𝐰𝐚𝐫𝐦𝐭𝐑 𝐭𝐑𝐒𝐬 𝐰𝐒𝐧𝐭𝐞𝐫.
π†πžπž 𝐑𝐨𝐨𝐩. π†πžπž 𝐰𝐚𝐫𝐦𝐭𝐞 𝐑𝐒𝐞𝐫𝐝𝐒𝐞 𝐰𝐒𝐧𝐭𝐞𝐫.

Winterhoop 2026Help ons om soveel as moontlik van die bottels sopmengsel bymekaar te maak vir ons ouer persone en gesinn...
25/05/2026

Winterhoop 2026

Help ons om soveel as moontlik van die bottels sopmengsel bymekaar te maak vir ons ouer persone en gesinne in Algoapark.

Kos, klere, beddegoed enige items welkom.

Skakel die Maatskaplike werker, Sonia Pilcher de Jager vir enige bydrae.

Skakel my nou en raak betrokke.

Dankie

Dankie vir die kuier vandag.
31/03/2026

Dankie vir die kuier vandag.

Dankie Solidariteit.
27/03/2026

Dankie Solidariteit.

Na 59 jaar van toegewyde diens by die ACVV, sluit Mev. Retha van der Merwe haar merkwaardige loopbaan af – ’n reis wat begin het toe sy as ’n jong maatskaplike werker haar roeping gevolg het, en wat nou eindig as ’n lewende legende van diensbaarheid en liefde.

Op 81 jaar dra sy die vrug van ’n lewe wat generasies geraak het, en haar nalatenskap leef voort in die harte van almal wat sy ondersteun en geΓ―nspireer het.

Dat die ACVV Retha van der Merwe Aftree-oord Algoapark na haar vernoem is, is ’n bewys van die diepe waardering en respek wat die gemeenskap vir haar koester. Dit is nie net ’n gebou nie, maar ’n monument van haar onwrikbare toewyding, haar warmte en haar geloof in die waarde van elke mens.

Mev. van der Merwe se verhaal is een van volharding, diens en liefde – ’n herinnering dat ware grootheid nie in titels of posisies lΓͺ nie, maar in die stille, standvastige werk wat lewens verander.

Mag haar aftrede gevul wees met vrede, vreugde en die wete dat sy ’n nalatenskap agterlaat wat nog lank sal voortleef.

20/02/2026
06/02/2026

By Precious Mupenzi ‒⁠ ⁠Presidential Assent and Legal Reform: The Older Persons Amendment Act has been signed into law, modernising South Africa’s framework for the protection and care of older per…

04/02/2026

Eastern Cape Social Development's Ernest Malgas Treatment Centre - the provincial substance abuse treatment centre based in Gqebera - is inviting applications for girls intake for treatment.

Address

112 D**e Road, Algoa Park
Port Elizabeth
6001

Opening Hours

Monday 08:00 - 16:00
Tuesday 08:00 - 16:00
Wednesday 08:00 - 16:00
Thursday 08:00 - 16:00
Friday 08:00 - 16:00

Website

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when ACVV Algoa Park/Govan Mbeki posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The Organization

Send a message to ACVV Algoa Park/Govan Mbeki:

Shortcuts

Share