14/01/2026
🔥 Dit was nie maklik nie… maar saam het ons dit gedoen! 🔥
Ons plaas gewoonlik ons boodskappe in Engels, maar omdat die onderhoud met Luister FM & Johan Cloete op Luister FM in Afrikaans was, deel ons hierdie een ook in Afrikaans.
Die afgelope paar weke was ’n groot uitdaging – die wind het nie gehelp nie, en ons het gewens vir ’n bietjie reën. As mense net weet hoe vinnig plantegroei en fynbos brand in droë weer! Die rook het selfs die N2 gesluit, en as dit nie gebeur het nie, sou daar waarskynlik baie meer ongelukke op die pad gewees het.
Nie net het Farm Comm-lede ingespring nie, maar ook soveel organisasies, die brandweer, die boerevereniging en individue wat sommer net self gehelp het. Ons probeer doen wat ons kan, help waar ons kan en red wat ons kan.
Ons sê nie dat brandstigting nie ’n rol speel nie, maar glo dat onkunde oor brande ook ’n groot faktor is.
As die gemeenskap net verstaan: julle is die grootste helde! Elke donasie – groot of klein – maak ’n verskil. Selfs ses botteltjies water wat iemand afgelaai het, het gehelp.
Ons sê dankie – aan almal wat op enige manier gehelp het. 💛 Julle het gewys wat gemeenskap beteken!
Skakel in op die Grootbek Brekfis op Luister FM 89.6/90.6 Woensdag, 14 Januarie om 08h15 wanneer ons met Johan Cloete gesels oor die vure wat die laaste ruk woed in die Nelson Mandela Baai en omliggende areas.
“Die grootste probleem is dat die toestande uiters droog is, en die kombinasie van hitte en sterk winde vererger die situasie aansienlik,” het Johan Cloete gesê.
Johan Cloete op Luister FM is nie net 'n plaaslike radio omroeper nie, maar ook die Fire Team leier by Farmcomm, en die Brandbeskermingsbeampte van die Van Stadensrivier Brandbestrydingsvereeniging.
Gertjie "ou buddy ou pjel" De Jager
Lesa-Maré op Luister FM 89.6/90.6
Luister FM