Ons Winkel Polokwane

Directions Website Contact the organization

Ons Winkel Polokwane Ons Winkel - the charity thrift shops of the trusted South African NPO Solidarity Helping Hand with outlets all over SA. Beskerm jouself.

The shops accept and resell any donation to fund various community upliftment projects and study aid for students in need. Welkom by Solidariteit Helpende Hand se amptelike Facebook-blad. Helpende Hand is ʼn niewinsgewende organisasie wat fokus op die opheffing van gemeenskappe deur maatskaplik-gebaseerde gemeenskapsontwikkeling vir die volgende kwesbare groepe:

• Kinders
• Gesinne
• Persone met gestremdhede
• Ouer persone
Dít realiseer deur ’n verskeidenheid van projekte en programme wat in die onderskeie streke van stapel gestuur word. Ons waardes is in lyn met Facebook se gemeenskapswaardes Jy is welkom om jou opinie te lug, maar indien jy kru taal, rassistiese uitlatings of enige onvanpaste kommentaar lewer wat teen ons en Facebook se gemeenskapswaardes is, sal jy van die blad verban word. Solidariteit Helpende Hand se gemeenskapswaardes is soos volg:
1) Privaatheid en persoonlike veiligheid: ons ag die privaatheid van ons verbruikers, veral van begunstigdes, hoog. Geen inligting van enige persoon wat hulp versoek, sal aan die publiek bekend gemaak word nie. Dit sluit die identiteit en besonderhede oor alle aansoeke/versoeke via digitale media in. Die veiligheid van ons verbruikers is van kardinale belang. Geen boeliegedrag, teistering, intimidering of pespos sal geduld word nie. Wees versigtig oor watter persoonlike inligting jy aanlyn deel. Gevolglik word geen hulpversoeke op kommentaar in plasings of via ʼn derdepartyboodskap op ons blad toegelaat nie.

2) Verantwoordelike en etiese optrede: daar mag onder geen omstandighede enige wanvoorstelling van enige instansie of persoon gemaak word nie. Alle kommentaar moet volgens die visie en missie van Helpende Hand wees.

3) Eer verskille en toon respek vir ander se menings: toon begrip vir ander se demografie, kultuur, geslag, ras, kleur, geloof, godsdiens, etnisiteit, seksuele oriëntasie, geslagsidentiteit, nasionale oorsprong, burgerskap, ongeskiktheid of huwelikstatus.

4) Kommentaar/inhoud oor die volgende onderwerpe is streng verbode:
- Haatspraak teenoor enige instansie of individu
- Negatiewe kommentaar teenoor ander werknemers of teenoor Helpende Hand
- Aanhitsing tot geweld
- Rassisme
- Seksisme
- Laster
- Kru taalgebruik
- Ander aanstootlike inhoud
- Pornografiese materiaal of kommentaar
- Strooipos of bemarking van jou produk of diens

5) Beskerm ons kinders: Geen foto’s van kinders mag deur derdepartye in Solidariteit Helpende Hand se kommentaarafdeling geplaas, of via ’n persoonlike boodskap aan ons versprei word nie. Solidariteit Helpende Hand vervul nié die volgende funksies nie:
Statutêre maatskaplike dienste:
Helpende Hand beskik nie oor die mandaat om enige vorm van statutêre maatskaplike diens te kan lewer nie, naamlik die beveiliging van kinders en enige ander optrede kragtens die Kinderwet (No. 38 van 2005). Die Afdeling Maatskaplikewerkdienste is egter bevoeg om raad en leiding oor die verskillende statutêre prosesse kragtens die bogenoemde wet te verskaf en persone na geregistreerde kinderbeskermingsorganisasies te verwys. Finansiële bystand:
Helpende Hand is ʼn niewinsgewende organisasie en kan dus nie finansiële bystand bied nie. Dit sluit onder andere die volgende uitgawes in:
 Verbands- of huuronkostes
 Elektrisiteitsrekeninge
 Herstelkostes aan wonings
 Trek- of reisonkostes
 Finansiële ondersteuning in terme van mediese aangeleenthede
 Begrafnisdienste
 Borgskappe

Behuising:
Helpende Hand beskik nie oor enige behuising nie. Die maatskaplike werker kan egter, waar moontlik, kontakbesonderhede van skuilings en ander hulpbronne voorsien, maar dit is die persoon se eie verantwoordelikheid om die betrokke hulpbronne te kontak.

12/10/2026

🧡🛍️ OCTOBER IS THRIFT MONTH! 🛍️🧡

🎉 R10 SALE AT ONS WINKEL POLOKWANE! 🎉

Who doesn’t love a bargain? 😍🙌

Get ready to shop till you drop because we’re bringing you amazing thrift finds for JUST R10 EACH! 🤩🔥

You never know what treasures you’ll find! 👀✨ Bring your friends, bring your family and come hunt for those bargains!

📍 Ons Winkel Polokwane
Palm Centre, Shop 19

💥 SMALL PRICES. BIG BARGAINS. HAPPY THRIFTING! 💥

Tag your bargain-hunting bestie in the comments! 👇🧡

🧡✨ OCTOBER IS THRIFT MONTH! ✨🧡And we’re celebrating the best way we know how… with a R10 SALE! 🛍️🔥👗 ALL LADIES’ CLOTHING...
08/10/2026

🧡✨ OCTOBER IS THRIFT MONTH! ✨🧡

And we’re celebrating the best way we know how… with a R10 SALE! 🛍️🔥

👗 ALL LADIES’ CLOTHING
📚 BOOKS
🛏️ LINEN
👠 SHOES

💥 ONLY R10 PER ITEM! 💥

📅 9–13 OCTOBER
🧡 New stock will be coming out THROUGHOUT THE DAY, so every visit could mean finding something new!

Thrifting isn’t just about saving money…
♻️ It gives pre-loved items a second chance
💰 It saves you money
🌍 It’s better for the planet
❤️ And every purchase supports a good cause!

So bring your friends, bring your family and come see what treasures you can find! 😍

You never know what you’ll find when you thrift! 👀🛍️

📍 Ons Winkel Polokwane – Palm Centre, Shop 19

🧡 R10. ONE ITEM. ONE GREAT FIND. ONE GOOD CAUSE. 🧡

23/09/2026

Ons Winkel Polokwane sal more, 24 September toe wees vir die dag.
Sien julle weer Vrydag.

Op soek na baba-goedjies sonder om ’n fortuin te spandeer? 👀💸Kom loer in by Ons Winkel Polokwane! 💛✨ Pragtige tweedehand...
14/09/2026

Op soek na baba-goedjies sonder om ’n fortuin te spandeer? 👀💸

Kom loer in by Ons Winkel Polokwane! 💛

✨ Pragtige tweedehandse baba-items
🍼 Baba-benodigdhede
👕 Klere & outfits
🧸 Speelgoed & nog BAIE MEER!

Alles teen lekker bekostigbare pryse – want baba’s groei vinniger as wat jou beursie kan byhou! 😂💕

📍 Ons Winkel Polokwane
Winkelnommer 19, Palmsentrum, Groblerstraat

Kom snuffel, kom shop en dalk kry jy daardie perfekte bargain! 🛍️

09/09/2026
📢 Ons Winkel Polokwane het ’n groot tekort aan skenkings!Kom maak saam met ons ’n verskil in die gemeenskap 💙🙏 Enige iet...
26/08/2026

📢 Ons Winkel Polokwane het ’n groot tekort aan skenkings!
Kom maak saam met ons ’n verskil in die gemeenskap 💙

🙏 Enige iets word opreg waardeer:
👕 Klere (baba, kinders, dames en mans)
📚 Boeke
🍴 Kombuisware
🛏️ Linne
🪑 Meubels
👟 Skoene

📍 Aflaaipunt: Ons Winkel Polokwane, Winkelnommer 19, Palmsentrum, Groblerstraat
📞 Kontak: Beandri – 084 576 9520

Winter Clothing Sale24-31 August Shop 19, Palm Centre, Grobler Street
24/08/2026

Winter Clothing Sale
24-31 August
Shop 19, Palm Centre, Grobler Street

03/08/2026

Ter herdenking van die 100ste Ons Winkel wat op 28 Julie 2021 sy deure oop gemaak het, vier ons hierdie datum as 'n simb...
31/07/2026

Ter herdenking van die 100ste Ons Winkel wat op 28 Julie 2021 sy deure oop gemaak het, vier ons hierdie datum as 'n simbool van groei, dankbaarheid en genade.

By Ons Winkel Polokwane glo ons dat dankbaarheid die mooiste uitdrukking vind wanneer dit met ander gedeel word. Daarom het ons vandag die geleentheid aangegryp om 'n betekenisvolle verskil in ons gemeenskap te maak deur 'n item uit ons winkel te skenk aan iemand wat dit werklik nodig het.
127 Ons Winkels = 127 Dade van Hoop
As deel van die 2026 se Dade van Hoop-projek was dit vir Ons Winkel Polokwane 'n voorreg om iemand in ons gemeenskap te ondersteun met ’n item wat hul benodig uit ons winkel.
Hier is Ons Winkel *Polokwane* se Daad van Hoop.

Ons wil graag vandag iemand spesiaal erken – Bertie Nel en die span van Kosmos Angels Polokwane.
Bertie se verhaal is een van hoop en tweede kanse. Nadat hy self uitdagings soos haweloosheid en verslawing oorkom het, wy hy nou sy lewe daaraan om ander met liefde en waardigheid te dien. Deur Kosmos Angels help hy hawelose en kwesbare mense met kos, klere, warm storte, haarsny, toiletware en emosionele ondersteuning – en gee hulle weer hoop vir die toekoms.

Daarom is dit vir ons 'n groot voorreg om geskenkbewyse aan Kosmos Angels te skenk. Hierdie koopbewyse gee mense in nood die geleentheid om by Ons Winkel Polokwane self klere, skoene of ander benodigdhede te kom uitsoek – iets wat by hul spesifieke behoefte pas.
Ons hoop dat hierdie klein gebaar vir baie mense hoop, waardigheid en 'n bietjie vreugde sal bring. ❤️

Fotos en Storie gedeel met toestemming
Kosmos Angels Polokwane

Address

25 Grobler Straat
Polokwane
0699

Opening Hours

Monday 09:00 - 17:00
Tuesday 09:00 - 17:00
Wednesday 09:00 - 17:00
Thursday 09:00 - 17:00
Friday 09:00 - 17:00
Saturday 09:00 - 13:00

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Ons Winkel Polokwane posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The Organization

Send a message to Ons Winkel Polokwane:

Share