Tent Van Samekoms

Tent Van Samekoms Plaas jou geloof in GOD, want HY sal jou nooit faal nie.

MALEÁGI 3:10 AFR5310. Bring die hele tiende na die skathuis, sodat daar spys in my huis kan wees; en beproef My tog hier...
24/01/2025

MALEÁGI 3:10 AFR53
10. Bring die hele tiende na die skathuis, sodat daar spys in my huis kan wees; en beproef My tog hierin, sê die Here van die leërskare, of Ek vir julle nie die vensters van die hemel sal oopmaak en op julle 'n oorvloedige seën sal uitstort nie.
*******
Kern gedeelte:
"en beproef My tog hierin, sê die Here van die leërskare"
Die oomblik wat ek verwys na Maleagi 3:10, d**k almal ek vra vir geld, maar die lewe draai nie net om geld nie.
Deel van jou tiendes is ook van jou tyd, en hoeveel van jou tyd bestee jy aan GOD?
Moderne fone kan jou skerm tyd wat jy op elke applikasie spandeer het vir jou gee aan die einde van elke week.
Vergelyk die skermtyd met jou stiltetyd, waar jy stilte tyd saam met GOD deurgebring het, waar jy die eerste tiende van jou tyd spandeer het.
Enige iets groter as GOD in ons lewe is 'n afgod, en as die woorde jou tot aanstoot is, laat dit dan so wees.
Die waarheid is nie altyd mooi nie, maar dit bly die waarheid.
Jou huis is waar jou hart is, en as jou hart in opregte soeke na GOD is, sal mense meer van JESUS en minder van die wêreld in jou sien.
Sal jou stiltetyd vir jou belangriker word as jou media se skermtyd!
Nader tot GOD en hy sal tot jou nader.
-------
GEBED.
VADER, U Woord is waarheid en daarom onderneem ons vandag om 'n tiende van ons tyd aan U, U werk en die verspreideding van U Evangelie af te staan. Ons behoefte is om nader aan U groei en verder van die wêreld se verleiding en verderf af.
In die Naam van ons Meester YESHUA, bid ons dat U ons sal verlos van die media verslawing wat oor ons heers.
Amen.
•••••••
Webtuiste: https://tentvansamekoms.co.za
Sel: +27716283107

JOHANNES 4:49-51 AFR5349. Die koninklike beampte sê vir Hom: Here, kom af voordat my kind sterwe.50. Jesus antwoord hom:...
07/11/2024

JOHANNES 4:49-51 AFR53
49. Die koninklike beampte sê vir Hom: Here, kom af voordat my kind sterwe.
50. Jesus antwoord hom: Gaan, jou seun lewe! En die man het die woord geglo wat Jesus vir hom gesê het, en hy het gegaan.
51. En toe hy al op pad was huis toe, kom sy diensknegte hom tegemoet en bring die berig en sê: U kind lewe!
*******
Kern gedeelte:
"En die man het die woord geglo wat JESUS vir hom gesê het"
As jy tot GOD in gees en waarheid gebid het, en jy het die Woord ontvang oor die pad vorentoe, moenie twyfel nie, maar gaan onmiddelik voort en doen soos GOD dit op jou hart gelê het.
Dikwels twyfel ons en staan op die rand van oorwinning, maar deur ons twyfel wil ons nie die eerste tree neem nie, en dan word ons met so 'n ligte stootjie die water ingehelp.
Dit is eers wanneer ons kop onder die water ingaan dat ons besef dat ons moet rigting kry en beweeg soos GOD vir ons gesê het.
Moenie wag nie, maar begin beweeg, stap die pad, doen wat jy moet doen en laat die res aan GOD oor.
Moenie die eer aan die "verderwer" gee deur in twyfel te bly staan nie, maar begin die pad stap ter ere van GOD en Sy Heilige Naam.
-------
GEBED.
VADER, dankie dat U Woord ter bevestiging vanoggend so duidelik is soos daglig. So duidelik dat geen mens dit kan mis nie. Ons vra slegs vanoggend dat U ons voete sal rig op ons lewenspad en dat U ons sal lei in die rigting wat U van ons verwag, en laat dit wat ons doen slegs ter ere van U Naam sal wees.
In die Naam van ons Meester YESHUA, dank ons U vir hierdie eerste tree op die nuwe hoofstuk van ons lewenspad.
Amen.
•••••••
Webtuiste: https://tentvansamekoms.co.za
Sel: (+27)(0)716283107

I THESSALONICENSE 5:5-8 AFR535. Julle is almal kinders van die lig en kinders van die dag; ons is nie van die nag of die...
06/11/2024

I THESSALONICENSE 5:5-8 AFR53
5. Julle is almal kinders van die lig en kinders van die dag; ons is nie van die nag of die duisternis nie.
6. Laat ons dan nie slaap soos die ander nie, maar laat ons waak en nugter wees.
7. Want die wat slaap, slaap in die nag; en die wat dronk word, is in die nag dronk.
8. Maar laat ons wat van die dag is, nugter wees, met die borswapen van geloof en liefde aan, en as helm die hoop op die saligheid.
*******
Kern gedeelte:
"Maar laat ons wat van die dag is, nugter wees"
Dikwels is die boodskap so duidelik dat ek nie daarop wil uitbrei of verduidelikings wil byvoeg nie.
Hierdie boodskap is reeds so duidelik soos daglig, en as ons nie die kern hiervan verstaan nie, is dit waarskynlik omdat ons nog in die duisternis leef!
Die son sal eers vir jou opkom, en jy sal verlig word soos daglig wanneer jy JESUS CHRISTUS in jou lewe in nooi, want Sy Lig sal die duisternis in jou verdryf, sodat jy ook 'n kind van die lig, 'n kind van die dag kan wees.
-------
GEBED.
VADER, dankie dat U ons daaraan herhinner om nie aan die aktiwiteite van die die wêreld, van die nag deel te neem nie, maar dat ons waaksaam sal wees, met die borswapen van geloof en liefde aan, en as helm die hoop op die saligheid. Beskerm ons asb sodat die duisternis nie weer vatplek in ons lewe sal kry nie.
In die Naam van ons Meester YESHUA, bid ons vir krag om staande te bly teen die aanslae en versoekings van hierdie wêreld.
Amen.
•••••••
Webtuiste: https://tentvansamekoms.co.za
Sel: (+27)(0)716283107

I KRONIEKE 11:8-9 AFR538. En hy het die stad rondom opgebou van Millo af tot by die omtrek; en Joab het die orige deel v...
05/11/2024

I KRONIEKE 11:8-9 AFR53
8. En hy het die stad rondom opgebou van Millo af tot by die omtrek; en Joab het die orige deel van die stad herstel.
9. En Dawid het gedurigdeur groter geword, en die Here van die leërskare was met hom.
*******
Kern gedeelte:
"En Dawid het gedurigdeur groter geword"
Soms wil ons alles op een slag hê, en wanneer die terugslae van die lewe kom raak ons negatief en voel ons dat GOD ons verlaat het want die storms druis om ons heen.
Dawid se lewe was net so vol storms, uitdagings, probleme en oorlog.
Maar te midde van alles het hy volhard in sy soeke na GOD en was standvastig in sy verhouding met Hom.
Nog meer belangrik, as ons na Dawid se lewe kyk, hy was sensitief op die stem van GOD se Heilige Gees wat in ons inspreek.
En daardeur, te midde van alles, het Dawid gedurigdeur groter geword.
Staan op, staan vas, want GOD is met jou, en as jy in nederigheid voor GOD bly sal Hy jou gedurigdeur groter maak.
-------
GEBED.
VADER, soms voel ons of ons deur die wêreld oorweldig gaan word, maar as ons terugkyk na die dag van gister, was U met ons en het U ons deurgedra. Ons bid dat U ons ongeduld sal vergewe, ons sal versterk sodat ons in ons lewenspad nie wankel, maar standvastig sal wees in die wete dat U ons gedurigdeur groter maak.
In die Naam van ons Meester YESHUA, bid ons vir deurbrake in U tyd, soos dit U behaag.
Amen.
•••••••
Webtuiste: https:// tentvansamekoms.co.za
Sel: (+27)(0)716283107

HOSÉA 4:1, 6 AFR531. HOOR die woord van die Here, o kinders van Israel! Want die Here het 'n regsaak met die inwoners va...
04/11/2024

HOSÉA 4:1, 6 AFR53
1. HOOR die woord van die Here, o kinders van Israel! Want die Here het 'n regsaak met die inwoners van die land, omdat daar geen trou en geen liefde en geen kennis van God in die land is nie.
6. My volk gaan te gronde weens gebrek aan kennis; omdat jý die kennis verwerp het, sal Ek jou verwerp, sodat jy vir My die priesteramp nie sal bedien nie; omdat jy die wet van jou God vergeet het, sal Ek ook jou kinders vergeet.
*******
Kern gedeelte:
"My volk gaan te gronde weens gebrek aan kennis"
Ons gaan ten gronde omdat ons nie die Woord van GOD ken nie en na die "priesters van verleiding" luister.
In vandag se samelewing word van ons verwag om alles goed te keur in die Naam van "liefde vir jou naaste", maar tog staan dit duidelik geskrywe in Romeine 1: 32, mense wat — al ken hulle die verordening van God goed, dat die wat sulke dinge doen, die dood verdien — dié dinge nie alleen self doen nie, maar ook hulle goedkeuring skenk aan die wat dit doen.
Gaan lees gerus Romeine 1:18- 32.
Dit sal baie dinge duidelik maak, en dan sal jy nie weer die deur van jou huis daarvoor oopmaak nie, nie weer jou goedkeuring daaraan skenk nie.
Lees die Woord van GOD in diepte, gee aandag daaraan om na Sy Stem te luister.
Dan sal jy die kop wees en nie die stert nie.
-------
GEBED.
VADER, open asb vandag ons oë, sodat ons U Woord in waarheid sal lees en verstaan. Laat ons nie verder verlei word deur na die leuns van verleiding en die verdraaiing van U Woord te luister nie, maar dat ons sal kies om U in Waarheid te volg. Vergewe ons asb ons onkundigheid aangaande U Woord.
In die Naam van ons Meester YESHUA, bid ons vir die vergifnis van ons sondes.
Amen.
•••••••
Webtuiste: tentvansamekoms.co.za
Sel: (+27)(0)716283107

I KONINGS 19:5-7 AFR535. Daarop gaan hy lê en raak onder 'n besembos aan die slaap; en kyk, daar raak 'n engel hom aan e...
31/10/2024

I KONINGS 19:5-7 AFR53
5. Daarop gaan hy lê en raak onder 'n besembos aan die slaap; en kyk, daar raak 'n engel hom aan en sê vir hom: Staan op, eet!
6. Toe hy opkyk, was daar aan sy koppenent 'n broodkoek, op warm klippe gebak, en 'n kruik water. En hy het geëet en gedrink en weer gaan lê.
7. En die engel van die Here het weer vir die tweede maal gekom en hom aangeraak en gesê: Staan op, eet; anders is die pad vir jou te veel.
*******
Kern gedeelte:
"Staan op, eet; anders is die pad vir jou te veel"
Die lewe gaan nie net oor werk, oor die dinge wat hierdie wêreld bied nie.
Soos Elia kom daar 'n tyd wat alles te veel raak en dan is nodig dat ons moet rus, gevoed word, nie alleen met voedsel nie maar ook met Woord van GOD.
As ons dit nie doen nie, gaan die pad vir ons te veel raak, en ons sal nie die werk kan doen of die pad kan stap wat GOD vir ons beplan het nie.
Daarom, as die opdraende vir jou te styl word, stop, neem rus, word deur GOD se Woord versterk, dan sal geen pad te moeilik of opdraende te steil wees nie.
Onthou, by mense is dit onmoontlik, maar by GOD is alle dinge moontlik.
-------
GEBED.
VADER, wanneer ons teen die storms van die lewe instap, word die pad te moeilik, ons raak moeg en fokus dan slegs op die probleme. Dit is eers wanneer ons 'n tree terugneem, rus en versterk word deur U Woord, dat ons dinge uit 'n ander oogpunt sien, en dan sien ons die oplossings wat U voor ons geplaas het, sodat ons die pad voluit kan stap. Dankie dat ons vandag besef dat rus ook nodig is vir elkeen van ons.
In die Naam van ons Meester YESHUA, bid ons dat U die oogklappe van die lewe van ons oë sal verwyder sodat ons die Lig sal sien.
Amen.
•••••••
Webtuiste: https://tentvansamekoms.co.za
E-pos: [email protected]
Sel: (+27)(0)716283107

JEREMIA 5:24-25 AFR5324. en hulle het nie in hul hart gesê nie: Laat ons tog die Here onse God vrees, wat reën gee, vroe...
30/10/2024

JEREMIA 5:24-25 AFR53
24. en hulle het nie in hul hart gesê nie: Laat ons tog die Here onse God vrees, wat reën gee, vroeë reëns en laat reëns op hulle tyd, wat vir ons die vasgestelde weke van die oes in stand hou.
25. Julle ongeregtighede het hierdie dinge afgeweer, en julle sondes het die goeie van julle teruggehou.
*******
Kern gedeelte:
"julle sondes het die goeie van julle teruggehou"
Dikwels praat ons oor die skeidsmuur van sonde, en ons besef nie die omvang daarvan nie.
Hoe kan GOD ons seën as ons dit waarmee ons geseën gaan word, gaan gebruik om dit in ons welluste deur te bring en nie toe te laat dat GOD se seëninge deur ons na ander toe vloei nie.
Ons staan in ongeregtigheid voor GOD, maar terselfde tyd verwag ons dat GOD ons in ons ongeregtigheid moet seën.
As GOD ons nie in die mindere kan vertrou nie, hoe gaan Hy ons in die meeste vertrou wanneer Hy ons seën.
Ons moet eers leer om met die minste in onpartydige opregtheid voor GOD te kan staan, sodat wanneer GOD ons seën in ons lewe, dat ander se seëninge nie by ons sal vashaak nie, maar sal deurvloei na ander wat dit ook so brood-nodig het.
Maak jou skure van sonde leeg sodat dit gevul met die seëninge van GOD.
Ek spreek vandag GOD se seën oor jou lewe, jou huis, jou gesin, jou gesondheid en oor jou finansies.
Mag jou seëninge wees soos jy ander seën.
-------
GEBED.
VADER, seën asb hierdie boodskap waar dit ookal mag gaan, en as dit 'n huis vind wat U seëninge waardig is, laat dit daarop rus. Maak asb die vensters van die hemel oop en vul daardie huis met U heerlikheid, U seën en U vrede.
In die Naam van ons Meester YESHUA, bid ons vir elkeen wat in nood is. Voorsien asb aan elkeen wat biddend voor U staan.
Amen.
•••••••
Webtuiste: https://tentvansamekoms.co.za
E-pos: [email protected]
Sel: (+27)(0)716283107

GÉNESIS 4:6-8 AFR536. En die Here sê vir Kain: Waarom is jy kwaad, en waarom laat jy jou hoof hang?7. Is daar nie verhef...
29/10/2024

GÉNESIS 4:6-8 AFR53
6. En die Here sê vir Kain: Waarom is jy kwaad, en waarom laat jy jou hoof hang?
7. Is daar nie verheffing as jy goed doen nie? En as jy nie goed doen nie — die sonde lê en loer voor die deur, en sy begeerte is na jou; maar jy moet daaroor heers.
8. En Kain het met sy broer Abel gepraat; en toe hulle in die veld was, het Kain teen sy broer Abel opgestaan en hom doodgeslaan.
*******
Kern gedeelte:
"het Kain teen sy broer Abel opgestaan en hom doodgeslaan"
Moenie 'n deur van sonde oopmaak wat nie weer toegemaak kan word nie.
Pasop, moenie dat jou emosies nie die oorhand oor jou kry nie, want Kain was gewaarsku, maar deur emosie gedryf het hy 'n deur van sonde geopen wat nooit weer toegemaak kon word nie.
Daagliks lê die sonde en loer voor ons deur, en sy begeerte is na jou; maar jy moet daaroor heers.
Moenie die versoekings in jou lewe met emosie hanteer nie, maar vra dat GOD jou hierin sal lei, en hanteer die situasie binne Sy Wil.
Deur GOD se Wil na te volg sal jy nie net die versoeking oorkom nie, maar jy sal die sonde oorwin en daaroor heers.
-------
GEBED.
VADER, daagliks wil ons aan emosie oorgee en sake op 'n wêreldse manier hanteer. Die "verdêrwer" strewe daarna om ons aan die wêreld gelykvormig te maak sodat hy in oorwinning kan staan, maar op emosie gaan ons nie reageer nie, maar ons gaan opstaan en verklaar, die HERE is my Herder en ook deur hierdie situasie sal Hy my lei, my deurdra en my uitred.
In die Naam van ons Meester YESHUA, bid ons vir krag om nie in te gee of toe te gee nie.
Amen.
•••••••
Webtuiste: https://tentvansamekoms.co.za
E-pos: [email protected]
Sel: (+27)(0)716283107

MATTHÉÜS 6:33-34 AFR5333. Maar soek eers die koninkryk van God en sy geregtigheid, en al hierdie dinge sal vir julle byg...
28/10/2024

MATTHÉÜS 6:33-34 AFR53
33. Maar soek eers die koninkryk van God en sy geregtigheid, en al hierdie dinge sal vir julle bygevoeg word.
34. Kwel julle dus nie oor môre nie, want môre sal hom oor sy eie dinge kwel. Elke dag het genoeg aan sy eie kwaad.
*******
Kern gedeelte:
"Kwel julle dus nie oor môre nie"
Vandag wil ek vir jou bevestiging gee, dat jy moet aangaan, doen wat jy kan, met dit wat jy het, net waar GOD jou op hierdie gegewe oomblik geplaas het.
Die res laat jy aan GOD oor, en Hy sal jou paaie voor jou gelykmaak.
Wanneer ons op GOD begin fokus, in onpartydige opregtheid voor Hom staan, verander ons beperkinge in geleenthede, word vandag se probleme, môre se ondervinding wat jy nodig het vir die pad vorentoe.
Moenie soos Petrus na die golwe kyk nie, want daarin is die twyfel, maar fokus op GOD en Hy sal jou op die water laat loop.
Hy sal vir jou die onmoontlike moontlik maak.
-------
GEBED.
VADER, ons kan vanoggend op 'n hopie gaan sit en huil, en toelaat dat bekommernis ons oorskadu, of ons kan opstaan en verklaar dat ons die Lewende GOD dien, wat die onmoontlike moontlik maak. Ons dank U reeds dat U 'n pad voorberei waar daar geen pad is nie, waar geen mens dit kan doen nie. Ons lewe plaas ons in U hande. Laat dit wees soos dit U behaag.
In die Naam van ons Meester YESHUA, bid ons in danksegging vir vandag se voorsiening, en dra ons die dag van môre op aan U.
Amen.
•••••••
Webtuiste: https://tentvansamekoms.co.za
E-pos: [email protected]
Sel: (+27)(0)716283107

JEREMIA 2:17, 19 AFR5317. Het jou verlating van die Here jou God in die tyd toe Hy jou op die pad gelei het, jou dit nie...
25/10/2024

JEREMIA 2:17, 19 AFR53
17. Het jou verlating van die Here jou God in die tyd toe Hy jou op die pad gelei het, jou dit nie berokken nie?
19. Jou eie boosheid sal jou tugtig, en jou afkerighede sal jou straf; weet dan en sien dat dit verkeerd en bitter is dat jy die Here jou God verlaat het, en dat my vrees nie by jou is nie, spreek die Here, die Here van die leërskare.
*******
Kern gedeelte:
"Jou eie boosheid sal jou tugtig"
So dikwels praat ek oor ons "tafel van nagevolg" en vanoggend se boodskap stel dit so selfs nog beter wanneer GOD ons deur Sy Woord, hierdie vraag vra!
Het jou verlating van die Here jou God in die tyd toe Hy jou op die pad gelei het, jou dit nie berokken nie?
Soms moet ons maar net rustig gaan sit en terug d**k waar alles begin het, waar ons die pad byster geraak geraak het.
As jy eerlik genoeg met jouself kan wees, sal jy sien dat alles begin het, die dag toe jy GOD verlaat het en Sy Woord nie meer die prioriteit in jou lewe was nie.
Oord**k alles deegliks, roep GOD aan, nader tot GOD en Hy sal tot jou nader.
-------
GEBED.
VADER, ons kan slegs ons kop in skaamte sak, en weet dat ons sekere dinge nie kan weg argumenteer nie. Alles het begin toe ons die volheid van GOD verruil het vir die leegheid van hierdie "wêreld". Neem ons asb vanoggend aan die hand, lei ons terug na U, en die weg wat U vir ons beplan het.
In die Naam van ons Meester YESHUA, bid ons vir vergifnis van ons sondes.
Amen.
•••••••
Webtuiste: https://tentvansamekoms.co.za
E-pos: [email protected]
Sel: (+27)(0)716283107

JEREMIA 1:4-5 AFR534. Die woord van die Here het dan tot my gekom en gesê:5. Voordat Ek jou in die moederskoot gevorm he...
24/10/2024

JEREMIA 1:4-5 AFR53
4. Die woord van die Here het dan tot my gekom en gesê:
5. Voordat Ek jou in die moederskoot gevorm het, het Ek jou geken; en voordat jy uit die liggaam voortgekom het, het Ek jou geheilig; Ek het jou tot 'n profeet vir die nasies gemaak.
*******
Kern gedeelte:
"Voordat Ek jou in die moederskoot gevorm het"
Soos met Jeremia, is ons lewe reeds vir ons uitgelê, en GOD het die perfekte plan vir ons lewe tot Sy verheerliking.
Soos Jeremia, het ons ook vrese dat ons nie sal kan doen wat GOD vir ons beplan nie.
Maar soos GOD vir Jeremia opgerig het, so sal Hy jou ook oprig vir jou lewenstaak.
Deur jou lewens keuses mag jy tans op 'n plek wees waar jy nie moet wees nie, maar selfs hieruit sal wonderwerke voortspruit en tot getuienis wees.
Ongeag huidige gevoelens, situasies of beperkinge, GOD maak nie foute nie en jy is geskep vir 'n tyd soos hierdie.
Maar dit is tyd dat jy deur gebed en vas jou roeping in GOD vind.
Ek sê weer, GOD maak nie foute nie!
-------
GEBED.
VADER, daagliks twyfel ons in onself, en in U roeping en doel vir ons lewe. Deur ongeduld, versoekings van die "verderwer", verkeerde lewens keuses dwaal ons, terwyl U plan vir ons lewe nog in wording is. Gee asb dat ons die dinge van hierdie wêreld sal agterlaat en U roeping vir ons lewe sal najaag. Versterk ons asb om binne U Wil te kan beweeg.
In die Naam van ons Meester YESHUA, bid ons vir elkeen wat siek is, mag U Hand hulle vanoggend aanraak en genees.
Amen.
•••••••
Webtuiste:https://tentvansamekoms.co.za
E-pos: [email protected]
Sel:(+27)(0)716283107

II SAMUEL 22:29-31 AFR5329. Want U is my lamp, o Here! En die Here laat my duisternis opklaar.30. Want met U loop ek 'n ...
23/10/2024

II SAMUEL 22:29-31 AFR53
29. Want U is my lamp, o Here! En die Here laat my duisternis opklaar.
30. Want met U loop ek 'n bende storm, met my God spring ek oor 'n muur.
31. Die weg van God is volmaak; die woord van die Here is gelouter; Hy is 'n skild vir almal wat by Hom skuil.
*******
Kern gedeelte:
"Want met U loop ek 'n bende storm"
As jy vandag huiwer om die eerste tree te neem, die pad van 'n nuwe begin te stap, neem die tyd en nooi GOD saam met jou op jou lewenspad.
Hy sal jou rig, jou lei, behoed en bewaar.
Deur die inwerking van Sy Heilige Gees sal jy die stem hoor wat sê, gaan links of gaan regs.
Met GOD saam met ons op ons lewenspad, kan ons opstaan en sê, met my GOD loop ek 'n bende storm.
Maar laat ons ook soos Moses sê:
As U nie self meegaan nie, laat ons dan nie hiervandaan optrek nie.
Wag op GOD, moenie jaag nie, kry sekerheid in jou hart, want as GOD jou begin beweeg, gaan niks jou stop nie!
-------
GEBED.
VADER, vandag kom vra ons dat ons nie in ons haastigheid sal beweeg nie, maar sal wag op U bevestiging. Gee ons asb sekerheid in ons hart wanneer die regte tyd aanbreek het om saam met U hierdie pad te begin stap. Dankie dat U vanoggend bevestig dat U ons die krag sal gee om alle struikelblokke te oorkom, want met ons GOD loop ons 'n bende storm, maar sonder U beweeg ons nie 'n tree nie.
In die Naam van ons Meester YESHUA, bid ons dat U met ons sal wees in alles wat ons aanpak, dat U hierdie lewenspad saam met ons sal stap.
Amen
•••••••
Webtuiste: https://tentvansamekoms.co.za
E-pos: [email protected]
Sel: (+27)(0)7162831907

Address

E56 Farm Weltevrede
Patensie
6335

Opening Hours

Monday 08:00 - 17:00
Tuesday 08:00 - 17:00
Wednesday 08:00 - 17:00
Thursday 08:00 - 17:00
Friday 08:00 - 17:00
Sunday 08:00 - 17:00

Telephone

+27725104040

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Tent Van Samekoms posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The Organization

Send a message to Tent Van Samekoms:

Share