Die Voortrekkers Tierkop Kommando

Die Voortrekkers Tierkop Kommando Die Voortrekkers is n Afrikaanse Jeug beweging. Ons kom elke Vrydag gedurende die skool kwartaal bymekaar vanaf 17:30 tot 19:00

04/10/2026
25/09/2026

Op 30 September vier ons 95 jaar van Die Voortrekkers.

95 jaar – van ons oudste tot ons jongste!

Hoe vertel ’n mens die verhaal van 95 jaar?

Dalk deur twee lede wat aan weerskante van ’n besondere leeftyd staan.

Ons oudste aktiewe lid, volgens ons lededata, is Pieter Richard, gebore op 29 Maart 1937 en steeds ’n offisier van Somerset-Wes Kommando uit Kaapland.

Ons jongste lid is Joshua Roach, gebore op 21 Desember 2021, ’n Graad R-lid van Helderkruin Kommando uit Leeuwenveld.

Daar is 84 jaar tussen hulle geboortedatums — maar hulle dra dieselfde Voortrekkernaam.

Van ’n offisier met jare se ervaring tot ’n jong Voortrekker wie se pad maar pas begin het. Só word ’n beweging 95 jaar oud: elke geslag neem sy plek in en dra die lig verder.

Kontak ons gerus vir meer inligting oor Die Voortrekkers:
📧 [email protected]
📞 012 329 6011
📧 [email protected]




𝗚𝗿𝗮𝗮𝗱 𝟱 𝗚𝗼𝗱𝘀𝗱𝗶𝗲𝗻𝘀 𝗦𝗽𝗲𝘀𝗶𝗮𝗹𝗶𝘀𝗮𝘀𝗶𝗲 𝟮𝟬𝟮𝟲Tierkop Voortrekkers het die afgelope naweek die Godsdiens Spesialisasie aangebied v...
25/08/2026

𝗚𝗿𝗮𝗮𝗱 𝟱 𝗚𝗼𝗱𝘀𝗱𝗶𝗲𝗻𝘀 𝗦𝗽𝗲𝘀𝗶𝗮𝗹𝗶𝘀𝗮𝘀𝗶𝗲 𝟮𝟬𝟮𝟲

Tierkop Voortrekkers het die afgelope naweek die Godsdiens Spesialisasie aangebied vir graad 5 Voortrekkers in die Wes-Kaap, met die hoofdoel om kinders se kennis oor die Bybel uit te brei. Blootstelling is gegee aan onderwerpe soos die Berge en Riviere van die Bybel, Bybelstede, Leefwyse in die Bybelse tyd, Feeste, Idiome uit die Bybel, ensomeer.
Elkeen het 'n Bybelpersoonlikheid gekry waarvolgens hul moes aantrek en bekendstel die Saterdagaand tydens ‘n Bybelse ete. Sondagoggend het ons 'n besondere kerkdiens saam met Bellville Uitsig Gemeente bygewoon.
Voortrekkers van Bellville, Brackenfell, Kraaifontein, Parow, Hermanus area, Somerset-Wes, Stellenbosch, Strand en Malmesbury het die naweek bygewoon.
Dankie aan Bellville Oom Vossie Voortrekkerkommando wat hul terrein beskikbaar gestel het vir die aanbieding hiervan.

𝗕𝗔𝗜𝗘 𝗚𝗘𝗟𝗨𝗞 𝗣𝗿𝗲𝘀𝗶𝗱𝗲𝗻𝘁𝘀𝘃𝗲𝗿𝗸𝗲𝗻𝗻𝗲𝗿𝘀!!Tierkop is baie trots op Ruan Snyman en Stefan van der Merwe van die Ratelspan wat die ...
02/08/2026

𝗕𝗔𝗜𝗘 𝗚𝗘𝗟𝗨𝗞 𝗣𝗿𝗲𝘀𝗶𝗱𝗲𝗻𝘁𝘀𝘃𝗲𝗿𝗸𝗲𝗻𝗻𝗲𝗿𝘀!!

Tierkop is baie trots op Ruan Snyman en Stefan van der Merwe van die Ratelspan wat die Presidentsverkennertoekenning verwerf het.

Knap gedaan manne en baie geluk!
Gelukwensing ook aan jul ouers wat jul die geleentheid gebied het om te kon deelneem aan die proses.

Ons wil ook vir neef Philip, die Ratels se spanoffisier, gelukwens met sy span se prestasie, sonder jou leiding sou dit nie moontlik gewees het nie!

Hou Koers manne en maak net so 'n sukses van jul Matriek eindeksamen! 💪

19/06/2026

Welkom by ons derde plasing oor die belangrikheid waarom kinders tyd in die natuur moet deurbring?
1. Dit bou selfvertroue
2. Dit bevorder kreatiwiteit
3. Dit verbeter sintuie: Die natuur mag minder stimulerend lyk as ’n videospeletjie, maar in werklikheid aktiveer dit meer sintuie — jy kan sien, hoor, ruik en die milieu aanraak. Soos kinders minder en minder van hul lewens in natuurlike omgewings deurbring, verswak hul sintuie moontlik en dit verminder die rykdom van ervaring. Die natuur prikkel ook die sintuie. Die klank van voëls, die gevoel van vars lug en die kleure van die omgewing, inspireer mense om anders te dink en nuwe dinge te probeer. Baie kunstenaars, skrywers, fotograwe en musikante kry hul beste idees wanneer hulle tyd buite deurbring.
Die Voortrekkers bied dit en meer...
Moet dit nie van jou kinders ontneem. Hul verdien dit.

Tierkop se kleinste spannetjie, die graad R Dolfyne span is bedrywige, vrolike kindertjies. Onlangs het hulle by hul spa...
11/06/2026

Tierkop se kleinste spannetjie, die graad R Dolfyne span is bedrywige, vrolike kindertjies. Onlangs het hulle by hul spanoffisier se huis gewerk aan hul eerste spesialisasie kenteken, Druppels. Nou weet hulle baie van die gebruike van water en hoekom ons nie water moet mors nie. Hulle het geverf, koeldrank en jellie gemaak, skoongemaak en opgewas, alles gebruike van water.

Dankie aan Parow-Noord gemeente wat gistermiddag vir ons 'n kerkdiens aangebied het. Kinders is tans besig met skooleksa...
08/06/2026

Dankie aan Parow-Noord gemeente wat gistermiddag vir ons 'n kerkdiens aangebied het. Kinders is tans besig met skooleksamen, maar 'n klompie het die diens saam met die offisiere bygewoon. Dankie vir 'n mooi boodskap oor die fluistering van God wat altyd daar is te midde van die "geraas en chaos" wat ons soms ervaar in ons lewens. Die plaatkoekies en koffie na die diens was 'n groot bederf wat Tierkop opreg waardeer.

𝗞𝗘𝗡𝗡𝗜𝗦𝗚𝗘𝗪𝗜𝗡𝗚!!!Spanbyeenkoms vir al die spanne vind môreaand plaas by President Voortrekkersaal, 191 De Wetstraat in Vri...
04/06/2026

𝗞𝗘𝗡𝗡𝗜𝗦𝗚𝗘𝗪𝗜𝗡𝗚!!!

Spanbyeenkoms vir al die spanne vind môreaand plaas by President Voortrekkersaal, 191 De Wetstraat in Vrijzee vanaf 17:30. Kinders wat nie die speletjiesaand daarna gaan bywoon nie kan weer 19:00 gehaal word.

Gesinne wat nog nie ingeskryf het nie is ook steeds baie welkom om by ons aan te sluit vir die speletjiesaand – ons het genoeg bordspeletjies vir almal.

Die kwartaal spoed na sy einde, dis koud, kinders moet leer vir eksamen en die programme hardloop deurmekaar , MAAR iewers moet jy ’n rukkie bietjie briek aandraai, rustig en ontspanne wees saam met jou gesin, lag en uitbundig pret hê.

Ons herinner weer aan Tierkop se speletjiesaand. Bring jou gesin en vriende, kies ’n tafel en kom kuier saam om ’n bordspeletjie.

Waar: President Voortrekkersaal
Wanneer: Vrydag, 5 Junie
Tyd: 17:30 tot 21:00

Skryf in by: https://forms.gle/WAvW8J5wBb7RZDE76

Kom speel saam!

Tierkop se mense wens vir Stefan en Ruan sterkte toe vir vanaand se Hoofleierswag vraestel.
13/04/2026

Tierkop se mense wens vir Stefan en Ruan sterkte toe vir vanaand se Hoofleierswag vraestel.

𝗝𝗮𝗮𝗿𝘃𝗲𝗿𝗴𝗮𝗱𝗲𝗿𝗶𝗻𝗴, 𝗯𝗿𝗮𝗮𝗶𝘃𝗹𝗲𝗶𝘀𝘃𝘂𝗿𝗲, 𝘀𝗽𝗿𝗶𝗻𝗴𝗸𝗮𝘀𝘁𝗲𝗲𝗹 𝗲𝗻 𝗕𝗶𝗻𝗴𝗼Vrydagaand het ons jaarvergadering gehou by die spankamers met Ti...
02/03/2026

𝗝𝗮𝗮𝗿𝘃𝗲𝗿𝗴𝗮𝗱𝗲𝗿𝗶𝗻𝗴, 𝗯𝗿𝗮𝗮𝗶𝘃𝗹𝗲𝗶𝘀𝘃𝘂𝗿𝗲, 𝘀𝗽𝗿𝗶𝗻𝗴𝗸𝗮𝘀𝘁𝗲𝗲𝗹 𝗲𝗻 𝗕𝗶𝗻𝗴𝗼
Vrydagaand het ons jaarvergadering gehou by die spankamers met Tierkop se ouers terwyl die kinders met spanbyeenkoms besig was. Dankie vir elke ouer wat daar was en entoesiasties saam gesels het oor ons program vir die jaar. Saam is planne gemaak en hulp aangebied om ook ons uitdagings aan te spreek. Na afloop van die jaarvergadering was die ouers die toeskouers by hul kinders se vlagstrykingseremonie.

Daarna is die vure aangesteek en het die springkasteel verrys wat vir groot pret en ’n feestelikheid atmosfeer gesorg het. Terwyl die kinders baljaar het offisiere en ouers mekaar leer ken met ’n lekker kenmekaar Bingo aktiwiteit.

Dankie aan almal wat teenwoordig was. Kyk uit vir die volgende gesinsaktiwiteit.

Address

Culemborg Straat 20
Parow

Opening Hours

17:30 - 19:00

Telephone

+27681542961

Website

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Die Voortrekkers Tierkop Kommando posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The Organization

Send a message to Die Voortrekkers Tierkop Kommando:

Shortcuts

Share