FAK Kultuurnetwerke: Suid

Call Directions Website Contact the organization

FAK Kultuurnetwerke: Suid Wees trots, wees deel!

Die Federasie van Afrikaanse Kultuurvereniginge (FAK) se Kultuurnetwerke in die Suidelike Streek.
'n Tuiste vir die kreatiewe viering van Afrikaanse taal en kultuur, en positiewe bevordering van ons kosbare Afrikanergeskiedenis.

Laaste Ekspo plasing!Dankie aan elke leerder wie die FAK Slypskool bygewoon het.Ons is baie beïndruk met elkeen se uitso...
07/08/2026

Laaste Ekspo plasing!
Dankie aan elke leerder wie die FAK Slypskool bygewoon het.
Ons is baie beïndruk met elkeen se uitsonderlike talente, en is opgewonde om te sien wat alles vir julle voorlê!
Dankie aan elke skool, onderwyser en ontvangsdame wie ons so mooi ontvang het en gehelp het om die leerders te bereik.

30/07/2026

PRESTASIE

Ons is ongelooflik trots op Caprivi de Beer (graad 10), wat die FAK Internasionale Afrikaans-Ekspo Paarl Slypskool suksesvol voltooi het. Hierdie gesogte slypskool bied aan uitstaande jong skrywers die geleentheid om hul kreatiewe skryfvaardighede onder leiding van kenners te ontwikkel.
Mag hierdie prestasie die begin wees van nog vele skryfsuksesse. Baie geluk, Caprivi!
Vir meer inligting oor die FAK Internasionale Afrikaans-Ekspo en die slypskole, besoek:
https://fak.org.za/fak-slyp-die-volgende-geslag-afrikaanse-skrywers/

30/07/2026

Die Federasie van Afrikaanse Kultuurvereniginge (FAK) het gedurende Julie drie suksesvolle Ekspo-slypskole vir uitstaande Afrikaanssprekende hoërskoolleerders in Pretoria, die Vrystaat en die Wes-Kaap aangebied. Die program bied aan jong skrywers die geleentheid om hul kreatiewe vaardighede onder leiding van die bekroonde draaiboek- en liedjieskrywer Sallas de Jager te ontwikkel. Slegs leerders wat op grond van hul prestasie onder die topleerders van hul graad geplaas het, of deur ‘n onderwyser aanbeveel is vanweë hul besonderse skryftalent, is genooi om deel te neem.
Ons is trots op HMS La Rochelle se Lize Naudé wat die FAK Internasionale Afrikaans-Ekspo Paarl Slypskool suksesvol voltooi het.

Paarl Slypskool 2026Die Taalmonument toneel 🎬
30/07/2026

Paarl Slypskool 2026

Die Taalmonument toneel 🎬

Paarl Slypskool 2026Taalmuseum stop 📚
29/07/2026

Paarl Slypskool 2026

Taalmuseum stop 📚

Paarl Slypskool 2026Terugflits na al die mooi oomblikke
28/07/2026

Paarl Slypskool 2026

Terugflits na al die mooi oomblikke

Hier is ons leerders!Die FAK het 16-17 Julie hul Wes-Kaap Ekspo Slypskool aangebied in Paarl.Dié winter skryfskool is ge...
20/07/2026

Hier is ons leerders!
Die FAK het 16-17 Julie hul Wes-Kaap Ekspo Slypskool aangebied in Paarl.
Dié winter skryfskool is gedoen met 'n kaggel wat brand in die agtergrond om die ergste winter koue te bestry en kreatiwiteit te laat ontdooi - en dit het beslis gewerk! Hierdie talentvolle leerders het oor die twee dae hul gate uit geniet; vriende gemaak, geleer om geborgenheid te verstaan en ervaar, en ook dieper kennis opgedoen in die lesings aangebied deur Sallas de Jager.

So het die deelname gelyk: Hoërskool Bellville (4), Paarl Gimnasium (2), Hoërskool Stellenberg (2), Durbanville Hoerskool (1), HMS La Rochelle (1), Curro Durbanville (1), Hoërskool Stellenbosch (1)

24/06/2026

“Ons wou nie bloot nog ’n fees aanbied nie; ons wou ’n ruimte skep waar kunstenaars en gehore mekaar werklik op ’n intieme manier kan ontmoet. Hierdie naweek het bewys dat daar ’n groot honger is vir kuns wat mense raak, uitdaag en inspireer.”

21/06/2026

Address

Akademia Kampus, 1 Breda Straat
Paarl
7646

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when FAK Kultuurnetwerke: Suid posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The Organization

Send a message to FAK Kultuurnetwerke: Suid:

Share