Round Table Paarl 44

Round Table Paarl 44 Guided by the principle: Adopt, Adapt and Improve.

Chartered in 1956, Round Table Paarl 44 is a fellowship of young men actively serving the Paarl community through hands-on projects, fundraising and fellowship.

🍻 Wat gebeur eintlik by ’n Round Table-meeting?Laas Donderdag het die manne van Round Table Paarl 44 weer om die tafel b...
02/09/2026

🍻 Wat gebeur eintlik by ’n Round Table-meeting?

Laas Donderdag het die manne van Round Table Paarl 44 weer om die tafel bymekaargekom. 🤝

Maar ’n Round Table-meeting is nie net ’n klomp manne wat om ’n tafel sit en vergader nie… 😄

👨‍🍳 Elke lid kry ’n b***t om die kos te maak.
Van ’n lekker pot tot iets sommer vinnig op die stoof — jy weet nooit wat op die spyskaart gaan wees nie! 😂

En dan het ons natuurlik ons Sarge. 👮‍♂️
Sy werk? Om seker te maak die meeting loop ordentlik… en veral dat niemand uit sy b***t praat nie! 😅

Tussen al die lag, kos en stories word daar natuurlik ook ernstig besigheid gedoen — ons bespreek projekte, beplan wat voorlê en kyk hoe ons weer ’n verskil in ons gemeenskap kan maak. 💪

Dis ’n bietjie fellowship, ’n bietjie besigheid, ’n lekker bord kos… en baie goeie mense om die tafel. 🍻

Want dis ook Round Table.

🎅🎁 KAN JY ’N KIND SE KERSFEES SPESIAAL MAAK?Pledges is vandag oop! ❤️Round Table Paarl 44 is hierdie jaar weer ’n Santa ...
01/09/2026

🎅🎁 KAN JY ’N KIND SE KERSFEES SPESIAAL MAAK?

Pledges is vandag oop! ❤️

Round Table Paarl 44 is hierdie jaar weer ’n Santa Shoebox Drop-Off Point, en ons gaan self ook 6 Santa Shoeboxes skenk. 🎁🎁🎁

Maar ons wil graag hê JY moet ook deel wees van hierdie ongelooflike projek.

Gaan vandag na die Santa Shoebox Project se webblad en pledge ’n boks vir ’n kind. Jy kies ’n kind, pak ’n persoonlike Santa Shoebox en gee vir ’n kind iets om na uit te sien hierdie Kersfees. 🎄❤️

’n Tradisionele Santa Shoebox bevat 8 noodsaaklike items — van toiletware en skoolbenodigdhede tot klere, ’n speelding en iets lekkers.

👉 Pledge vandag:
https://santashoebox.org.za/pledge-a-santa-shoebox/

Een boks. Een kind. Een groot glimlag. 🎅❤️

Kom ons wys weer hierdie jaar wat Paarl kan doen wanneer ons saamstaan.

Round Table Paarl 44 sien julle by die Drop-Off! 🙌

🍲 ONS HET DIT GEDOEN! 20 EMMERS. 5 000 MAALTYE. 🍲Die naweek is dit tyd! 🔥Ons het die afgelope paar weke saam met julle g...
31/08/2026

🍲 ONS HET DIT GEDOEN! 20 EMMERS. 5 000 MAALTYE. 🍲

Die naweek is dit tyd! 🔥

Ons het die afgelope paar weke saam met julle gewerk aan een groot doelwit: om genoeg fondse in te samel om 20 emmers vol kos te maak saam met Outside the Bowl Africa.

En vandag kan ons sê:

🎯 ONS HET ONS TEIKEN BEREIK! 🙌

💰 R14 800 ingesamel
🪣 20 emmers
🍲 ±5 000 porsies kos

Maar die belangrikste deel kom nou...

Hierdie Saterdag, 5 September, gaan ons die projek aanpak en help om daardie 20 emmers ’n werklikheid te maak. ❤️

Ons kan nie wag om te sien hoeveel mense ons saam kan help voed nie.

’n GROOT dankie aan elke persoon en besigheid wat bygedra, gedeel en ons ondersteun het. Sonder julle sou hierdie projek nie moontlik gewees het nie. 🙏

Die geld is ingesamel.
Die doelwit is bereik.
Nou is dit tyd om die verskil te maak. 💚

Hou ons blad dop — ons gaan julle saamvat op die dag! 👀

Vandag is dit weer tyd vir Springbokke teen die All Blacks! 🔥Die manne van Round Table Paarl 44 is reg om die Bokke te o...
22/08/2026

Vandag is dit weer tyd vir Springbokke teen die All Blacks! 🔥

Die manne van Round Table Paarl 44 is reg om die Bokke te ondersteun — groen en goud is vandag die enigste kleur! 💚💛

Twee rugbyreuse.
Een groot rivaliteit.
90 minute om te sien wie staan aan die einde.

🇿🇦 Kom ons Bokke! 🇿🇦

Wat d**k julle gaan die telling wees? 👇
Los julle voorspelling in die comments!

🍲 ’n Oggend van omgee in Franschhoek ❤️Vanoggend het van ons manne die geleentheid gehad om by Langrug Community Centre ...
22/08/2026

🍲 ’n Oggend van omgee in Franschhoek ❤️

Vanoggend het van ons manne die geleentheid gehad om by Langrug Community Centre in Franschhoek hand by te sit en te help om kos aan ongeveer 300 mense uit te deel.

Dit was meer as net kos opskep — dit was ’n ongelooflike belewenis om deel te wees van ’n span wat elke dag ’n verskil in hul gemeenskap maak. ❤️

Ons kon ook ’n klein bydrae lewer tot Langrug se nuwe Musiek- en Kunssentrum, met skryf- en kunsbenodigdhede wat ons geskenk het:

✏️ Potlode
🧽 Uitveërs
📄 A4- en A3-papier
📜 Rolle papier
🎨 Craft glue

Ons hoop hierdie items kan help om vir die kinders ’n ruimte te gee waar hulle kan skep, leer en hulself uitdruk. 🎨🎶

’n Groot dankie aan die span by Langrug vir die warm ontvangs en vir die ongelooflike werk wat julle in die gemeenskap doen.

Soms is dit so eenvoudig soos om ’n bord kos op te skep, ’n hand uit te steek en ’n bietjie van jou tyd te gee. ❤️

❤️ 20 emmers. 5 000 maaltye. Een gemeenskap.Op 5 September 2026 wil Round Table Paarl 44 saam met Outside the Bowl Afric...
19/08/2026

❤️ 20 emmers. 5 000 maaltye. Een gemeenskap.

Op 5 September 2026 wil Round Table Paarl 44 saam met Outside the Bowl Africa iets besonders doen — ons wil 20 emmers volmaak, wat genoeg is om ongeveer 5 000 porsies kos te voorsien aan mense wat dit die nodigste het. 🍲

Ons doel is om R14 800 in te samel.

Ons staan tans op:

💰 R8 740 ingesamel
🎯 R14 800 teiken
❤️ R6 060 nog nodig

Ons is reeds meer as halfpad daar! 🙌

Maar ons het julle hulp nodig om die laaste entjie klaar te maak.

Elke bydrae, groot of klein, bring ons nader aan daardie 20 emmers.

Wil jy deel wees van hierdie projek of ons help om die teiken te bereik?

📧 [email protected]
📱 Rigardt – 083 557 1250

Een gemeenskap. Een doel. ’n Verskil.

Kom ons maak seker dat daardie 20 emmers op 5 September vol is. ❤️

18/08/2026
17/08/2026

🐾❤️ Dit het begin met rugby... maar geëindig met 'n verskil. ❤️🐾

Ons Tackling Hunger for Pets Big Screen Day het dalk 'n paar weke gelede geëindig, maar die impak daarvan gaan steeds voort.

Hierdie naweek het Round Table Paarl 44 die dierekos wat ons tydens die dag ingesamel het, aan die Paarl SPCA PAARL geskenk. 🐶🐱

Saam het julle vir ons:
🐾 16 sakke dierekos
🥫 16 blikkies kos

geskenk.

Maar dit was nie al nie...

Die wins wat ons met ons boereworsrolle op die dag gemaak het, het ons gebruik om nog noodsaaklike skoonmaakmiddels en benodigdhede vir die SPCA aan te koop. 🙌

Dit is vir ons besonders om te sien hoe 'n dag wat begin het met mense wat saam rugby kyk, boerewors eet en die Springbokke ondersteun, uiteindelik 'n direkte verskil in die lewens van diere in ons gemeenskap kan maak.

'n Groot dankie aan elke persoon wat 'n sak of blikkie kos gebring het, 'n boereworsrol gekoop het of ons dag ondersteun het.

Julle het hierdie skenking moontlik gemaak. ❤️

Van die rugbyveld tot by die SPCA — saam maak ons 'n verskil.

🌟 Ontmoet ons Tafelaar van die Maand – Jason Hopgood 🌟(Sekretaris)Jason is sedert 2018 deel van Round Table. Hy het sy t...
10/07/2026

🌟 Ontmoet ons Tafelaar van die Maand – Jason Hopgood 🌟
(Sekretaris)

Jason is sedert 2018 deel van Round Table. Hy het sy tafelreis by Round Table Bellville begin, waar hy vir drie jaar getafel het, voordat hy na Round Table Paarl 44 oorgeplaas het. Vandag dien hy met trots as ons Sekretaris. 💪

Wat het jou laat besluit om by Round Table aan te sluit?

"Joining Round Table was a great opportunity to meet like-minded people and build lifelong friendships. It has allowed me to grow personally and professionally, expand my network, and, most importantly, give back to the community in meaningful ways."

Sy gunsteling herinnering by die Tafel?

"One of the most rewarding parts of Round Table is seeing the joy on the faces of children and adults who are in need. Being able to make a difference in someone's life, no matter how small, is incredibly heartwarming. Giving your time—something that is truly priceless—is one of the greatest gifts you can offer.

I was also fortunate enough to attend a national event in 2019 where Tablers from across South Africa, along with international visitors, came together. It was an unforgettable experience that opened my eyes to just how large and connected the Round Table family is."

'n Fun fact oor Jason wat min mense weet:

"I'm someone who is always willing to help others. In fact, one of my biggest weaknesses is that I struggle to say "no." If someone needs help, I'll usually do whatever I can, regardless of the time or effort involved. While that isn't always a good thing, it's simply part of who I am." 😉

'n Boodskap aan die lede:

"It is a privilege to serve on Table alongside such a great group of gentlemen. I look forward to working with each of you to make a positive impact, create lasting memories, and continue building the proud legacy of Round Table Paarl 44. Thank you all for your support, friendship, and commitment. Here's to another fantastic year together!" 🍻

Trots om Jason deel van RT44 te hê.

Elke maand stel ons 'n nuwe lid voor — manne wat die Tafel maak wat dit is. ❤️

🌱❤️ Dít is hoekom ons doen wat ons doen. ❤️🌱'n Paar maande gelede het Round Table Paarl 44 kompos aan 'n gemeenskapstuin...
08/07/2026

🌱❤️ Dít is hoekom ons doen wat ons doen. ❤️🌱

'n Paar maande gelede het Round Table Paarl 44 kompos aan 'n gemeenskapstuin geskenk om hulle te help om vars groente te kweek.

Hierdie week het ons die vrugte van daardie belegging gesien.

Joey Arnold Erasmus , wat met soveel passie na die tuin omsien, het die eerste oes van vars groente aan ons geskenk. 🥕🥬

Ons kon daardie groente weer aan die Paarl Nagskuiling skenk, waar dit gaan help om 'n voedsame maaltyd op iemand se bord te sit.

Vir ons is dit meer as net groente.
Dis 'n herinnering dat wanneer 'n gemeenskap saamwerk, hou 'n goeie daad nie op by een skenking nie – dit groei, dit dra vrug en dit word weer 'n seën vir iemand anders.

Baie dankie aan Joey vir sy harde werk en toewyding. Ons is trots dat ons deel van hierdie storie kon wees. 💚

Saam plant ons vandag, sodat ander môre kan oes.

Address

81 Klein Parys Avenue
Paarl

Telephone

+27791975175

Website

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Round Table Paarl 44 posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The Organization

Send a message to Round Table Paarl 44:

Shortcuts

Share