Round Table Paarl 44

Call Directions Contact the organization

Round Table Paarl 44 Guided by the principle: Adopt, Adapt and Improve.

Chartered in 1956, Round Table Paarl 44 is a fellowship of young men actively serving the Paarl community through hands-on projects, fundraising and fellowship.

👀 Paarl, julle is nog nie reg vir wat Vrydag kom nie… 😂💜Ons dra gewoonlik blazers, hou vergaderings en probeer dinge in ...
21/10/2026

👀 Paarl, julle is nog nie reg vir wat Vrydag kom nie… 😂💜

Ons dra gewoonlik blazers, hou vergaderings en probeer dinge in Paarl beter maak.

Maar hierdie Vrydag? Die dress code gaan ’n bietjie anders lyk. 👀🍑

Van die Round Table Paarl 44 manne pak die DAREdevil Run aan — alles vir ’n belangrike doel: bewustheid van prostaat- en testikulêre kanker.

Ons gaan dalk ’n bietjie anders lyk, maar dis vir ’n goeie rede! 💜

Paarl, wie join ons Vrydag ? Tag jou vriend wat dapper genoeg is om saam te hardloop. 😂👇

🎁❤️ Onthou jy nog die opgewondenheid om ’n geskenk oop te maak?Daardie gevoel van verrassing, vreugde en om te weet iema...
19/10/2026

🎁❤️ Onthou jy nog die opgewondenheid om ’n geskenk oop te maak?

Daardie gevoel van verrassing, vreugde en om te weet iemand het spesiaal aan jóú gedink. 🥹

Met die Santa Shoebox Project kan ons help om daardie gevoel vir ’n kind te gee wat dit dalk nie andersins hierdie Kersfees sou ervaar nie. 🎄🎁

✨ Pledges is oop!

Gaan na "santashoebox.org.za" (https://santashoebox.org.za), kies ’n kind en maak ’n pledge. Jy kan deel wees van iets wat vir ’n kind baie meer beteken as net ’n geskenk.

Kom ons help om hierdie Kersfees vir meer kinders spesiaal te maak. ❤️

👇 Wie gaan saam met ons ’n kind kies? Deel die boodskap en moedig iemand aan om ook ’n pledge te maak!

🌟 Ontmoet ons Tafelaar van die Maand – Keith Naude 🌟Keith is een van ons nuwe Tafelaars by Round Table Paarl 44, en ons ...
05/10/2026

🌟 Ontmoet ons Tafelaar van die Maand – Keith Naude 🌟

Keith is een van ons nuwe Tafelaars by Round Table Paarl 44, en ons is trots om hom deel van die Tafel te hê. 💪

Wat het jou laat besluit om by Round Table aan te sluit?

"Ek hou van die verhouding wat die Tafelaars het, en dat ons mikpunte en doelwitte dieselfde is. Om te gee sonder om iets terug te verwag."

Sy gunsteling herinnering by die Tafel?

"Brandblussers sal maar altyd ’n storie in iemand se gesprek wees." 🤣

’n Fun fact oor Keith wat min mense weet:

"Ek’s deel van ’n tweeling." 👯‍♂️

Trots om Keith deel van RT44 te hê. ❤️

Elke maand stel ons ’n nuwe lid voor — manne wat die Tafel maak wat dit is. 🍻

🍻 ’n Huis vol mense… en dit was net ’n gewone RT44-meeting. 😂Laas week het ons maandelikse meeting ’n bietjie meer besig...
02/10/2026

🍻 ’n Huis vol mense… en dit was net ’n gewone RT44-meeting. 😂

Laas week het ons maandelikse meeting ’n bietjie meer besig geraak as gewoonlik toe 7 van die manne van Paarl Lions Club 410W by ons kom kuier het. 🦁🍻

Nou ja… as jy ons en die Lions saam in een vertrek sit, gaan daar natuurlik ’n storie wees. 😂

Ons het onlangs ’n item by hulle Darts Day “geleen” — alles natuurlik in goeie gees — en hierdie week het die Lions kom seker maak hulle vat hom weer huis toe. 🎯😎

Maar tussen die laughs en die bietjie sports was daar ook iets wat ons nogal excited oor is…

Ons het ’n voorlegging gekry oor ’n moontlike groot projek wat ons volgende jaar saam met die Lions kan aanpak. 👀

Ons kan nog nie te veel verklap nie… maar as dit realiseer, kan dit ’n baie lekker ding vir ons gemeenskap wees.

Dis maar wat ons van Round Table geniet.

Goeie mense. Goeie vriendskappe. ’n Bietjie competition. En soms ’n plan wat groter is as onsself.

En natuurlik… ’n huis vol mense. 🍻😂

Ons sien uit na wat volgende jaar bring.

⛳❤️ WHAT A DAY!Ons 2026 Charity Golf Day is verby — en wat ’n dag was dit!Van die eerste tee-off tot die laaste kuier he...
30/09/2026

⛳❤️ WHAT A DAY!

Ons 2026 Charity Golf Day is verby — en wat ’n dag was dit!

Van die eerste tee-off tot die laaste kuier het ons ’n dag gehad vol golf, kompetisie, lag, goeie mense en lekker fellowship. 🍻⛳

Maar ’n dag soos hierdie gebeur nie vanself nie.

Agter elke 4-bal, elke prys, elke goodie bag en elke klein detail was daar mense en besighede wat bereid was om saam met ons te staan.

Aan elkeen van ons sponsors — BAIE DANKIE. 🙌

Julle ondersteuning het nie net gehelp om ’n Golf Day moontlik te maak nie. Dit help ons om die werk wat Round Table Paarl 44 deur die jaar doen, voort te sit.

Ons waardeer elke bydrae, groot of klein, en veral die vertroue wat julle in ons en ons projekte plaas. ❤️

Hierdie dag was ’n spanpoging.

Aan ons golfers, sponsors, helpers, volunteers en almal wat ’n hand gegee het — dankie dat julle deel was van RT44 se 2026 Charity Golf Day.

Nou… kan ons begin beplan vir die volgende een? 👀😂⛳

21/09/2026

Skakel in die Woensdag om 18H00 Via 147

Round Table Paarl 44 is deel van Tafel-toere en wys een van hulle projek.

17/09/2026

⛳🔥 MÔRE IS DIE DAG. 🔥⛳

Alles is reg.
Die goed is gepak.
Die baan wag.
Die manne is reg.

Daar is net ÉÉN nag oor voordat ons Round Table Paarl 44 Charity Golf Day afskop! 👀

Na maande se beplanning, reëlings en ’n hele paar WhatsApps later… is alles uiteindelik gereed. 😂

Môre bring ons die manne bymekaar vir ’n dag van golf, competition, lekker kuier en ’n paar verrassings langs die pad. 🍻⛳

En natuurlik is daar ’n groter doel agter die dag — om fondse in te samel vir ons Spectacular-projek. ❤️👀

18 September 2026
📍 Paarl Golf Club - Boschenmeer

Ons is gereed.

Is julle? 👀⛳

👀 Net omdat ons dit nie gepost het nie, beteken nie daar het niks gebeur nie…Die afgelope maand was daar weer ’n hele pa...
16/09/2026

👀 Net omdat ons dit nie gepost het nie, beteken nie daar het niks gebeur nie…

Die afgelope maand was daar weer ’n hele paar dinge aan die gang by Round Table Paarl 44 . 🍻

🏆 Paarl Lions Club 410W Darts Day
Ons manne het die dag gaan deelneem — en het met ’n 2de plek én die Most Bulls-titel weggestap. 🎯

🌱 ’n Handjie hulp vir ’n gemeenskapstuin
Met saagsels wat ons van FS Smit & co ontvang het, kon ons ’n plaaslike gemeenskapstuin ’n bietjie help om hulle projek aan die gang te hou.

❤️ Van die R10 Projek na die Nagskuiling
Die nie-bederfbare kos wat ons tydens ons R10 Projek ingesamel het, het nou sy pad gevind na die Paarl Nagskuiling, waar dit verder gebruik kan word om mense in ons gemeenskap te ondersteun.

🍕 En dan was daar natuurlik Ticky Tacky…
Ons maandelikse social — hierdie keer ’n bou-jou-eie-pizza aand, games en sommer net ’n lekker aand saam. 😂🍻

Dis dalk vier baie verskillende dinge…

Maar eintlik wys dit presies hoekom ons van Round Table hou.

Jy weet nooit heeltemal wat volgende is nie. 👀

En dis maar net ’n paar van die goed wat die afgelope maand gebeur het.

Volg RT44 — daar is altyd iets aan die gang. 😉

Adopt. Adapt. Improve.

15/09/2026

🎁⛳ Ietsie vir elke golfer… 👀

Die countdown is aan! 🔥

Vrydag is dit tyd vir ons Round Table Paarl 44 Charity Golf Day by Boschenmeer — en ons het ’n paar lekker verrassings vir julle gereed. 😏

Hier’s net ’n klein sneak peek van wat wag…

Maar die vraag is: Wat gaan nog alles in daai goodie bag wees? 👀

📅 Vrydag, 18 September 2026
📍 Boschenmeer Golf and Country Estate

En onthou — dis alles vir ’n goeie doel. ❤️
Alle fondse gaan na ons Spectacular-projek, wat mense help met oogtoetse en brille.

Sien julle Vrydag! ⛳🍻

Address

81 Klein Parys Avenue
Paarl

Telephone

+27791975175

Website

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Round Table Paarl 44 posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The Organization

Send a message to Round Table Paarl 44:

Shortcuts

Share