Forum vir Gestremdes in Orania

Call Directions

Forum vir Gestremdes in Orania As die HERE die huis nie bou nie, tevergeefs werk die wat daaraan bou; Ps. 127:1

Dankbaar!
17/09/2026

Dankbaar!

Die Forum vir Gestremdes in Orania wil graag ons dankbaarheid uitspreek teenoor ons Hemelse Vader en al ons instansies w...
17/09/2026

Die Forum vir Gestremdes in Orania wil graag ons dankbaarheid uitspreek teenoor ons Hemelse Vader en al ons instansies wat dit moontlik gemaak het om onlangs 3 rystoele te skenk vir ons mense! Julle ondersteuning is vir ons 'n riem onder die hart!

Saam is ons dankbaar om dit bietjie makliker te maak om te beweeg en te leef!

24/07/2026

Nog so ń laaste terugblik na die uitsonderlike geleentheid saam met 'n nuwe generasie jongmense wat 'n demonstrasie is van ons ryke, kleurvolle kultuurerfenis!

Wapadrand Boeredansgroep, ons het julle besonderse vertoning baie geniet en die saamdans was prettig!

23/07/2026
Die GROOT aand het aangebreek! Nog bietjie rond skarrrel en gou die laaste dinge in plek kry.....Annelie en Rikus, die B...
22/07/2026

Die GROOT aand het aangebreek!
Nog bietjie rond skarrrel en gou die laaste dinge in plek kry.....
Annelie en Rikus, die Bloustoor is perfek vir ons geleentheid! Baie dankie, alles is agtermekaar en netjies in plek. Ewald van XE Produksies het sommer al vroeg die musiektoerusting kom opslaan en ons heerlike vermaak met uitstekende musiek en klank. Tannie Tina se heerlike kerrie en rys, sop en vetkoekies en melkkos is lekker warm in die skottels opgeskep! Eldia, Joseph en Petrozette sit hand by en Karen neem foto's. Orania Beweging se Willem Boshoff is op sy pos.

En, Orania se mense maak die Blou Stoor vol! Julle is darem maar kosbaar! Ons moes weer en weer stoele indra! En die Fees het afgeskop!

Aan ieder en elkeen wat deelgeneem het om hierdie ń onvergeetlike aand vir ons almal te maak, ons waardeer julle!
Danette en jou pragtige groep en eksta hande, asook Tobie busbestuurder (wat daardie kosbare "vrag" oral veilig neem).... julle het diep in ons harte kom kruip!
Kom asseblief weer!



Deel 4 – Namiddag het Oom Hennie ons op die gewilde Dorpstoer geneem en al die wonderlike dinge van Orania vertel. Ons h...
22/07/2026

Deel 4 – Namiddag het Oom Hennie ons op die gewilde Dorpstoer geneem en al die wonderlike dinge van Orania vertel. Ons het opgestap na die Monumentkoppie waar van ons staatshoofde en ook die Klein Reus, wat ons selfwerksaamheid uitbeeld, vertoon word.

20/07/2026

Ons is so bevoorreg om die Wapadrand Boeredansgroep te kon beleef! Waaaaar gaan jy beter kry?😃

Address

Orania

Telephone

+27835572236

Website

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Forum vir Gestremdes in Orania posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Shortcuts

Share