27/08/2026
Agter moeilike gedrag skuil daar dikwels 'n kind wat bloot gesien, verstaan en gehelp moet word. Wanneer ’n kind uiteindelik veiligheid en stabiliteit ervaar, kry hulle ook die geleentheid
om die ondersteuning te ontvang wat hulle werklik nodig het.
Danksy ondersteuning uit die gemeenskap kon Orania Helpmekaar hierdie kind in 'n "Plek van veiligheid" plaas, en ook verseker dat sy unieke behoeftes raakgesien en professioneel
geassesseer word.
Vandag ontvang hy die onderrig en ondersteuning wat hom help om te groei, te leer en sy eie potensiaal te ontdek.
Hoe kan jy 'n verskil maak?
1. Raak betrokke by Orania Helpmekaar.
2. Maak 'n skenking.
3. Dra maandeliks by tot ons werksaamhede.
4. Skenk kos vir ons voedingskema.
5. Skenk klere aan Die Trommel Orania om so kledingsbehoeftes aan te spreek.
6. Praat met ons oor Pleegouerskap of Plek-van-Veiligheid behoeftes.
Jou bydrae beteken meer as net rand en sent. Dis 'n veilige plek vir kinders wat net onsekerheid ken. Dit gee hierdie kinders die geleentheid om raakgesien te word, en die kans op ’n beter toekoms.
Besoek: oraniahelpmekaar.co.za vandag nog en kliek op "Raak Betrokke"