Orania Helpmekaar

Call Directions Contact the organization

Orania Helpmekaar Helpmekaar is ‘n instelling sonder winsmotief, gekenmerk deur ‘n vrywillige en interaktiewe werkswyse.

Deur middel van goeie samewerking met ander instellings, werkgewers en inwoners, is ons doel om hoop te skep vir Afrikaners in Orania.

Hoe oud dink jy is Orania se oudste inwoner?Wat sal jy graag vir haar wil vra? Lewer gerus kommentaar met 'n vragie aan ...
15/10/2026

Hoe oud dink jy is Orania se oudste inwoner?

Wat sal jy graag vir haar wil vra?

Lewer gerus kommentaar met 'n vragie aan ons wyse gryse, Tannie Joeye.

Bonus: Indien ons die aantal kommentare kry wat gelykstaande aan haar ouderdom is, maak ons 'n video waar ons vir haar julle vrae vra en sy dit beantwoord.

In Oktobermaand fokus ons op ons bejaardes en sluit ook die maand met Bejaardeweek af. Meer inligting volg volgende week.




Sy is deur Orania Helpmekaar geïnspireer, nou inspireer sy ander.Megan de B**r is ons eie Orania-kind. Dit was juis hier...
09/10/2026

Sy is deur Orania Helpmekaar geïnspireer, nou inspireer sy ander.

Megan de B**r is ons eie Orania-kind. Dit was juis hier, deur haar interaksie met Orania Helpmekaar, waar sy die inspirasie gevind het om self ’n maatskaplike werker te word.

Vandag doen sy haar praktiese opleiding as Maatskaplike Hulpwerker by Orania Helpmekaar. Tydens die skoolvakansie het sy ’n prettige program vir kinders aangebied – en sommer self ’n bietjie deelgeword van die verskil wat haar jare gelede geïnspireer het.

Deur speel, nuwe vriendskappe en saamwees kan kinders se selfvertroue groei, nou kon Megan self ervaar hoe kosbaar dit is om in ’n kind se lewe te belê.

Die meisie wat eens geïnspireer is om ’n verskil te maak, is nou self besig om ander te inspireer. ❤️

Orania Helpmekaar was ook by die Orania Karnaval die afgelope naweek!Ons het die Vrydag afgeskop waar ons span op die do...
08/10/2026

Orania Helpmekaar was ook by die Orania Karnaval die afgelope naweek!

Ons het die Vrydag afgeskop waar ons span op die dorp se brandweerwa aan die vlot-optog deelgeneem het.

Oudergewoonte is die Karnaval se Skopfiets wedren Saterdag deur Orania Helpmekaar aangebied.

Die deelnemers (of eerder Skopfiets "skermunkels") het geesdriftig aan die wedrenne deelgeneem en dit was GROOT pret!

Hierdie maand fokus Orania Helpmekaar op Orania se bejaardes en sluit Oktobermaand met ons jaarlikse Bejaardeweek af.Maa...
07/10/2026

Hierdie maand fokus Orania Helpmekaar op Orania se bejaardes en sluit Oktobermaand met ons jaarlikse Bejaardeweek af.

Maak seker jy pen die aktiwiteite in jou dagboek neer en geniet die maand saam met ons wyse gryses!

03/10/2026

Die deelnemers by Orania Helpmekaar se skopfietswedren was BAIE kompeterend!

Baie dankie vir julle deelname, dit was groot pret.

03/10/2026

Baie geluk aan Lize Schlebusch die wenner van ons September venster-kompetisie!

Jy het ook die skrywer van die gedig reg geraai en het daarmee vir jouself nog 'n inskrywing losgeslaan. Jou geskenkbewys wag vir jou!

Oktober is 'n GROOT maand in Orania. Ons vier Kruger-dag (wie weet op watter dag?) en ons hou Orania Karnaval.

Maak seker om hierdie jaar 'n draai by Die Trommel Orania se stalletjie te maak om allerhande snuffelbaarhede te ondersoek.

Wie sal Oktober se vensterkompetisiekampioen wees?

Janca, maatskaplike werker by Orania Helpmekaar, deel meer oor die mense wat oor ons pad kom.
01/10/2026

Janca, maatskaplike werker by Orania Helpmekaar, deel meer oor die mense wat oor ons pad kom.

Luister na hierdie verhaal ...

Orania Helpmekaar is Orania se maatskaplike instelling met een doel: Om te help.
Die hulp wat verleen word, het altyd ten doel om mense te help om hulself te help, en nooit om afhanklikheid te kweek nie.

Die mense van Orania Helpmekaar het al baie dinge gesien en kan baie stories vertel.
Luister na Joost Strydom se gesprek met Janca Pieterse hier: https://youtu.be/hSYY2SjTej8?si=kEZBkq1LTohCX7NJ

Is jou kleuter die skopfiets skermunkel wat almal se ore laat tuit wanneer hulle verby jaag?Hierdie resies is vir julle!...
28/09/2026

Is jou kleuter die skopfiets skermunkel wat almal se ore laat tuit wanneer hulle verby jaag?

Hierdie resies is vir julle!

Saal op die ysterperd en kom spoed saam!

Dis baie belangrik om die volgende te onthou:
1. Jy moet onder een van die ouderdomskategorieë soos aangedui resorteer, geen pappa op 'n perd sal toegelaat word nie.
2. Bring jou eie ysterperd indien moontlik, maar as jy talent het en geen perd nie, sal daar leenperde wees. (Belangrik, dit móét 'n skopfiets wees)
3. Meld Saterdagoggend voor 9:00 al by die Karnavalterrein aan.
4. Jaag jou hart uit vir 'n lekker tyd!

Sien julle daar!

POS BESKIKBAAR | MAATSKAPLIKE WERKEROrania Helpmekaar is op soek na 'n maatskaplike werker om deel van ons span te word ...
28/09/2026

POS BESKIKBAAR | MAATSKAPLIKE WERKER

Orania Helpmekaar is op soek na 'n maatskaplike werker om deel van ons span te word en saam met ons 'n gesonde en lewenskragtige gemeenskap te bevorder.

Die suksesvolle kandidaat moet onder andere beskik oor:

•⁠ ⁠'n B-graad in Maatskaplike Werk
•⁠ ⁠Geldige SACSSP-registrasie vir 2026/2027
•⁠ ⁠'n Kode B-bestuurderslisensie
•⁠ ⁠Goeie Afrikaans- en Engelse taalvaardigheid
•⁠ ⁠Goeie rekenaar- en administratiewe vaardighede
•⁠ ⁠Verblyfreg in Orania, of 'n duidelike voorneme om na Orania te verhuis

Die rol sluit onder meer terapeutiese ondersteuning aan kinders, berading aan volwassenes en gemeenskapsontwikkeling in.

Aansoeke sluit Woensdag 7 Oktober 2026.

Stuur jou Afrikaanse CV aan [email protected].

Vir amptelike briefhoof, kyk na die kommentaargedeelte.

Address

Olienhoutrylaan 68
Orania
8752

Opening Hours

Monday 08:00 - 16:30
Tuesday 08:00 - 16:30
Wednesday 08:00 - 04:30
Thursday 08:00 - 16:30
Friday 08:00 - 16:30

Telephone

+27531100797

Website

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Orania Helpmekaar posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The Organization

Send a message to Orania Helpmekaar:

Shortcuts

Share