Solidariteit Helpende Hand Newcastle Tak

Solidariteit Helpende Hand Newcastle Tak SOLIDARITEIT HELPENDE HAND: HUISREËLS VIR FACEBOOK-BLAD
Welkom by Solidariteit Helpende Hand se amptelike Facebook-blad. Beskerm jouself.

Helpende Hand is ʼn niewinsgewende organisasie wat fokus op die opheffing van gemeenskappe deur maatskaplik-gebaseerde gemeenskapsontwikkeling vir die volgende kwesbare groepe:
• Kinders
• Gesinne
• Persone met gestremdhede
• Ouer persone
Dít realiseer deur ’n verskeidenheid van projekte en programme wat in die onderskeie streke van stapel gestuur word. Ons waardes is in lyn met Facebook se ge

meenskapswaardes Jy is welkom om jou opinie te lug, maar indien jy kru taal, rassistiese uitlatings of enige onvanpaste kommentaar lewer wat teen ons en Facebook se gemeenskapswaardes is, sal jy van die blad verban word. Solidariteit Helpende Hand se gemeenskapswaardes is soos volg:
1) Privaatheid en persoonlike veiligheid: ons ag die privaatheid van ons verbruikers, veral van begunstigdes, hoog. Geen inligting van enige persoon wat hulp versoek, sal aan die publiek bekend gemaak word nie. Dit sluit die identiteit en besonderhede oor alle aansoeke/versoeke via digitale media in. Die veiligheid van ons verbruikers is van kardinale belang. Geen boeliegedrag, teistering, intimidering of pespos sal geduld word nie. Wees versigtig oor watter persoonlike inligting jy aanlyn deel. Gevolglik word geen hulpversoeke op kommentaar in plasings of via ʼn derdepartyboodskap op ons blad toegelaat nie.

2) Verantwoordelike en etiese optrede: daar mag onder geen omstandighede enige wanvoorstelling van enige instansie of persoon gemaak word nie. Alle kommentaar moet volgens die visie en missie van Helpende Hand wees.

3) Eer verskille en toon respek vir ander se menings: toon begrip vir ander se demografie, kultuur, geslag, ras, kleur, geloof, godsdiens, etnisiteit, seksuele oriëntasie, geslagsidentiteit, nasionale oorsprong, burgerskap, ongeskiktheid of huwelikstatus.

4) Kommentaar/inhoud oor die volgende onderwerpe is streng verbode:
- Haatspraak teenoor enige instansie of individu
- Negatiewe kommentaar teenoor ander werknemers of teenoor Helpende Hand
- Aanhitsing tot geweld
- Rassisme
- Seksisme
- Laster
- Kru taalgebruik
- Ander aanstootlike inhoud
- Pornografiese materiaal of kommentaar
- Strooipos of bemarking van jou produk of diens

5) Beskerm ons kinders: Geen foto’s van kinders mag deur derdepartye in Solidariteit Helpende Hand se kommentaarafdeling geplaas, of via ’n persoonlike boodskap aan ons versprei word nie. Solidariteit Helpende Hand vervul nié die volgende funksies nie:
Statutêre maatskaplike dienste:
Helpende Hand beskik nie oor die mandaat om enige vorm van statutêre maatskaplike diens te kan lewer nie, naamlik die beveiliging van kinders en enige ander optrede kragtens die Kinderwet (No. 38 van 2005). Die Afdeling Maatskaplikewerkdienste is egter bevoeg om raad en leiding oor die verskillende statutêre prosesse kragtens die bogenoemde wet te verskaf en persone na geregistreerde kinderbeskermingsorganisasies te verwys. Finansiële bystand:
Helpende Hand is ʼn niewinsgewende organisasie en kan dus nie finansiële bystand bied nie. Dit sluit onder andere die volgende uitgawes in:
 Verbands- of huuronkostes
 Elektrisiteitsrekeninge
 Herstelkostes aan wonings
 Trek- of reisonkostes
 Finansiële ondersteuning in terme van mediese aangeleenthede
 Begrafnisdienste
 Borgskappe
Behuising:
Helpende Hand beskik nie oor enige behuising nie. Die maatskaplike werker kan egter, waar moontlik, kontakbesonderhede van skuilings en ander hulpbronne voorsien, maar dit is die persoon se eie verantwoordelikheid om die betrokke hulpbronne te kontak.

04/10/2025

Vandag slaan ons af vir hoop, welstand en gemeenskapsbou. Dankie aan almal wat saam die verskil maak! 💙

Jy kan ń verskil maak 🙃Ons nooi jou uit om op Wêreldhongerdag saam met ons 'n verskil te maak.Wees HONGER 🥘 vir HOOP 😇Ma...
26/05/2025

Jy kan ń verskil maak 🙃

Ons nooi jou uit om op Wêreldhongerdag saam met ons 'n verskil te maak.

Wees HONGER 🥘
vir HOOP 😇

Maak ‘n verskil hier:

Staan saam op Wêreld Hongerdag – vir dié wat honger ly, en vir dié wat honger is vir emosionele, geestelike en maatskaplike welstand.

Op Saterdag 29 Maart het ons 'n lieflike dag gehad by Volksrust Battlefield Lodge waar die  nuwe tak- voorsitter , onder...
11/04/2025

Op Saterdag 29 Maart het ons 'n lieflike dag gehad by Volksrust Battlefield Lodge waar die nuwe tak- voorsitter , ondervoorsitter en sekretaresse die geleentheid gehad om saam met ander Helpende Hand lede verfrissende kursus bygewoon.
Baie dankie, Jaques Breedt wat die leisels oorneem as ons nuwe voorsitter, Jaco Luus as ondervoorsitter en Monique Butler as seketaresse.
Dit is 'n voorreg en eer om deel te wees van so n besondere groep vrywilligers.

Kontak ons om betrokke te raak by Solidariteit Helpende Hand Newcastle Tak: 082 802 8015

Ken jy vir Piet Tande? Hy vertel graag dat tande moet skoon wees en dat kinders gereeld moet tande borsel!! Piet Tande h...
11/04/2025

Ken jy vir Piet Tande?
Hy vertel graag dat tande moet skoon wees en dat kinders gereeld moet tande borsel!!

Piet Tande het Huttenpark Kleuterskool , Drakenberg en Amajuba besoek. Almal wat deel was van die dag het dit vreeslik geniet.

Die skole het Helpende Hand bedank vir die geleentheid en die lekker leersame oggend. Ons glo dat elke maatjie nou oggend en aand mooi gaan tande borsel.

Wil jy graag betrokke raak by Helpende Hand? Kontak gerus vir Jacques: 082 802 8015.

Address

Newcastle

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Solidariteit Helpende Hand Newcastle Tak posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Share