28/07/2026
DRINGENDE HULP GESOEK VIR 'N GESIN ‼️
Hallo almal,
Ek vra vandag met 'n oop hart of ons asseblief saam hierdie gesin kan help wat deur 'n verskriklike moeilike tyd gaan.
Hul 5-jarige dogtertjie het ernstige brandwonde opgedoen nadat sy erg gebrand het. Sy is tans in Rob Ferreira Hospitaal en sal na verwagting vir ongeveer 3 maande of langer daar moet bly terwyl sy herstel.
Die ouers doen alles in hul vermoë om vir hul dogtertjie én hul pasgebore baba te sorg. Pappa werk nagskof en pas bedags die baba op, terwyl Mamma elke dag by die hospitaal is om by hul dogtertjie te wees. Die onvoorsiene uitgawes en emosionele las is ongelooflik groot.
Ons is op soek na enige hulp wat hierdie gesin se las kan verlig:
- Speelgoed, inkleurboeke, legkaarte, boeke, handwerk of enige iets wat 'n 5-jarige dogtertjie besig kan hou tydens haar lang hospitaalverblyf.
- n Borspomp vir Mamma, sodat sy steeds borsmelk vir die baba kan gee en die koste van formulemelk kan verminder.
- Enige baba-benodigdhede soos doeke, wipes, ens (newborn).
- Enige hulp met kruideniersware bydraes, dit raak finansiël moeilik vir die daaglikse op-en-af ry na die hospitaal.
As jy op enige manier kan help, stuur asseblief vir my 'n boodskap. Indien jy nie kan skenk nie, deel asseblief hierdie plasing sodat dit meer mense kan bereik.
Kom ons staan saam en wys hierdie gesin dat hulle nie alleen is nie. Geen bydrae is te klein nie – elke gebaar van liefde maak 'n verskil.
**Ref vir die gesin - Dogtertjie5Jaar**
NPO besigheid bank besonderhede.
*SARS section 18A beskikbaar op aanvraag*
Bank besonderhede:
Nelspruit Witrivier Gratis Helpende Hande
Account number: 1051466156
Account type: Capitec Business
Branch code: 450105
Neem asseblief kennis dat hierdie ñ besigheid rekening is (Capitec Business) , en dit so 'select' moet word, en nie net as 'Capitec' nie.
Baie dankie
Charné - 0817314206