05/10/2026
𝗗𝗶𝗲 𝘄𝗮𝗮𝗿𝗱𝗲 𝘃𝗮𝗻 '𝗻 𝗴𝗲𝘄𝗼𝗻𝗲 𝗱𝗮𝗴
deur René Roux
Helpende Hand - Deel van die Solidariteit Beweging
Partykeer begin ’n kind se toekoms verander met iets wat vir ons so eenvoudig mag lyk: ’n veilige plek, ’n bord kos, iemand wat help met huiswerk en ’n hart wat raaksien. ❤️
Agter elkeen van die agt Ons Plekke van Solidariteit Helpende Hand is daar ’n gemeenskap wat kies om nie anderpad te kyk nie – maar saam ’n verskil te maak in die lewens van kinders en gesinne.
Ons is ongelooflik trots om saam met Solidariteit Helpende Hand deel te wees van hierdie mooi verhaal van hoop, omgee en liefde wat nie net met woorde bely word nie, maar met dade uitgeleef word.
Lees meer oor die kosbare werk van Ons Plek en hoe gewone middae ’n buitengewone verskil in ’n kind se lewe kan maak. Die artikel verskyn ook in die Oktober-uitgawe van JUIG!.
🔗 Lees die artikel hier: https://juignuus.co.za/die-waarde-van-n-gewone-dag/