07/07/2024
Sukses:
2024/07/02
Daar is onlangs 3 fietse op n plaas naby Naboomspruit gesteel. Tydens die ondersoek het dit duidelik geword dat een persoon al 3 fietse gesteel het en hulle weg gesteek het in die bos.
Dinsdag is daar inligting ontvang dat die laaste fiets daai aand sou geskryf word van waar dit gebere is in die bos na die Lokasie.
Die inligtig is geoperasionaliseer en daar is n taktiese plan beraam met die hulp van LHP, GPF, Afriforum en Landelike Veiligheid en die plan is in aksie gesit.
Woensdag in die oggend ure is die verdagte betrap met die laaste fiets en hy het toe die ander fietse gaan uitwys in die lokasie.
Die totale waarde van die gesteelde fietse is ongeveer R150 000
Baie dankie aan almal wat die koue getrotseer het om seker te maak geregtigheid geskied.